|
|||||||||||
|
| VIND: |
Nuus
Lesers braak gal oor Komphela, Frolick
20/11/2008 02:31:40 PM - (SA)
Die Burgerse SMS-kommentaarlyn kreun behoorlik onder die SMS’e wat ingestroom het oor Buthana Komphela en Cedrick Frolick wat nou ook rugbystadions in hul visier het en nadat daar gesê is die Springbok is ’n side-issue en dat rugby ’n misdadiger-sport is:
* Die Springbok sal altyd voortleef, maak nie saak wat die minderheid sê nie.
* Ja, vat maar die Bok, maar sit die landswapen in sy plek en nié ’n Protea nie. Dan kan jy hulle steeds die Bokke noem in plaas van die blommetjies. Mack
* Die Springbok is ’n apartheidstruktuur. Voertsek, Springbok. Anti-Bok.
* Die optrede van mense soos Komphela en Frolick wys duidelik die agteruitgang in die huidige regering. Johan Els.
* Frolick, jy noem rugby ’n misdadigersport! Wat van sokker? Kyk hoe gedra sokkergeesdriftiges hulle! Frik, Oos-Londen.
* Hy is jaloers en moet sy kop laat lees. Los die rugby uit. SA Sokker kon hulself nog nooit bewys het nie.
Komphela is jaloers op rugby. Hy weet SA sokker gaan nêrens kom in 2010. Viva, Rugby. Viva Springbok! Steyn, die Shark.
* Cedric Frolick weet seker nie dat die Springbokke al twee wêreldbekertoernooie gewen het nie. Dan moet hy ook die verskil in pryse van kaartjies tussen rugby- en sokkerwedstryde vergelyk. Francois, Uitenhage
* Komphela, die Springbokke was al twee keer die wêreld se bestes. Bafana-Bafana sal dit nooit wees nie. Hy is jaloers. JW
* Bafana en Frolick gaan ’n side issue wees gedurende die 2010-wêreldbekertoernooi. Ha, ha, ha.
* Eers het ons gesing: ‘Al die veld is vrolik’. Nou met die nuwe Komphela-kaskenades, sing ons: ‘Die rugbyveld is Fro-o-lick!’. Deon Scheepers, PE.
* Wat wil Frolick en Komphela nog verwoes? Hulle kry dit goed reg met nasiebou. Ek weet nie watter koerant hy lees nie, want daar is elke dag berigte oor sokker. Seker maar jaloers omdat rugby so goed vaar en sokker so treurig is. M. Botha
* Frolick, die Springbokke sal nooit ’n side issue word nie. Skrik wakker en kom kyk in ons townships wie se vlae hang daar. Gen Verwey. Kirkwood
* Die SA rugbyspan is nie meer die Springbokke. Noem hulle maar sommer die Blombokke.
* ’n Side issue? Die Springbokke wen twee wêreldbekers. Wat het Bafana bereik? Frolick gaan ander deuntjie sing ná die 2010-ramp. Johan, rugby-ondersteuner.
* Frolick en Komphela moet ophou om die ras-kaart uit te haal. Dit wys net ná 14 jaar gaan hulle nog steeds aan oor ras. Wat doen sokker vir ons land? Bring net skaamte. Ivan
* Dit is jammer ons Springbok-ondersteuners kan nie net saamstaan en almal wegbly van ’n toets af nie. Alf, PE
* Dit help nie almal maak nou hul stem dik oor die Bok-embleem en rugbystadions nie. Dit help nie en maak geen verskil nie. Gaan registreer en maak jou stem dik in volgende jaar se verkiesing. Maak dan ’n verskil. Hugh
* Wat gaan Komphela en Kie. volgende vat? My huis, want ek mag seker een van die dae nie meer rugby in my huis op TV kyk nie! Gawie, P.E.
* Ek wens net die mens wil hul na God wend en ophou om te baklei oor nietighede. Komphela moet eerder op sy knieë gaan. Daar is baie ander dinge in ons land wat aandag kort, maar hy wil krap waar dit nie rêrig jeuk nie. K.S.
* Daar is ander belangriker dinge om ons oor te bekommer. Laat die Bok toe om groener weivelde te gaan soek
* Net die Dutcmen sal rugbywedstryde boikot. Paul.
* Rugby is nie meer rugby nie. Als is net politiek. Los die Bok waar hy is. Dit is nie die Bok wat speel nie, dis die mense.
* Komphela en Frolick is die tipiese soort persone wat enige besigheid of organisasie bankrot sal maak as hulle in in beheer moet wees.
* As die Springbokke ’n “side-issue” is, waarom maak Frolick en Kompela dit die “main-issue”? Die tweetjies moet groot word. Bafana-Bafana het nie eens die Protea op hul bors nie, maar dis nie ’n issue nie. Edwin
* Rugbystadions moet in stand gehou word, so laat Komphela ons eers wys hoe om dit te doen. Hy kan dit dan later verniet kry. Dit sal dan 4 free wees.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |