Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 12º / 20º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 18º | Port Elizabeth 14º / 19º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Nuweland reg vir groot afskop
18/07/2008 09:49:30 PM - (SA)

Kaapstad. - Die grootste bywoningsyfer vir ’n sokkerwedstryd tot nog toe in die Moederstad gaan môre oortref word, wanneer die gewildste span ter wêreld en die gewildste span in Suid-Afrika slaags raak.

Die Engelse Premierliga- en Kampioeneliga-wenner, Manchester United, pak die Soweto-spogspan Kaizer Chiefs in die eerste wedstryd van die Vodacom-uitdaagtoernooi vandag om 15:30 op Nuweland.

Mnr. Brad Jansen, hooforganiseerder van dié toernooi, het gister aan Die Burger gesê teen gisteraand was 90% van die kaartjies vir dié wedstryd uitverkoop. Nuweland kan sowat 49 000 toeskouers huisves.

“Daar was omtrent nog 2 000 kaartjies teen 15:00 (gistermiddag) beskikbaar. Ons verwag dat die kaartjies voor die afskop opgeraap gaan word,” het hy gesê.

Volgens Jansen was dié twee spanne ook by die vorige rekord betrokke. Nuweland was in 2006 sowat 76% vol vir dié kragmeting.

Gewoonlik as Chiefs in die Moederstad teen die Kaapse Premierliga-spanne, Ajax Cape Town en Santos, speel, voel hulle soos die tuisspan. Hul ondersteuners ruk gewoonlik in groot getalle by die Athlone-stadion op en wys wie is baas.

Vandag sal dié span se doppie egter op die paviljoene geklink word, met die United-mal Kapenaars wat vandag die kans kry om hul helde in lewende lywe te aanskou.

Hoewel die omstrede Cristiano Ronaldo nie saam met die Rooi Duiwels kom safari hou nie, is daar nog steeds verskeie sterre in die span se geledere.

Ronaldo het vir Portugal in die onlangse Euro2008-toernooi gespeel. Hy het ook ’n enkeloperasie ondergaan en sal eers in Oktober vir United beskikbaar wees.

Die sterre wat nie in die Europese toernooi gespeel het nie, sal egter die volk oor die volgende week met hul ongelooflike talente betower.

Wayne Rooney, Ryan Giggs, Rio Ferdinand en Carlos Tevez gaan almal van vandag gesien word. Ná vandag se wedstryd reis United na Durban, waar hy die ander Soweto-spogspan, Orlando Pirates, Dinsdag pak.

Woensdag speel Chiefs en Pirates in ’n derby-wedstryd in die OPRU-stadion in Port Elizabeth.

Die wenner van dié wedstryd sal aanstaande Saterdag teen United in die eindstryd op Loftus Versfeld in Pretoria speel.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
91 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |