Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 17º / 24º | Worcester 15º / 28º | George 16º / 25º | Port Elizabeth 19º / 24º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Polisie ‘ignoreer wenk’ nadat 69-jarige op plaas vermoor is
17/10/2008 12:42:50 AM - (SA)

Hoekwil. - ’n Vrou van hier het Woensdag vergeefs probeer om die vermeen­de moordenaar van ’n 69-jarige man te keer terwyl hy met die man se bakkie probeer wegkom het.

Mnr. Barry Killeen van Den­ne-­ oord in George is in ’n plaashuis by Woodville vermoor terwyl hy onderhoudswerk gedoen het.

Hy is vermoedelik oorval deur ’n dagarbeider, net bekend as Soweto, wat hy Maandag in diens geneem het om te verf.

Me. Michelle Massyn, wat op die perseel woon, het onraad vermoed toe die verdagte in Killeen se bakkie probeer wegry het.

“Ek het oom Barry nie Woensdagoggend gesien nie, net die helper,” het sy gister gesê.

“Die kinders is ná skool oudergewoonte na die huis toe om vir oom Barry hallo te sê. Volgens hulle het die man hulle by die voordeur uitgehelp (nadat hulle in die huis ingehardloop het) en dit gesluit.”

Massyn het gehoor hoe hy Killeen se bakkie, ’n donkerblou Ford Bantam, probeer aan die gang kry.

“Ek het gehoor hoe rev hy die bakkie en ry so in eerste rat. Ek het agter hom aangery om vir hom te sê hy gaan die bakkie breek,” het sy gesê.

Sowat 100 m van die huis af het die bakkie met ’n knal tot stilstand gekom.

“Ek het by hom gestop en gevra wat maak hy en waar is oom Barry. Hy het gesê oom Barry is in Wildernis en het die bakkie vir hom geleen om na ’n kliniek in Sandkraalweg te gaan.

“Toe het hy ’n minibus-taxi gestop en ingeklim en hulle het weggery.”

Sy het na ’n winkeltjie skuins oorkant die pad gejaag en hulle het die polisie gebel. “Ons het vir die polisie gesê hulle moet die taxi stop, die verdagte is daarin.

“Die polisie, wat kort daarna hier aangekom het, het hulle nie aan die wenk gesteur nie.”

Massyn het die kombuisdeur vir die polisie oopgesluit.

“Ek het deur die sleutelgat van een van die kamers geloer en oom Barry se voete gesien.

“Die polisie het die ruit van ’n venster gebreek en by die kamer ingekyk.

“Hulle het gesê ons moenie probeer ingaan nie, ons kan niks meer vir hom doen nie.

“Hulle het gesê hy het ’n wond aan die nek en het baie gebloei,” het Massyn vertel.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |