Nie verbaas nie 6/18/2008 10:53:53 AM Ek kan self nie eers meer 'n pakkie na SA stuur nie, dis hoogtyd dat Amazon 'n standpunt maak!!
Ons land is besig om in 'n lawless circus te verander! -Mel
|
6/18/2008 12:16:27 PM EK het al in van die agterlikste plekke in die wereld gebly en selfs daar was die posdiens altyd betyds en het my pakkies altyd aangekom. Wat is dit met ons posdiens... alles is altyd laat, of dit kom net nie? Is ons nou al so agterlik dat selfs ander derdewereldse lande beter dienste as ons lewer? -naamloos
|
Wat is volgende? 6/18/2008 12:53:27 PM dis mmoi so man! net nog iets op 'n laaaaaaaang lys van goed wat deur die wereld wegeneem sal word - ek wonder as hulle fifa 2010 wegneem hulle DAN sal wakker skrik? nee wat ek so so dankbaar dat ek nie meer in daai vieslike land bly nie. ek skaam my om vir mwnse te se dat ek 'n suid afrikaner is. VIESLIK! -Knersis
|
Net So! 6/18/2008 1:12:21 PM Wat maak dit tog saak wat mense van die SA-kaners dink. Die hele wereld dink klaar ons is die grootste sirkus ooit. En met n buurman soos bobbejaan mugabe wat dan ANDERS! -Zsazsa
|
absurd! 6/18/2008 1:48:34 PM Ek verlang nog so af en toe terug na SA, maar nadat ek dit gelees het dank ek my sterre ek woon in die VSA waar wet en orde nog heers! Maar ek sal nie sê ek is skaam om te sê ek is 'n Suid-Afrikaner nie want meeste mense wie ek vertel van waar ek kom weet nie eens Suid-Afrika is 'n land nie! Nog nooit van so plek gehoor nie. Dit is meestal ander immigrante wat so min weet, nie mense wat in die VSA grootgeword het nie. -Gewese Stellenbosser
|
6/18/2008 2:10:38 PM 'n Mens hoef seker nie te wonder hoekom Afrika in sy geheel so 'n gemors is nie... -
|
TAB (That's Africa Babe) 6/18/2008 2:21:51 PM Na my persoonlike ervaring van twee versekerde pakkies wat al "verloor" is onderweg van Engeland na vriende en familie in SA is dit goed dat internasionale maatskappye standpunt inneem. Dis jammer dat die Poskantoor so geblinkerd en "ignorant" is dat hulself nog niks gedoen het nie. Skrik wakker mense!!!! -Gomgat
|
Stelery bei die Pos 6/18/2008 2:25:01 PM Wat ‘n skande, wanneer selfs vertroulike dinge (soos ‘n normale brief) wat per pos gestuur word, nie meer veilig is nie! En ‘n brief is nou werklik waar net ‘n normale ding. En dit is presies die punt: dit gaan om die feit dat normale/gewoonlike dinge, wat nie meer veilig en vertroulik is nie. Sekerlik het die staatlike posdiens die plig om te sien dat pos of gesteel word of oopgemaak word d.i. dat vertroulikheid gewaarborg is. En as ‘n mens tot so ‘n punt in ‘n land gekom is waar selfs ‘n brief wat per pos gestuur is, nie meer veilig is nie, dan weet ek nie of daar nog meer hoop vir SA is nie. Klaar moet ‘n mens skaam wees om te beken dat hy SAer is – alles anders is net dikvellig. Probleem is net, dit is nie net by die pos so nie. Ook by ander instansies soos die lughawe, bv. Oliver Tambo Internasionale Lughawe, wat die hoogste kofferdiefstal by enige internasionale lughawe het. Dit is tog meer as teneerdrukkend en beskamend watter kultuur in SA ontwikkeld word – dit kan dog nie normaal wees nie, of hoe? -Andy
|
poskantoor 6/18/2008 2:31:02 PM Ja ek het ook al pakkies SA toe gestuur en van dit het nooit daar uit gekom nie; ook wil ek weet hoekom mense daar nog geld moet betaal om hul pakkie te kry nadat jy al klaar geld hier betaal het om dit te stuur. Dis "daylight robbery". -Teleurgesteld van Perth
|
klagat expats 6/18/2008 2:41:11 PM Wil al julle 'exiles' (sorry expats) nie eerder julle eie 'wonderlike' lande koerante gaan lees en daar kla en moan oor goed nie eerder as om komentaar te lewer oor hierdie 'mislike' land van my nie? Obviously het julle 'n harde tyd om totsiens te se^. Toe ek oorsee gewoon het baie ebay en amazon gebruik, maar eerlik waar dis nou nie eintlik so belangrik dat dit my sal laat besluit om eerder nie in SA te bly nie. -at
|
Klakouse 6/18/2008 3:10:37 PM Julle "uitlanders" wat so moan kan gerus gaan bars - klink my in julle nuwe lande gaan dit net voor die wind. -Klaas
|
poskantoordiens 6/18/2008 3:15:59 PM ons het onlangs 'n cd met familiefoto's probeer pos van bellville na worcester - maar nee, blykbaar was die afstand te groot want dit het nooit opgedaag nie.. -carin
|
pospakkies 6/18/2008 3:40:49 PM Pakkie stuur na Suid Afrika is onmoontlik.
Op die pad na die besorg adres word dit gesteel of dit verdwyn al jare lang is hierdie dinge an die go! -pedro
|
Ek lag! 6/18/2008 3:54:51 PM Ja julle expats, julle is almal so gelukkig in julle nuwe lande en so skaam om te sê julle is Suid-Afrikaans, seker dié dat julle daagliks Die Burger lees en binne oomblikke reageer op goed wat met julle niks te doen het nie... Been there, done that, en ek weet hoe pyn mens se hart elke dag om van die Kaap te lees - julle bluff ons glad nie, jul wens julle was hier!! -Inkie
|
Posdiens korrup 6/18/2008 4:24:22 PM Haha Inkie, ek lag vir jou en ander soos jy....ja in 'n perfekte wereld sou ek eerder in SA wou bly, maar nie in die huidige chaotiese misdaad deurspekte land wat dit tans is nie. My verlange na SA is soos om te wens ek was weer jonk.....ain't going to happen baby! Ons kom wel gereeld kuier en dank die Here met ons laaste besoek is "net" 'n (duur) selfoon gesteel. Hoe dit ookal sy, ek stuur gereeld pakkies na SA vir familie verjaarsdae, en sover was ek redelik gelukkig ( touch wood) dat meeste arriveer het. Solank mens net jok of vaag is oor wat in die pakkie is... 'n speelding is 'n "small toy" of 'n "boek"..en so aan.. :) -Lag ook
|
Poskantoor diefstal 6/18/2008 4:33:46 PM ...ek's ook 'n eks-pat...maar ek sal nie S.A. afkraak nie...ek't nog altyd baie goeie diens gekry van die Poskantoor, maar dit smaak my die probleem is by die ontvangs-depot...of waar die pos-stukke ge-sorteer word...daar is werknemers met lang vingers...so wat kan ge-doen word om die probleem op te los? Ek't ge-lees dat daar "CLOSED-CIRCUIT tv" gaan installeer om die weknemers so uit te vang...is dit al gedoen..? -irish-rover
|
G'n wonder nie 6/18/2008 5:05:10 PM Ek sien die SA Poskantoor reageer nou met verbasing op Amazon se besluit. Waaroor is hulle verbaas? Ek het voorheen self van tyd tot tyd DVD's, wat nie in SA beskikbaar is nie, van Amazon bestel. Die laaste twee bestellings het my nooit bereik nie, maar Amazon was vriendelik genoeg om my geld terug te betaal. Ek vermoed hulle moes dit al dikwels vir ander klante in SA doen en dat dit dalk net té duur begin raak het. -Soes
|
Smell the coffee 6/18/2008 5:49:10 PM Ek het al in die buiteland gebly en is nou twee jaar terug in SA. Dit is nie net Amazon wat Suid-Afrika as 'n sekuriteitsprobleem beskou nie maar baie ander internasionale firmas wat botweg weier om selfs gewone dokumente SA toe te stuur. Jammer maar ek moet sê daar is GEEN vergelyking tussen eerste wereldse diens en SAfrikaanse 'diens' nie. Ek het persoonlike ervaring hiervan wat my sak geruk het. Die expatstorie is ook bietjie vervelig moet ek erken. As jou diens swak is, erken dit en doen iets daaraan. Moet nie verskonings soek nie - dit is waarom SA is waar hulle vandag is! -Hier en daar!
|
poskantoor 6/18/2008 6:36:20 PM Mooi gesê "hier en daar" Ons SA burgers wat in die buiteland bly het wél 'n sê. Ons het net soveel sê as die wat in SA woon. Dis hartseer vir almal, selfs die wat nog in SA bly om te sien hoe die dienste agteruitgaan. (As ek die koerante reg lees.) Op die oomblik gaan dit met SA soos om 'n broer in die tronk te hê:Jy is lief vir hom, maar is te skaam om oor hom te praat.
Ons verlekker ons nie oor hoe dit in SA gaan nie--net baie hartseer. -beconan
|
Tevrede met sub-standaarde 6/18/2008 6:40:44 PM Mense wat al die expats veroordeel oor hul klagtes is in 'n staat van ergerlike ontkenning. Ek keer eersdaags terug na my land na 7 jaar in Taiwan. Indien jy goed soos diefstal by die poskantoor wil verdedig en ons wil "klagatte" noem "wat weggehol het", is dit omdat julle vrede gemaak het met middelmatigheid. Ek kom terug, want ek het my land lief en die mooi van SA is beter as die lelik van SA (totdat ek en my familie nog veilig is daar). Ek hou egter nie van die misbeheer van dienste nie en kan die punch vat as iemand my land kritiseer. Die fout le NET in SA en nie by die wat kla nie. As jy nie van jou steak hou nie, is dit nie JOU skuld nie. Kla oor die ding, want jy't betaal daarvoor... -Sam Swiegers
|
Poskantoor 6/18/2008 7:06:56 PM Het onlangs getrou, bly in Engeland, die fotograaf pos vir ons die kopie van ons trou fotos en DVD met geregistreerde pos, ons wag nou nog daar voor, die logistieke vindingstelsel weet nie eers waar die pakkie is nie, stuur weer dieselfde pakket met gewone pos en my wereld!, na 5 dae by ons huisie, moet net nie dat die mense weet daar is iets waardevols in nie, dan soen jy dit maar koebaai. -Stefan
|
poskantoor diefstal 6/18/2008 10:44:16 PM na 25 jaar se getroude lewe en 'n skoonma wat tot 3 pakkies per jaar van oorsee af stuur, het daar nog NOOIt een enkele pakkie verdwyn nie. Tot nou! Skielik verdwyn sommer twee pakkies in dieselfde maand. Daar is beslis fout -jammer
|
Poskantoor diefstal 6/18/2008 11:39:00 PM Ek stem saam met van die vorige lesers. Sodra ons expats kritiek lewer oor ons geboorteland, dan word ons uitgekryt. Dit kom neer op kleinlikheid, en my advies is, "WORD GROOT". Opbouende kritiek moet aanvaar word.Alhoewel ons emigreer het, bly ons nog steeds Suid Afrikaners omdat ons daar gebore is, en niemand kan dit weg redeneer nie. Ons het almal ons persoonlike redes waarom ons emigreer het, en respek ons daarvoor.As ons op Nasionale TV sien van die aanrandings op die emigrante en ons kollegas praat met ons daaroor, moet ons vir hulle beveel om stil te bly? Ons is lief vir S.A en sal altyd lief bly vir S.A, maar nooit weer daar woon nie.Ons sal nog kom kuier want al ons familie is nog daar en kan nie wegredeneer word nie.Laat ons vir S.A bid. STERKTE S.A -S.A/Kiwi
|