Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 14º / 22º | Worcester 10º / 26º | George 10º / 20º | Port Elizabeth 13º / 20º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Mnr. Robin McGregor, bekende sakeman en skrywer, is gisteroggend in sy badkamer in Tulbagh met verskeie steekwonde aan sy kop, bors en maag gevind. Die drie verdagtes wat glo met sy Mercedes-Benz Kompressor weggery het, is in Bellville-Suid deur die polisie in hegtenis geneem. Foto’s: VERSKAF
Mnr. Robin McGregor, bekende sakeman en skrywer, is gisteroggend in sy badkamer in Tulbagh met verskeie steekwonde aan sy kop, bors en maag gevind. Die drie verdagtes wat glo met sy Mercedes-Benz Kompressor weggery het, is in Bellville-Suid deur die polisie in hegtenis geneem.    Foto’s: VERSKAF
Nuus
Gru-moord op skrywer
13/08/2008 08:16:15 AM - (SA)

Die wakker optrede van die polisie in Bellville het gister gelei tot die ontdekking van ’n gru-moord op ’n bekende van Tulbagh en die inhegtenisneming van sy drie vermeende moordenaars.

Mnr. Robin McGregor (79), wat in Februarie van Rustenburg na Tulbagh verhuis het, is gister deur die Tulbagh-polisie met steekwonde in sy badkamer gevind.

Hy was ’n bekende sakeman en was onder meer verantwoordelik vir gesaghebbende sakepublikasies soos Who Owns Whom, Privatisation in SA en Who Made South Africa.

Die ontdekking van sy moord het gevolg nadat die polisie drie mans, wat verdag voorgekom het, in ’n voertuig in Bellville van die pad getrek en die registrasienommer nagegaan het.

Hulle het die polisie in Tulbagh verwittig dat die voertuig, ’n Mercedes-Benz, aan McGregor behoort. Sy lyk is kort daarna in die badkamer van sy huis in Tulbagh gevind, waar hy waarskynlik Maan­dagaand vermoor is.

Kapt. Elliot Sinyangana, ’n polisiewoordvoerder, het gesê met die polisie se aankoms was al die deure en vensters gesluit. Hulle het egter vir McGregor in die badkamer opgemerk met steekwonde aan die kop, bors en maag.

Twee kluise is kragdadig verwyder en gesteel. “Dit is nog nie bekend wat in die kluise was nie.”

Die drie verdagtes (onderskeidelik 28, 29 en 30 jaar oud) sal binnekort in die Tulbagh-landdroshof op aanklagte van moord, diefstal en die besit van ’n gesteelde voertuig verskyn.

Sinyangana het gesê die Bellville-Suid-polisie het gister omstreeks 02:00 tydens ’n roetine-patrollie ’n grys Mercedes-Benz in Neethlingstraat, Bellville-Suid, opgemerk.

“Die drie het verdag gelyk en is deur die polisie afgetrek. Hulle kon nie die polisie se vrae oor die eienaarskap van die voertuig beantwoord nie.”

McGregor se vrou, Anne, is in Augustus verlede jaar oorlede. Hulle was 54 jaar lank getroud.

Me. Nelia Retief, buurvrou en eiendomsagent by wie McGregor aan die begin van die jaar sy huis gekoop het, het gesê: “Hy het in Februarie in die huis ingetrek. Hy was ’n baie stil mens en was besig om ’n boek te redigeer. Hy was ’n baie gawe oom, wat die huis baie mooi verander het. Sy kinders was nog gister hier.”

’n Werknemer wat 10 jaar saam met hom gewerk het by Who Owns Whom –’n publikasie wat McGregor gestig het en wat finansiële en sektorale inligting verskaf – het gesê. “Hy was my mentor. Hy was ’n ongelooflike mens. Ek kan nie in woorde beskryf . . . Ek kan nie nou dink nie. Ek is geskok.”

Me. Liz McGregor, sy dogter, het gesê die familie is geskok en verslae oor die sinnelose en wrede moord. “Ons sien uit na die spoedige inhegtenisneming en skuldigbevinding van die oortreders.”

McGregor laat vyf kinders en 11 kleinkinders agter.

. In ’n soortgelyke geval hierdie maand is twee ander bejaardes, mnr. Schalk van der Westhuizen (78) en sy vrou, Marie (73), op 4 Augustus in Kleinmond in hul woning met verskeie steekwonde gevind. Verskeie huishoudelike artikels is uit die huis gesteel.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
88 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |