|
|||||||||||
|
| VIND: |
Nuus
Angus Buchan: Geen ‘party, kultuurgroep kan SA red’
12/09/2008 11:08:49 PM - (SA)
Die evangelis Angus Buchan het 27 500 mense gisteraand verseker God het ’n nuwe plan vir Suid-Afrika.
Met sy Bybel in die hand het Buchan gesê hy glo daar is reeds ’n herlewing in die land.
“Ons is nie op pad daarheen nie, ons is daarín.”
Geen politieke party, geen kultuurgroep, geen dialoog kan Suid-Afrika red nie. Die redding is in Jesus.
Gisteraand se program het sowat 40 minute laat begin nadat verkeersknope ontstaan het omdat so baie mense ná werk na die stadion gestroom het.
Daar is toe eers gewag vir busse vol mense wat by die Koeberg-wisselaar opgehou is.
Buchan het in sy preek gefokus op veral die rol wat mans moet speel.
Hy het gesê mans moet aan die hoof van hul huishouding staan. Hulle moet die kos op die tafel sit. Hulle moet vroue beskerm en hulle kinders dissiplineer wanneer hulle stout is. “Gee hulle ’n goeie pak slae. Hoekom sê ek so?” het Buchan gevra, en geantwoord: “Want die Bybel sê so.
“Ek sê nie mishandel jou kinders nie, maar ek sê as jy hom ’n pak slae moet gee, gee hom ’n pak slae.”
Buchan het die voorspelling gemaak dat die ondersteuning wat hy van mans kry al hoe meer sal groei. Hy het gesê volgende jaar op 8, 9 en 10 Mei verwag hy 300 000 mans op sy plaas in Natal vir sy volgende byeenkoms vir mans.
Buchan hou weer vanaand ’n byeenkoms op Nuweland waar daar nog 27 500 mense verwag word. – Marelize Barnard
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |