Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 19º / 28º | Worcester 16º / 34º | George 16º / 29º | Port Elizabeth 19º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Bafana se Protea ‘sal volgende jaar skuif’
21/11/2008 12:56:03 AM - (SA)

Kaapstad. - Hou links, gaan regs verby.

Dít is blykbaar nie net ’n padreël nie, maar geld ook vir die omstrede Protea-embleem op die sportdrag van Suid-Afrika se na­sionale spanne.

Te midde van die herrie oor die jag en slagting van die Springbok-embleem het dit aan die lig gekom dat dit nié net die nasionale rugbyspan is wat nie die Protea op die hart dra nie, maar ook Bafana Bafana, die nasionale sokkerspan.

Mnr. Morio Sanyane, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), het gister bevestig dat die Protea op die regterkant van die sokkertrui is en nié aan die linkerkant soos die Regulasies vir Nasionale Sportkleure van 2001 vereis nie.

“Ons het nog geen opdrag ontvang om die Protea te skuif nie.”

Jaco van der Merwe berig dat Bafana Bafana glo ’n geldige verskoning vir die posisie van die embleme op die nasionale sokkertrui het.

Volgens mnr. Raymond Hack, Suid-Afrika se sokkerbaas, kry die span eers volgende jaar sy nuwe toerusting van die klereverskaffers.

“Omdat die ontwerp van die truie in siklusse van vier jaar werk, kry Bafana eers volgende jaar nuwe truie,” het Hack gesê.

“Ons het dit (dat die embleem op die verkeerde kant is) reeds ’n lang tyd gelede onder die minister (mnr. Makhenkesi Stofile) se aandag gebring. Daar is geen druk van sy kant dat dit so gou moontlik aangepas moet word nie. Ons speel eintlik al drie jaar lank met hierdie ontwerp.”

Hierteenoor het me. Hajera Kajee, voorsitter van die nasionale kleurekomitee en visepresident van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok), gesê hulle is onbewus van Bafana Bafana se sportdrag wat nie met die regulasies strook nie, maar sal dit opvolg.

Die regulasies is in 2001 saamgestel – langer as die siklus van vier jaar waarin Bafana se truie aangepas en vervaardig kan word.

Kajee het benadruk dat die regulasies duidelik uitstippel dat die Protea “op die hart” moet wees.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |