Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
‘Vervolg mans wat seks wil koop’
05/10/2008 10:27:44 PM - (SA)

Sogenaamde lamppaalverkenners wat stadig om die blok ry op soek na prostitute moet vervolg word, al het hulle nog nie eens die transaksie beklink nie.

In lande waar dié gedrag reeds strafbaar is, word mans swaar beboet, moet hulle rehabilitasie­klas­se bywoon en word hul motors gekonfiskeer.

Dan word hul families boonop gekontak en hul name op webwerwe gepubliseer.

Só sê Dokters vir Lewe (DVL), ’n Suid-Afrikaanse Christelike dok­ters­groep wat meen dit is nie genoeg om slegs prostitute en hul kliënte wat op heterdaad betrap word, te vervolg nie.

Op die vooraand van Mensehandel-bewustheidsweek (5 tot 11 Oktober) het DVL in ’n verklaring gesê dit is nou die internasionale neiging om ook diegene vas te trap wat bloot soek na ’n prostituut om op te laai.

Dr. Martin Coltman van DVL het gister aan Die Burger gesê voorheen het Suid-Afrikaanse wet­gewing nie behoorlik voorsiening gemaak daarvoor dat prostitute se kliënte óók vervolg word nie. Wetswysigings wat verlede jaar in plek gekom het, maak dit moontlik, maar die owerhede moet steeds bewys daar het geld van hande verwissel.

“In Brittanje kan ’n mens nou vir lamppaalverkenning in hegtenis geneem word.”

Coltman gee toe dit sal moeilik wees om te bewys wie soek en wie kyk, maar iemand wat stadiger ry, die vroue op en af kyk, om die blok ry en dit weer doen, het waarskynlik ’n motief.

Volgens DVL was Swede ’n paar jaar gelede een van die eerstes om prostitute se kliënte te vervolg. Hulle het verder gegaan en prostitusie gedekriminaliseer om eerder die kliënte te vervolg. Dit is die sogenaamde humanitêre benadering waar die prostitute as slagoffers beskou word. “Prostitusie het sedertdien dramaties afgeneem. Hulle het oorgeskuif na Denemarke,” sê Coltman.

Me. Harriet Harman, Brittanje se minister van gelykheid, het volgens DVL onlangs gesê prostitusie bestaan omdat mans seks koop. Sy meen die slagoffers van mensehandel moet beskerm word.

DVL sê die meeste prostitute word op een of ander manier gedwing om dit te doen.

“Ons glo in Suid-Afrika moet beide die prostitute en hul kliënte vervolg word. Elke skuiwergat moet toe sodat daar ’n duidelike boodskap uitgestuur word dat prostitusie onder géén omstandighede aanvaarbaar is nie.”

Die International Organisation of Migration (IOM) het gister gesê sy navorsing en hulpverlening aan sowat 250 slagoffers van mensehandel in Suid-Afrika toon vroue en kinders word hierheen gesmokkel uit Suidoos-Asië, Oos-Europa en ander Afrikalande soos Mosambiek en Zimbabwe.

Suid-Afrikaanse mans, vroue en kinders word weer gesmokkel na plekke soos China, die VSA en Ierland vir gedwonge sekswerk en arbeid.

Mense word ook binne Suid-Afrika op dié manier misbruik, sê die IOM.

Die organisasie se hulplyn is 0800 555 999.

Kommentaar


Keelvol. 10/6/2008 1:01:47 AM
Ek is so moeg vir die al ewige gesanik van die "super morele elite" of soms ook bekend as christene. Hou julle self bietjie in toe. Ek sê nie dat ek nie aan reêls glo nie, moor en steel is verkeerd en dit weet almal. Maar as ek wil gay of bi wees wie is ander om vir my te veroordel? As iemand wil betaal vir seks is dit seker beter as wat hulle voor die voet verkrag.
Ah nee ah. Geloofs oortuigings is 'n persoonlike kwesie so hou dit vir jul self dankie. As julle my nie wil uitlos gee dan jou beursie vir my en ek sal vir julle 'n boodskap daarin skryf...
-Rouxenator


wettig 10/6/2008 6:59:22 AM
Ag maak dit tog net wettig dan kan julle belasting ook uit die saak kry, die meisies kan gereguleer en vir siektes getoets word, ens. Volwasse mense moet vir hulle self kan besluit wat hulle met mekaar wil doen as albei instem daartoe, al is daar nou geld betrokke.
-at


prostitusie / sex 10/6/2008 7:13:45 AM
die ou wat die berig begin het , het , of is moetwillig vegeetagtig,
met aanlyding to die berig . in paragraaf/we genoem , mense handel , vervolg mans , sex koop onwetig gemaak word , exetra ........... luister ..................ek praat met die een wa die berig begin het of geplaas het kom praat met my as u ,u weg kan oopsien ,
my eerste standpunt , in die post 1993 was sex buite huwelik verbode die wat gevang word word verolg ,
nou !!!!!!!!! wat gebeur vandag , doen u dit is u getroud het u sex in ie huwelik as dit nie so is nie , wie is u om te oordeel , is u gewete dan stil oor die aksies van mense handel .

dit lyk my die gewete oor vrye liefde is reg maar dat n man wat dalk nie , of nooit reg kom met vroue nie ...............omdat die vroue dink dat hulle afgode is ..............en net uitstaande mans aanvaar , hulle nie aanvaarbaar is nie .

so ek se vir u gaan terug man met u denke gaan dink wat is die norm stel die wet van die land reg oor wat moet handel oor sex en veelwywery . dan kan u met gemak praat oor die aspek man .

ondersoek juo gewet man of is die ook so dood soos die van andere wat geen berou het nie
my opinie ek vra maar
-Gert van wyk


Gatvol 10/6/2008 7:48:40 AM
Los die mense uit man!!! Vang die verkragters en moordenaars!!!!! In SA mag jy nie in die publiek rook ens. nie maar verkrag, moor en diefstal in niks nie!!!! Ons land is in sy m@er in!!!!
-Gatvol


‘Vervolg mans wat seks wil koop’ 10/6/2008 8:00:45 AM
Ek het altyd gedink dat n' DOKTER n' baie slim persoon is maar hierdie berig bewys my weereens verkeerd. Prostitusie ie oer oud en kon nog nooit stopgesit word nie, in feit dit sal nooit stopgesit word nie. Shame en ou Harriett (DVL) se prostitusie bestaan omdat mans seks koop, het sy al daaraan gedink dat prostitusie hoofsaaklik bestaan omdat vrouens dit VERKOOP. Ek praat die toestand nie goed nie maar solank as wat vroumense soos aspoesterjies optree sal hulle liewe mans rondloop. SOEK DIE PROBLEEM EERSTENS BY VROUMENSE. Vir die doketrs het ek ook n' bootskap, al die ekstra energie wat julle het sal beter aangewend word as julle misdaad aanspreek. Moord en Doodslag van onskuldige mense is erger as vroumense wat seks verkoop. Ek werk nou al baie jare oorsee en 80% van die mans wat kontrak werk is of geskei of hulle het elk n' houvrou en almal vertel soortgelyke stories, hulle is siek en sat van hulle vrouens wat oor die algemeen geldgierig is en sodra aremmoede by die voordeur inloop dan loop seks by die agterdeur uit, Nou wat dit my vertel is dat vroumense die grootste oorsaak is van mans wat rondloop. Ja daar is uitsonderinge maar soos ek se dis oer oud. Bob.
-Bob


Mans wat seks koop. 10/6/2008 8:36:46 AM
Vir al die HEILIGE bewakers van ons sedes,kyk asb net eers na jou eie huishouding, jy gebruik al jou inkomste om 'n mooi huis, motor, juwele, lekker vakansies vir jou " geliefde" te koop. Net om miskien een keer 'n week HAAR gunsies te wen, ek sou sê dis 'n mo#rse klomp geld om te betaal vir seks, en dan noem mense dit liefde. Wettig liewers die bedryf sodat dit gereguleer kan word en terselfde tyd kan julle 'n "SONDE-BELASTING" instel soos met drank.
En dan het julle meer geld om die verkragters en moordenaars te jag.
Maar siestog ons KAN mons net mense wat in die publiek rook en na na sekswerkers aankeer maar verkragters en moordenaars loop vry. Ontnugter
-Ontnugter


(H)oer-oud! 10/6/2008 8:41:36 AM
DVL kan ook staan vir Donnerse Vervelige Lot. Natuurlik moet daar regulasies wees maar nie op hierdie manier nie, want dit gaan nie die werklike probleem aanspreek nie.
-jaycee


10/6/2008 8:52:29 AM
Drie hoera's vir DVL. Net soos homoseksualisme bly seks buite die huwelik sonde! Stel gerus mans wat van prostitute gebruik maak op 'n webwerf bekend, sodoende kan hul onskuldige vroue hulself ten minste teen HIV en vigs beskerm.
-Lorraine


Wie is jy om te oordeel 10/6/2008 9:33:27 AM
Lorraine, jy mag dalk gelukkig wees dat jy "normaal" gemaak is en dat jy perfek in pas by die stereotipe Suid Afrikaanse christen plan. Maar daar is mense wat 'n lewe het wat baie groter is as joune.
Ek is ook getroud, baie gelukkig al vir 'n paar jare, en beide ek in my vrou is bi. Ons geniet seks met mekaar maar ook saam met ander mense beide as paartjie en op ons eie. Jy sien, ons huwelik is gebou op kommunikasie en ons deel alles met mekaar.
Ons huwelik is nie gebou op een of ander denkbeeldige prehistoriese super hero wat mense (of sogenamde gees) vir ewig sal laat lewe of sulke bog. Juis oor die uitkyk wat ek en my vrou deel is ons meer aanvaarbaar vir mense val alle tipes en oortuigings. Die is net hierdie klomp wat hulle self gelowiges noem wat dit moeilik maak om hulle te aanvaar want hulle vinngertjies wys tog te graag na alles wat verkeerd is.
So wat sê jy Lorraine, wil jy nou sommer vir my en my vrou op daardie webwerf sit? Persoonlike geloofs oortuigings is juis dit, persoonlik, so hou dit daar.
-Rouxenator


seksatlete 10/6/2008 10:32:11 AM
Rouxenator indien die skoen jou pas trek dit aan asb!!! 'n Hond gaan terug na sy braaksel nie 'n mens nie. Lewe jou lewe, maar eendag moet elkeen van ons verslag doen.
-Trixie


Puik Lorraine 10/6/2008 10:41:45 AM
Knap gedaan Lorraine!! Dit is juis die mans wat op hierdie blog so heftig reageer wat sulke goed doen en hulle vrouens sit niksvermoedend by die huis.Stel hulle aan die kaak sodat vroulief ook kan sien.
-Madeleine


oningelig 10/6/2008 10:46:57 AM
Dit maak my baie moedeloos as ek sien hoe ongelig mense is oor hierdie soort van bedryf. Baie prositute en mense wat in prostitusie betrokke is, is in hierdie bedryf in verkoop of gedruk. Hierdie mense werk gewoonlike vir 'n baas of 'pimp' wat hulle so gou as moontlik op verdowingsmiddels sit om hulle verslaaf te maak. Die enigste manier wat die vroue later die middels in die hande kan kry is deur hulle liggame te verkoop om die 'pimp terug te betaal. Daardie baas het dan 'n houvas op die vrou tot sy op die ou end sterf van siektes of 'n oordosis. Ek dink as 'n mens 'n metode kry om hierdie soort van handel stop te sit, gaan jy regtig 'n land se moraal verhoog. Ek dink as enige een van julle se kinders ontvoer word en as 'n seksslaaf verkoop word sal jy dalk anders hieroor voel.
-Marietjie


Prostitusie 10/6/2008 10:49:17 AM
Ek is so siek en sat van ons liewe ou volkie en hul leliewit gewetes en morele hoe grond wat hulle eie geloofoortuigings in ander se kele probeer afdruk. Dit is tog so verfrissend om te sien dat daar mense met oop koppe en intelligensie daar buite is. Seks en protitusie is 'n feit van die lewe! Bekommer julle oor die dinge wat regtig saak maak - of is hierdie 'n manier om as gevolg van jul eie paranoia jou gade te keer om vir seks te betaal? Vra maar net...
-El


Stereotipies 10/6/2008 10:53:35 AM
Ek is verbaas dat alles wat deesdae Christelike leerstellings verteenwoordig as stereotipies beskou word. Rouxenator wie gee jou die reg om ons geloof te veroordeel soos waarvan jy christene beskuldig. Persoonlike seksvoorkeure is juis dit,so hou dit so en kyk hoe ver jy kom. Jy sien Christenskap was nog nooit daarop uit om die 'meer aanvaarbare'manier te vind nie inteendeel dus daarop om sogenaamde 'rubbish' waarin jy en jou vrou glo te vermorsel broer. So of dit jou 'suit' of nie die waarheid bly die waarheid.
-lappies


om die blok ry 10/6/2008 10:54:19 AM
As ek stadig om die blok ry en 'n perseel, straat of parkering soek, en dan gearesteer word omdat ek kastig seks soek, dan gaan ek daai polisieman en die doktertjie van DVL hard bliksem. Bid eerder vir die geweld teen onskuldige vrouens in die land en hou op hierdie klas stont aan ons op te dis, nie almal in hierdie land in ongeletterd nie. Mense wat die eerste klippe gooi staan hoeka agter die deur !!!
-Blikzem


Rouxenator oordeel 10/6/2008 11:12:34 AM
Ek wil graag aan rouxenator net n kommentaar lewer. Jy se aan Lorraine sy moet haar geloofsoortuiging vir haarself hou. Met ander woorde, jy is besig om jou geloofsoortuiging op haar af te druk. Jy se ook dat haar opinie minder aanvaarbaar is vir die algemene mens en dat wie is sy om te oordeel. Maar doen jy dit dan nie self nie? Die woorde sny twee kante toe, laat jou eie woorde jouself oordeel.
-Michael


Ek geniet dit nogals 10/6/2008 11:24:07 AM
Dankie vir die glinsterlinge (skyn heigilge christene), julle terugvoer is nogals entertaining op 'n manier, omtrent dieselfde manier as 'n dier in 'n hok by die dieretuin. Enigeste verskil is julle het gekies om in daardie hok te wees. Maar nou jou, to each their own.
Wat vir my oulik is, is lappies se stelling dat glinsterlinge daarop uit moet wees om rubbish soos ons te vermorsel. Ai ek is seker liewe jebus gaan impressed wees met jou liefde vir die medemens as jy sulke goed doen. Verder let net ook op dat Lorraine se post hoër op die bladsy sit wat beteken ....drum roll.... sy het eerste gepraat en ek het reageer op dit :-) Jy weet daai ou gesegde is waar, ek sou 'n christen wees as dit nie was vir al die glinsterlinge nie.
-Rouxenator


10/6/2008 12:00:01 PM
Ek is my middel dertigs, vrek lelik. As ek nie sex koop nie dan kry ek niks. Wie is jy om dit van my te ontneem???
-Cassanova


10/6/2008 12:05:16 PM
cassanova, gebruik jou hand
-hehe


Kortsigtige atiëste 10/6/2008 12:06:15 PM
Dit is vir my baie jammer om die kommentaar te lees van die korsigtige atiëste oor hierdie berig. 95% van prostitusie in hierdie land vind nie plaas as gevolg van vryheid van keuse nie, maar julle is te onnesel om dit agterkom. Gaan praat n slag met die maatskaplike werkers wat met hierdie arme vrouens werk en jy sal gou agterkom in watter walglike omstandighede hulle lewe. Maar om een of ander rede dink sekere mans dat vrouens dit wil doen omdat hulle beter geld verdien as wat hulle sou in ander werke. Dit is natuurlik glad nie waar nie, want hulle word besit en beheer deur pimps, ens. Hulle kan ongelukkig nie vir 5 jaar werk en dan uittree nie, want na 5 jaar het hulle steeds niks geld of heenkome nie. Daar is n baie klein persentasie hoe klas prostitute wat dit werklik onafhanklik en uit vrye keuse doen, maar die res word daarin gedwing. Ek dink meeste opgevoede en belese mense weet hierdie goed, maar hoekom wil hulle nie die Christen groep dokters ondersteun nie? Hoekom skop julle atiëste vas teen iets wat eintlik reg is, net omdat mense prostitusie wil verban op gronde van Christelike redes? Ek dink dis omdat ons Afrikaners van kleins af Christenskap gevoer is deur die ou skeinheilige apartheid NP en nou skop klomp mense vas teen Christenskap en enige mens wat iets op gronde van Christenskap te se het. Onthou net dat hoewel dit nie noodwendig reg was om geloof so op ons af te forseer nie, het dit die gevolg gehad dat Afrikaners n baie goeie stel waardes geleer het, iets wat nie hier in Engeland, n soogenaamde eerste wereld land, te siene is nie. Die dokters wat prostitusie wil onwettig verklaar is klaarblyklik in n baie goeie posisie om die gevolge daarvan te sien, want hulle is die mense wat hierdie arme vroue moet help as hulle as gevolg van dwelms, VIGS of geweld in die hospitaal beland. Moenie omdat iemand vir Christelike redes se iets is verkeerd, dadelik daarteen stem nie. Dink vir n oomblik oor die groter prentjie en die ernstige sosiale gevogle wat prostitusie in ons land het voordat jy die Christelike dokters se voorstelle afskied. Hulle voorstelle gaan nie oor hulle eie geloofsoorteigings wat hulle op jou wil afdwing nie atiës, dit gaan eintlik oor die arme vrouens wat hulle wil help.
-Tiger


Prostitusie 10/6/2008 12:08:47 PM
Ek stem saam dat die verkopers en kopers van seks vervolg moet word. Dit is en bly sonde. Maar wat van verkragters, moordernaars en diewe? Wat van diegene wat ander emosioneel en fisies afbreek? Ons land se leiers keur alles goed wat die Bybel afkeur. Ons as S.A. bewoners moet die stappe neem en die dinge wat in ons eie lewe verkeerd is eerste regmaak, dan moet ons ñ positiewe voorbeeld uitstraal na ons medemens en mekaar help. Die belangrikste van alles is dat ons as ñ nasie, wit en swart en bruin, moet saamstaan teen geweld, moord en verkragting. Bring die doodstraf terug. Gebruik ons belastingbetalers se geld om eerder ons eie land se mense te help en aan ons eie land se probleme te werk as om dit te mors op ander lande en mooi huise vir die leë koppe in die goewerment wat sit en niks doen nie en probeer mooi lyk. Elke mens moet by homself begin om ander te kan help. As jou houding nie reg is nie sal jy nie ñ positiewe invloed op die samelewing hê nie
-Bekommerd


Rouxenator 10/6/2008 12:13:22 PM
Lees ook net wat jy wil ne Roux ek het gese die 'rubbish waarin jy en jou vrou glo'en miskien sal jebus impress wees want ek kon hom nie maar Jesus sal definitief impressed wees coz ons val nie vir al die sedelooshied wat jy wil goed praat nie.
Blikzem dus nou weer die ander kant van die saak ne ,wat van as jy parkering soek of n plek soek hahahaha. ek stem ook dat hulle hul aandag op meer konstruktiewe goed moet stel.
-lappies


Kom by toe. 10/6/2008 12:14:05 PM
Eersten, prostitusie is nie net vroue nie, maar is mans ook wat hulle dienste aanbied. Daar is ook niks fout met seks of seks inruil vir iets nie. As julle dan wil maak pimping onwettig, maar aangesien extortion reeds onwettig is dink ek dit cover seker pimping. Gaan lees bietjie op oor die gereguleerde seks industrie in Nevada en sit vir eers die bybel eenkant.
-Rouxenator


Op Eie Risiko 10/6/2008 12:16:37 PM
Waarom wil julle almal nou met ander se plesiertjies inmeng? Daar is ook manlike prostitute wat 'n diens aan vrouens bied. As enige persoon die risiko wil loop om seks te koop of te verkoop en moontlik gevang te word is dit hulle saak. Dit is immers hul demokratiese reg! Vriendelike Groete.
-Bruinman


10/6/2008 12:23:34 PM
Dan is dit seker ook jul demokratiese reg om die gevaar te loop om VIGS op te tel of die een of ander seksueel orrdraagbare siekte. Wie gaan die blaam kry as iemand ernstig siek word? Dan is dit weer die mense wat dit nie onwettig verklaar het nie se skuld? En moet ook nie sê ons moet die Bybel bietjie eenkant sit nie. Almal het vryheid van spraak en dis ook my demokratiese reg.
-


Word wakeer 10/6/2008 1:01:00 PM
Is dit nie hoogtyd dat die bybel en christelike waardes nie by elke "fight" ingesleep word nie. Ander gelowe voel net so sterk oor prostetisie en veroordeel dit baie sterker. Die probleem is dat daar geen morele waardes meer oor is in die wêreld nie. Stel liewers 'n klomp sielkundiges aan vir die mense wat 'n kooi verruil vir 'n lamppaal.
-Rebecca


Seks 10/6/2008 1:17:48 PM
Vergeet asb om tyd te mors op onbenullighede.Almal spyker of hou daarvan en as n ou wil betaal vir dit dan het hy seker sy redes.Spandeer eerder tyd en geld om moordernaars en verkragters voor stok te kry. Maak SA eers weer veilig voor julle,julle oor k*k bekommer. SPYKER is No 1
-I wonder


Rouxenator 10/6/2008 1:17:57 PM
Raak nou rustig jong...jy is besig om van jouself 'n aap te maak voor al die mense! Ons almal besef jy sou graag die volgende Antichris wou wees, maar hierdie is nie die plek nie. Jou rusie soekkery raak nou eentonig!
-Ai Ai


Nice1 10/6/2008 1:25:37 PM
Ai Ai, wel, erm, dis seker maar wat ek ook nou sê :-) Ek waardeer die hoë aspirasies wat jy vir my het maar ek sal ongelukkig nie die volgende antichrus wees nie. Vir my bestaan daar nie so iets nie want om anti iets te wees moet iets bestaan. Ek is agnosties so ek betwyfel die bestaan van hierdie mietiese figure.
-Rouxenator


Die lamppaal storie 10/6/2008 1:32:43 PM
My vraag is hoekom is moord en verkragting verkeerd en n nie prostetusie nie? Alles is tog vervat in dieselfde wet? ( dis mos daai 10 as ek reg onthou ) Wat verstaan die mens dan nou tog nie? Die mens wil nie verstaan nie. Hy is willingly ignorant-- O, boetie julle moet gou gou bykom , die tyd raak al hoe minder. Groetnis.
-Amanda


Tipies 10/6/2008 1:42:45 PM
Ek stem nie saam met Rouxenator se laaste stelling nie, maar sy eerste kommentaar slaan die spyker op die kop, daar is hopeloos te veel lesers wat oordeel sonder om te dink wat hulle se, bv : Madeleine se dat mans wat op die blog "heftig reageer" juis die is wat "sulke" goed doen. Hou op om te veralgemeen !!, my vrou sal nie baie gelukkig met jou wees nie. Rouxenator, al hoewel ek nie saam met jou stem oor jou geloofsoortuiging nie stem ek saam met jou ander stellings,kyk ook na "Ai, Ai", dit is nou 'n unieke voorbeeld hoe mens nie dinge doen nie.
-Rouxenator se pal


Hulp nodig 10/6/2008 2:10:42 PM
Miskien maak Maretta Bellingan, my gunsteling rubriekskrywer in Rapport, haar katnaeltjies weer skerp oor hierdie saak. Verlede week het sy oor dieselfde ding geskryf, maar (ek dink) meer vrae geskep as antwoorde gegee.
-Oudkoud


Dankie, ek is nie so sleg 10/6/2008 2:10:50 PM
Dankie aan wie ookal dit is wat hom/haar my pal noem. Ek dink ek kom dalk oor as iemand wat gelowiges haat maar dit is glad nie die geval nie. Ek is agnosties, nie 'n atiëste nie. Ek dink dat hoe meer mense in die wêreld in iets glo wat hulle laat goed doen en nie kwaad doen, hoe beter. MAAR, moet dan nie kom en sommer namens die res van ons besluite maak nie. Dit is alles goed en wel om te glo in goeie oortuigings en 'n lewe te leef wat 'n voorbeeld stel vir ander maar niemand hou van 'n vinger swaaiende doemsdag profeet nie. Ja, soms sê ek stuff wat dalk 'n klip in die bos is, maar moet my nie verkeerd verstaan, dit is goed om goeie beginsels te hê en te glo in iets wat jou 'n beter mens maak.
-Rouxenator


Vreemd 10/6/2008 6:42:12 PM
n moviester maak $12 000 000 per fliek. hele afrika vrek van die honger. dit is f*** up.
nou worry mense oor seks koop - kan ons ophou worry oor wat gebeur na hierdie lewe (geloofoortuigings) en kom ALMAL werk saam aan hierdie huidige situasie!!!!!! liewe #@*! mense wil seks he, hule het een lewe. kom en gee dit nou aan die man. REGULASIES is nodig! onder wettige toesig kan prostitusie beter gereguleer word. dink lisensies ens. dan kan die pimp ook uitgerook word deurdat die polisie aan die prostituut se kant is. kom ons werk aan die hier en nou - regulasies, nie als onwettig maak nie. hee haa
-kokkewiet


Seks 10/6/2008 7:02:36 PM
Swede is n eerste wereld land.SA was n eerste wereld land in Afrika tot so 14 jaar gelede,dit is lank al nie meer die geval nie.Die gewone wet en orde kan nie meer gehandhaaf word nie wat nog te se van geld spandeer op sulke K*K.Die Reg stelsel is n sirkus. Spyker is koning
-I wonder


seks 10/6/2008 8:50:01 PM
As mense seks met mekaar wil he, al is geld betrokke,is dit mos niemand se saak nie. Dis HULLE liggame en hulle kan daarmee maak wat hulle wil. Almal glo nie die Bybelse stories nie, so christene glo wat julle wil, maar moet julle opinies op ander AFDWING nie. Daar is GEEN geweld by betrokke nie man, gaan net weg.
-dis my lewe


'n Siek wêreld 10/6/2008 11:35:36 PM
Seks hoort in die huwelik en dit is waarvolgens ek leef. Dit is 'n opdrag van my Vader in die hemel. Ek lewe volgens Sy leiding en ek voel geseënd om deur Hom gelei te word. Is ek skynheilig? Waarskynlik in die wêreld se oë maar die wêreld is so siek dat hulle nie van beter weet nie. Dis God se opdrag - skyn vir My en leef heilig! Ja, die wêreld het daarvan nou weer 'n samevoeging gemaak - dis jammer.
Neem God aan as jou Verlosser en volg Hom. Dis baie lekkerder en baie beter!
-Max


 

  Kommentaar is gesluit
    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |