Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 31º | Worcester 19º / 35º | George 18º / 25º | Port Elizabeth 19º / 22º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Dr. Essop Pahad, uittredende minister in die presidensie, en mnr. Themba Maseko, hoof-regeringswoordvoerder, op die nuuskonferensie ná die laaste kabinetsitting van die Mbeki-era. Foto: HERMAN VERWEY
Dr. Essop Pahad, uittredende minister in die presidensie, en mnr. Themba Maseko, hoof-regeringswoordvoerder, op die nuuskonferensie ná die laaste kabinetsitting van die Mbeki-era.    Foto: HERMAN VERWEY
Nuus
Motlanthe-era begin
25/09/2008 02:14:31 PM - (SA)

Suid-Afrika betree vandag ’n nuwe tydvak met die verwagte verkiesing van mnr. Kgalema Motlanthe as staatshoof.

Alles dui daarop dat me. Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), as Motlanthe se adjunk aangewys gaan word.

Gisteraand het dit bekend geword dat nóg ministers hul bedanking by die uittredende pres. Thabo Mbeki ingedien het. Daar kon nie bevestig word wie hulle is nie.

Motlanthe se verkiesing en Mbete se aanwysing sal die revolusie, wat aan die gang gesit is met Mbeki se nederlaag op die ANC se nasionale konferensie in Polo­kwane verlede jaar, voltrek.

Mnr. Jacob Zuma, ANC-leier, is vandag in die Kaap om die Wes-Kaapse provinsiale kongres toe te spreek en sal waarskynlik sy sitplek in die openbare galery van die NV inneem om te sien hoe Motlanthe, wat as sy party-adjunk dien, verkies word. Mbete dien ook onder hom as die ANC se voorsitter.

Die nuwe staatshoof sal deur hoofregter Pius Langa in Tuynhuys beëdig word.

Dit is bekend dat Motlanthe geen huidige kabinetslid wil uitlaat nie, behalwe die vyf wat aangedui het hulle wil nie onder hom dien nie. Kabinetsposte kan egter geskommel word.

Dr. Essop Pahad, uittredende minister in die presidensie, het die ANC se besluit om Mbeki te herroep, gister gekritiseer.

“Ek dink dit is ’n diepgaande foutiewe besluit en voel baie te na gekom. Dit is onder sulke omstandighede vir my onmoontlik om verder as LP en minister te dien.”

Hy het op ’n inligtingsessie in die Uniegebou in Pretoria ná die laaste kabinetsvergadering onder leiding van Mbeki gesê ministers is nie “bitter” oor die beëindiging van die president se (en hul) ampstyd nie, maar van sy kollegas “voel net so gegrief soos ek”.

Mbeki het ’n brief, wat hy aan elkeen geskryf het, aan die kabinet voorgelees waarin hy hulle vir hul toewyding bedank. “Hy het gesê ons kan ons kop omhoog hou omdat ons ons bes gelewer het.”

Ministers en hul adjunkte het ook ’n geleentheid gekry om ’n laaste woord te sê.

“Elke liewe een wat gepraat het, het niks minder nie as hoë lof vir Mbeki gehad,” het Pahad gesê.

Mbeki en dié ministers wat bedank het, se ampstyd het vanoggend om 00:01 geëindig.

Emosionele tonele het hulle na afloop van die kabinetsvergadering afgespeel en dit was ’n bedrukte groep ministers wat die kabinetskamer in die wesvleuel van die gebou verlaat het. Die meeste was sigbaar aangedaan.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
603 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |