Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Reuse-hofsaak kan kom oor wet en Waterfront
25/06/2008 10:31:42 PM - (SA)

KAAPSTAD. – ’n Reuse-hofsaak tussen die regering en die maatskappy wat die V & A Waterfront gekoop het, kan hom binnekort afspeel indien beoogde wetgewing oor die bestuur van kusgebiede goedgekeur sou word.

Dié wetgewing, wat tans voor die nasionale parlement dien, sal verhoed dat Transnet sy kontraktuele verpligtinge teenoor Lexshell – die koper van die Waterfront, waarvan Dubai World, London & Regional en ’n SEB-konsortium deel vorm – kan nakom.

Transnet het gister op ’n vergadering met die staande komitee oor maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaapse wetgewer uitsluitsel gegee oor die grense, voorwaardes en ooreenkomste wat met die verkoop van die Waterfront in Oktober 2006 verband gehou het.

Die besonderhede van die verkoopkontrak was tot gister toe duister omdat Transnet dit aanvanklik nie rugbaar wou maak nie.

Transnet was gedurende die vergadering steeds onwillig om daaroor uit te wei, maar het vanweë druk van die lede van die staande komitee uiteindelik ingewillig om die koopkontrak aan die komitee te oorhandig.

Mnr. John Dludlu, nasionale woordvoerder van Transnet, het daarna ook ’n persverklaring uitgereik waarin antwoorde verskaf is oor die redes vir Transnet se voorgestelde wysigings aan die Wetsontwerp op die Beheer van Kusgebiede, asook die verbintenisse wat Transnet aangegaan het in verband met die drooglegging van seegebiede.

Ingevolge ’n ooreenkoms wat Transnet in 2001 met die Waterfront aangegaan het voordat dit aan die Lexshell-groep verkoop is, is onderneem om toe te sien dat die seegebied wat onmiddellik aan die Waterfront grens, drooggelê word. Dit sluit glo toekomstige ontwikkelings in wat ’n oppervlak van 270 000 m² beslaan.

Die ooreenkoms behels dat Transnet (omdat hy vroeër jare die eienaar van groot gedeeltes van seegebiede en hawens aan die Suid-Afrikaanse kus bekom het), die nodige regeringsgoedkeuring vir drooglegging sou verkry, waarna die grond aan die Waterfront teruggegee sou word.

Indien die Wetsontwerp op die Beheer van Kusgebiede egter in die toekoms goedgekeur sou word, sal dit beteken dat Transnet nie ál die voorgenome droogleggings kan nakom nie.

Die regsverteenwoordiger van Lexshell, mnr. Hendrik Kotzé van die regsfirma Jan S. de Villiers, wat ook gister die vergadering bygewoon het, het gesê dít sal “baie ernstige ekonomiese implikasies” hê.

“Ons het grondige kontraktuele regte en ons verwag dat die nasionale parlement dit sal eerbiedig,” het hy gesê.

Die Burger het vroeër berig dat die kus- en seegebiede in Transnet se besit die gedeelte van die Groenpunt-vuurtoring tot by Robbeneiland, van daar tot by Melkbosstrand, asook die drooggelegde grond tot by die Kasteel insluit.

Transnet het egter ontken dat hulle al dié gebiede wil drooglê.

Volgens Dludlu is die gedeeltes in Transnet se besit, wat vir drooglegging geoormerk is, beperk tot gedeeltes onmiddellik langs die Waterfront wat Grangerbaai en die Breakwater-residensiële gebied insluit.

Transnet kon egter nie duidelikheid verskaf oor wat die 270 000 m²-ontwikkeling sal behels nie.

Transnet het onderneem om eersdaags nader inligting te verskaf oor die provinsiale regeringsamptenare wat by die fasilitering van die transaksie betrokke was, asook die 270 000 m²-ontwikkelings wat verder beoog word.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |