Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 14º / 22º | Worcester 10º / 26º | George 10º / 20º | Port Elizabeth 13º / 20º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Vloedwater bedreig hier die oewer van die Kylemorerivier naby Stellenbosch. Die brandweer het dit later met sandsakke beveilig. Foto: LIZANE LOUW
Vloedwater bedreig hier die oewer van die Kylemorerivier naby Stellenbosch. Die brandweer het dit later met sandsakke beveilig.    Foto: LIZANE LOUW
Nuus
Skade in Boland ‘nie ernstig’
06/07/2008 11:06:16 PM - (SA)

Terwyl die Kaap sy winterkombers gewas en dit oor die naweek goed uitgeskud het, het die Boland en die Overberg nog nie té erg onder die reënweer deurgeloop nie.

Mnr. Reinard Geldenhuys, hoof van die brandweer en rampbestuur vir die Overberg-distriksmunisipaliteit, het gesê die gebied het Saterdag oornag goed reën gehad, maar niks ernstigs is aangemeld nie. Die redding-, swem-, en duikspanne is egter op ’n gereedheidsgrondslag.

“Alles is gereed vir vloedwater-redding, veral omdat mense in die verlede, veral in riviere, in die moeilikheid geraak het.”

’n Beampte by die Helderbergse brand-en-redding het gesê hulle het nog nie enige klagte oor oorstromingsprobleme ontvang nie.

’n Onderneming in Somerset-Wes se hoofstraat het egter Saterdag deurgeloop toe afvoerpype verstop geraak het en die reënwater nie behoorlik weggevoer kon word nie.

Mnr. Kris Fleming, KFC se Helderberg-streekbestuurder, het gesê die afvoerpype in die straat het Saterdag verstop geraak. Dit het veroorsaak dat die water in die straat styg en die winkel oorstroom het. “Ons moes kratte in die winkel plaas vir ons klante om op te staan. Ons werknemers het die winkels opgeruim nadat die munisipaliteit die afvoerpype oopgemaak het.”

Inwoners van Kylemore het in ’n stadium gevrees dat die toegang tot die buurt moontlik deur vloedwater afgesny sou word.

Mnr. Zane Malan, peloton-offisier van die Stellenbosch-brandweer, het gesê: “Die Kylemorerivier se oewer was besig om oorstroom te word en ook die brug was in gevaar. Dit is Kylemore se enigste toegangsroete. Ons was bekommerd dat die vloedwater sou voorkom dat die inwoners nie in of uit die buurt sou kon beweeg nie.”

Malan het gesê hulle het die oewer met sandsakke versterk. “Dit is tans veilig.”

In Stellenbosch het die brandweer ’n oproep gekry dat ’n huis in Eikestraat, Cloetesville, oorstroom word. Reënwater het teen ’n heuwel afgestroom en deur die huis gespoel. “Ons het sandsakke binne en buite die huis gepak, en die water gekanaliseer sodat dit verby die huis kan vloei,” het Malan gesê.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
88 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |