Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 17º / 24º | Worcester 15º / 28º | George 16º / 25º | Port Elizabeth 19º / 24º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Rugby: ‘Misdadigersport’
20/11/2008 09:38:14 AM - (SA)

Kaapstad. - Mnre. Butana Kom­­phela en Cedric Frolick – onderskeidelik voorsitter en ondervoorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor sport – het gister hul visier gerig op nóg ’n teiken: rugbystadions.

“Ons gaan alle stadions van rugby wegneem . . . niks gaan ons keer nie,” het Komphela gesê.

Dít het gekom nadat Frolick op ’n vergadering van die portefeuljekomitee aan dr. Mike Sutcliffe, stadsbestuurder van die eThekwini-metroraad, gevra het wie die Absa-stadion in Durban besit.

Frolick het rugby “rassisties” en ’n “misdadigersport” genoem.

Hy en Komphela het op die vergadering met die plaaslike reëlingskomitee vir 2010 se Wêreldbeker-sokkertoernooi en gasheerste­de skerp aanvalle op minstens twee rugby-unies gedoen en geen geheim gemaak van hul afsku jeens dié sport nie.

Dít volg op die nuus dat die minister van sport, mnr. Makhenkesi Stofile, die Suid-Afrikaanse Rugby-unie aangesê het om die Bok-embleem na die regterkant van die nasionale trui te skuif om vir die Protea plek te maak.

Volgens Frolick het rassistiese aanvalle op swart mense ná die Curriebeker-eindstryd in die Ab­sa-stadion hom laat besef “die gedagte dat sekere stadions vir rugby is en ander stadions vir ander sportsoorte” moet verander.

Sutcliffe het verduidelik die metroraad is die eienaar van die grond waarop die Absa-stadion staan. Die raad het ’n huurkontrak van 55 jaar met die KwaZulu-Natalse Rugby-unie (KZNRU). Die raad wil hê die KZNRU moet van die Absa- na die nuwe Moses Mabhida-stadion, wat vir 2010 gebou word, skuif. Die unie is nie tans te vinde daarvoor nie, maar Sutcliffe het gesê hy glo hulle sal weldra gedwing word om te trek.

“Moses Mabhida is ’n beter stadion en hopelik kan ons die voorgenome Wet op Spesiale Geleenthede gebruik om hulle te dwing.”

Komphela het gesê iets moet in die plek van ’n rugbystadion op die Absa-stadion se perseel gebou word “sodat dit vir al KwaZulu-Natal se mense kan wees”.

Die Vrystaatse Rugby-unie het ook deurgeloop omdat hy minstens R20 miljoen by die Mangaung-munisipaliteit vir verlies aan inkomste eis.

“Ek wil weet wat jy doen om rugby uit dáái huurkontrak (met die munisipaliteit) te kry,” het Komphela aan mnr. Thabo Man­yoni, stadsbestuurder van Mangaung, gesê. Manynoi het gesê die raad betwis die unie se eis.

Oor die besluit oor die Protea het Frolick gesê: “Dit is bemoedigend dat die enigste oorblywende misdadigersport ook nou ingeval het.” Hy het uitgevaar teen Afrikaanse koerante wat “net oor rugby” verslag doen.

“Die Springbokke is nie allesoorheersend nie! Die Wêreldbeker-sokkertoernooi is! Dít is hoe ons nasie onsself gaan uitdruk!

“Die Springbok is ’n side-issue!“Ons is nou in ’n post-Springbok-tydperk,” het hy verklaar.

Kommentaar


11/20/2008 9:20:02 AM
Ek is 20 jaar oud en is tot in my siel moeg baklei teen hierdie sisteem wat my om elke hoek en draai kelder. Ek kan nie wag om hierdie land te verlaat nie, want dan kan ek werklik vryheid hê. Die wat my wil kritiseer omdat ek Suid-Afrika verlaat, vir julle wil ek net sê dat hierdie nie Suid-Afrika is nie want Suid-Afrika behoort 'n land van vrede, geleenthede en van God te wees. As die arme Frolick en sy trawante net kan besef dat om name, embleme en stadions te verander nie tot eenvormigheid gaan lei, maar eerder tot opstand dan.Ek kry egter vir Frolick jammer want die enigste manier hoe hy homself kan laat geld is om ander te benadeel en te verneder.
-


Die Springbok en die res 11/20/2008 9:27:13 AM
Wat ek graag wil weet, is of daar iets is wat ons kan doen om hulle te stop. Eers die Springbok, dan die stadions, en dat wat? Wat gaan hulle volgende wegvat. Ek dink nie dis tyd dat ons padgee nie, ek dink dit is tyd dat ons opstaan vir ons regte - maar nie deur te vloek en skel en te veralgemeen nie, want dan is ons niks beter as diégene wat alles wil wegvat en afbreek nie
-MD


Links vs Regs 11/20/2008 9:35:09 AM
Ek sien gisteraand met 'n skok dat Bafana Bafana se Protea embleem aan die regterekant is en hulle eie embleem links. Bokke moet dit blykbaar andersom doen. Ek verstaan nie. Weet Kom­­phela nie wat is links en regs nie?
Ek dink hy probeer net snaaks wees. En hy kry dit reg. Mens noem dit 'n "Nar".
-M


Rugby Stadions 11/20/2008 9:38:47 AM
Komphela en Frolick moet politiek uit sport hou. Ek luister/kyk al 43 jaar rugby en omdat hulle hul met ander twak besig gehou het en niks van Rugby af weet nie, probeer hulle dit nou vernietig om Stadions, embleme ensovoorts te takel. Word wakker en kyk bietjie wie ondersteun Rugby. Sokker is in sy maai want Bafana kan nie eers kwalifiseer nie.Hoekom meng julle nie liewer in hul sake in nie.
-Melt/ Gatvol


Springbok 11/20/2008 9:46:56 AM
Dit is tyd dat ons ophou kla om die braaivleisvure en in koerante. Ons moet saamstaan en se genoeg is genoeg! Stuur die rassistiese regering en staatsdepartemente in hulle moer in. Hou op om gat te kruip en jammer te se aan die rassiste. Kyk hoe kan die agtergeblewenes saamstaan. Boikot alle rugby wedstryde volgende jaar. Moenie meer swak dienslewering aanvaar nie. Dit is tyd dat die Afrikaners vir 'n slag ophou om slapgat te wees.
-Willies


Rugby Stadions 11/20/2008 9:48:03 AM
Ek lees nie elke dag Suid Afrikaanse koerante nie en het nie veel ooghare vir politiek nie. Maar dit gaan my te bowe hoe sulke uitlatings toegelaat kan word. Is dit polities korrek? Is dit op grond van etiese beginsels? Sulke stellings dien net om gapings te vergroot en vernietig die credibility van die betrokke instansie.

Graag wil ek 'n Suid Afrika sien waar aandag gegee word aan die mense, nie aan wraak. Ons land is besig om te vergaan - 'n plek wat baie groot potensiaal het... ek se hierdie nie as 'n afrikaans sprekende nie, maar as iemand wat 'n objektiewe politically-unbiased oogpunt bevorder.

Wat gaan die klimaks van die algehele situasie wees? Dis juis hierdie kwessie wat my laat dink dat dit veiliger vir my en my toekomstige familie in 'n ander land sal wees.
-


Rugby 11/20/2008 9:49:42 AM
'n Paar weke gelede sien ek vir Frolick in 'n winkel in PE met sy Springboktrui aan. Is hy da 'n verkleermannetjie?

Hulle sal nie rus totdat rugby uitgewis is nie omdat rugby 'n groter aantrekking is as sokker en hulle dink dis 'n 'blanke' sport.


-JT


Springbok 11/20/2008 9:50:53 AM
Ek dink ons blankes moet meer in die son kom totdat ons ook lekker donker van kleur is en dan kan ons ook sulke snert kwyt raak. As hulle ons so haat, hoekom jaag hulle ons nie net weg nie en wys vir die wêreld hulle ware kleur nie...
-wallacedwattles


Welkom in die sirkus 11/20/2008 10:11:06 AM
Komphela + Frolick = Sirkusnarre!
-Klaas Vinkie


Springbok 11/20/2008 10:14:27 AM
Daar is net 2 maniere om die probleem op te los: 'civic disobedience', staan saam en weier, net vir 6 maande, om julle Santam en Old Mutual, en alle ander polisse, te betaal- so sny jy die broodnodige kontantvloei af en die 2 instansies sal vinnig by hulle nuwe meesters gaan kla en so oefen jy invloed uit.Tweedens: rig 'n buitelandse Trust, met webwerf, op om ex-S-Afrikaners se finansiele steun te verkry- ek weet daar is diusende wat wil help.Rig die hele drukgroepn en beheer, buite SA op.
Die tragedie van blankes wat met opset getarget word en nie kan terugveg omdat hulle geen mag meer het, en bevrees is, moet nou stop. Ek en diegen wat 'n beskaafde lewe biute SA kon begin wil en sal help, veral met geld.Ons soek net 'n paar eerbare mense om dit alles goed te reel.Veg terug, met julle verstand,kundigheid en broederliefde.Staan op en helpmekaar!
-Helpmekaar


Springbok 11/20/2008 10:17:39 AM
Stop whining,stop apologising, stop arse-creeping, get off your backsides, stick together, plan and use your resources, get out off the mud and back onto the top of the mountain.
-Belg


Misdadigersport? 11/20/2008 10:28:25 AM
Dit duidelik dat Mnre. Butana Kom­­phela en Cedric Frolick eintlik maar net rasiste is, hulle het duidelik geen benul waar hulle gesag begin en eindig nie.
Pleks dat hulle vrae vra oor die sokker miljoene wat nooit by die township kinders uitkom nie!
Verder het ons meer sulke swape in die poletiek nodig, hulle dryf enige moontlike stemme vir die ANC ver weg!
Ek wil saam met die stem wat se dit is tyd dat rugby ondersteuners die swape in die regering wys wie slaan die kitaar!
Ek sien al klaar 'n klomp "wit/swart" olifant stadiums na die 2009 sokker beker, en die grootste grap is dat ons eie sokker span seker nie eens sal speel nie.
Almal weet Sutcliffe is 'n lakei wat vir homself 'n naam probeer maak, sy kinders en kleinkinders sal hulle nog baie jare vir hom skaam ...
Dink ook dit is tyd om maar die Springbok te laat vaar, ek kan nie sien hoekom ons ons Boktrots met sulke swape moet deel nie, ons het trots, ons is nie bedelaars nie.
En klein Luke the Puke, ek sal daar wees as jy ooit weer in 'n boktrui op die veld uitdraf, en ek sal jou boo want jy verdien nie daai baadjie nie!
Maar ek steun ook 'n algehele boikot, kom ons kyk ver kom hulle sonder ondersteuners en borge!
-JanBoland


Rugby rasisste 11/20/2008 10:30:57 AM
Die ANC regering is die grootste rassistiese probleem en nie die Springbok nie.Verbeel ek my of is die wit Bafana sokker speler gister aand op Rustenburg elke keer deur die hele skare geboe elke keer wat hy die bal hanteer het. Wat is dit nou. Die ANC en hulle lede kan dit nie hanteer dat ons rugby wereld kampioene is en ons sokker is nikswerd nie. Ek kan nie onthou van swart rugby spelers wat geboe word deur die oorgrote wit ondersteuners nie maar die 99.9% swart sokker skare te Rustenburg het die wit sokker speler elke keer geboe wat hy die bal beheer het. Dit wys vir my die ware kleur van die sogenaamde reenboognasie. Ek stem saam, hoe moeilik dit ook mag wees, rugby ondersteuners moet Springbok/Protea rugby begin boikot totdat die klomp Narre begin verstand kry, as dit ooit kan gebeur.
-Baksteen


Springbok 11/20/2008 10:32:53 AM
Patetiese narre!!! Maklik om te praat van stelsels wat ge-erf is, onthou as jy erf kry jy dit verniet en soos die Engelse sê "Easy come, easy go"!!! Dis die rede waarom hierdie manne hulle met geldverkwistingspolitiek kan ophou. Watter ander van die 53 Afrikalande sou hulle graag wou erf?? Hier het hulle 'n eerste-wêreld land, maar wil hom ook derde-wêrelds hê. PATETIESE MISLUKKINGS!!!!
-Oh my Word


Verdelers van die nasie 11/20/2008 10:37:37 AM
Mnre Komphela & Frolick moet by "president-elect" Obama van die VSA gaan lesse vat oor hoe verenig jy mense van verskillende sieninge,geloof, kultuur, sportaanhang, politiek, ens., in jou land. Die twee here besef nie hoe absoluut verdelend hulle uitsprake is nie. Waar was hulle toe Madiba in 1995 die nr.6 Springbok-trui aangetrek het? Dit het meer gedoen as hul huidige ongelukkige pogings tot sportvereniging. Dit lyk my hulle het net eenvoudig "blind spots" as dit by hierdie dinge kom, en die slegste is dat dit uit hul uitsprake blyk of hulle nie 'n flenter daarvoor omgee om ander (mede-landsburgers) te na te kom nie.
-Frede


Wanneer stop hulle eendag? 11/20/2008 10:42:41 AM
Geagte mnre Komphela en Frolick!
Wanneer gaan julle nou eendag stop met julle hakskeen-bytende,agteraf en ooglopende rassistiese optredes?Julle sit in julle oorbetaalde-maar-onbevoegde posisies en soek skoor met jarelange en getroue Springbok-ondersteuners en vir wat?Hoe ver moet ons nog agteroor buig en hoeveel "voorheen-bevoordeelde" spelers moet nog ons land verlaat om oorsee te gaan speel?Daar word hulle natuurlik soos konings behandel en is in groot aanvraag,want hulle word op meriete en nie velkleur,beoordeel!Uiteinde van die 2 mamparras se ideaal is om Springbokke/Proteas as Botswana/Lesotho se 2de beste span te laat deelneem,want S.A. sal nie meer rugbystadiums besit wat heel is nie!!
-Rocco


springbok 11/20/2008 10:45:26 AM
as die rugbypubliek eendragtig die verkope van kaartjies sal boikot sal die politici die administrateurs en spelers almal die boodskap kry:

Die politici - gun die rugbyliefhebbers hulle plesier sonder inmenging

Die administrateurs - doen wat nodig is om rugby se belange te dien en hou sport 'n sport.

die spelers: hou op bafana-rugby speel en begin Springbok rugby te speel.
-siener


Springbok 11/20/2008 10:46:27 AM
Komphela en Frolick as mens dom gebore word, vrek mens dom en arm, tensy jy jouself verryk met jou skelm genetika. As jul die dag dood, gaan jy regtig nie onthou word vir die skuif van die springbok of die vernietiging daarvan of die stadiums se eienaarskap ens nie, maar wat het jy gedoen om SA 'n beter plek vir almal te maak. Eish, dom en onnosel is nie twee lekker karaktertrekke nie, jul is maar eintlik net 'n bespotting van julself.
-Me


11/20/2008 10:50:48 AM
Die Goeverment van vandag in SA, 'stir' ons wit mense aspris, alles wat enige teken van 'wit' simboliseer wil hulle omdraai en apartheid daarvan maak. In my oogpunt uit, kan mens nie swartes demokrasie gee nie,, want hulle sal als opneek, die wereld en spesifiek Zim het ons n goeie voorbeeld gegee daarvan. Ons moet iets doen,,dit kanie so aangaan nie, die klomp palloekas maak net wat hulle wil. ASB help,,rerig, ons witmense, soos ek ons ken moet seker bietjie meer guts he as wat ons nou het.
-Dix


Blok word benoud!!! 11/20/2008 10:55:51 AM
Mense julle moet verstaan dat dit baie belanrik is om so gou as moontlik alles te verander. Volgende jaar het die ANC nie meer die mederheid in die parliment nie. So, gee die mense met hul st.5 mentalitiet nog ´n laaste kans om alles te verniel en af tebreek. Oormore is ek oppad London toe om die bokke vir die laaste keer te ondersteun tot dat alles weer meer as 90% rugby is en nie politiek nie. Aaai, julle maak my siek...
-Lag my dood


misdadigers 11/20/2008 10:58:14 AM
nou weet ek hoekom Nelson Mandela die rugby so geniet,

hy was dan self n misdadiger, en kan homself vereenselwig met die huidige misdadigers wat die spel speel en ondersteun,en borg.

Die Idiote Sê- Mnre. Butana Kom­­phela en Cedric Frolick Die Springbokke is nie allesoorheersend nie! Die Wêreldbeker-sokkertoernooi is! Dít is hoe ons nasie onsself gaan uitdruk!


“Die Springbok is ’n side-issue!“Ons is nou in ’n post-Springbok-tydperk,” het hy verklaar.

Wat rook die twee sotte, die bafana-bafana lê 80ste op di wereld ranglys, en het nie eers vir die 09 Afrika beker gekwalifiseer nie,so sokker sal nie alsoorheersend wees nie, hulle is "yesterdays news,"

Die misdadigers het darem al 2 wêreld bekers gewen, ek dink die amakroko-kroko, sal beter in die 2010 wêreld vaar as die bafana-bafana,

Maar gaan groot spandeer ons miljoene op die sokker stadions,waar die bafana geslag gaan word.

Pieter.


-pietern


Rugby stadions 11/20/2008 11:02:58 AM
Die enigste rede hoekom die Komphela en Frolick so rond neuk met dit wat belangrik is vir grotendeels wit afrikaanse sport toeskouers is omdat hulle rassiste is. So hulle dit in sokker probeer het sou hulle van kant gemaak word. Miskien moet ons nou poog om sokker se embleme te verander want ek voel ek as wit persoon is nogal uitgesluit en in die verlede was dit 'n grotendeelse swart sport.
Wie is eintlik nou die rassiste!!!
-Paul Kruger


Misdadigersport 11/20/2008 11:05:41 AM
Witboortjiemisdadigers, dis wat julle is. Misbruik 'n posisie wat jy deur jou velkleur bekom het om die land se sport te vernietig. Naas die Bafana-Bafana en die laaste Olimpiese span, HOEVEEL MEER VOORBEELDE WIL JULLE Hê???

-Oh my Word


Rugby: ‘Misdadigersport’ 11/20/2008 11:25:48 AM
As rugby dan 'n misdadigersport is, hoekom was die Staatspresident laasjaar by die wedstryd waar die Wereldbeker aan die Springbokke oorhandig is ? Nou wonder ek wat ons ondersteuners dan nou genoem word ?Benoude katte maak benoude spronge, gee hulle gas Terror,laat die verkiesing kom , dan sal ons sien of die ANC sal "COPE".
-Jan van Riebeeck


RUGBY 11/20/2008 11:34:01 AM
Waaroor al die bohaai? Wie wil in elk geval geassosieer word met sulke selfsugtige en rassistiese regerings instellings. Moenie worry nie oor 40 jaar is daar weer partye wat vandag se instellings gaan verander. Skrik wakker daar is niks wat die moeite werd is wat daaraan gedoen kan word nie. Die toekoms sal leer en die geskiedenis bewys dit
-GATVOL


Stadions & Springbok 11/20/2008 11:36:47 AM
Komphela en Frolick doen jul Afrika mentaliteit gestand en gaan trek jul !ghailappe aan, hang jul dolosse om jul nekke en kom kap die stadions stukkend, steen vir steen - breek als af tot niks meer oor is nie. Vaar dan die velde in en gaan kap elke liewe dier vrek, laat hulle sommer vir die grap 'n paar dae ly met afgekapte haksteen senings. Maak SA gelyk met die grond, wis die beskawing uit. Woed julself nou eenmaal finaal uit en nooi sommer vir Braak Watson ook saam. Demmit kry nou end!
-Jannes.


Rugby rassities 11/20/2008 11:42:38 AM
Jong, Baksteen ek dink jy is heeltemal deurmekaar met die skare se geboe. Die wit speler se van is Booth. So hy word nie geboe nie, maar op sy van geskreeu.
-dee


STEM IN 2009!!! 11/20/2008 11:49:11 AM
Nee kyk, as jy nie na hierdie berig gemotiveerd is om te stem in 2009 nie, sal niks jou egter motiveer nie. Ek dink die tyd het aangebreek dat sulke onbevoegde, oningeligte idiote padgee uit die parlement en net ons kan dit verseker indien ons almal saamstaan, registreer en ons stempel afdruk in 2009 se verkiesing!!!
-Wat de hel


rugby stadions 11/20/2008 11:57:54 AM
Ek is en was nog altyd bruin en het ook my lewe lank rugby ondersteen !!!!!!!!!!!! asb mense rugby is nie net vir wittes nie so ons anderskleuriges in net so de moer in so ek vra almal boikot alle wedstryde!
-jones


post-Springbok-tydperk? 11/20/2008 12:10:02 PM
Indien die Springbokke, wat verlede jaar die Wereldkampioene gekroon is, 'n post tydperk is, behoort Apartheid, wat meer as 'n dekade gelede geeindig het, ook deel te wees van die sogenaamde post-tydperk. Indien hulle will steun dat dit n post-Springbok-tydperk is, is dit dan ook nie huidiglik 'n post-Apartheid-tydperk nie??
-PM


Rugbystadions 11/20/2008 12:55:53 PM
Jones, dis pragtig om uit 'n gekleurde oord ook reaksie te kry. Kry asseblief jou vriende (soos ek my bruin vriende) om ook hul kommentaar te lewer. Ons MOET hierdie rassiste in die bek ruk! Geng is genoeg. Hierdie mense ignoreer die redes waarvoor hulle daargestel is (deur hul eie mense) en takel die enigste gesonde sport in die land af. Die enigste manier om in die lewe te groei is om jou met mense te bemoei wat intellegenter as jy is en ons is nou besig om ons met die semels te meng. Hier kom 'n ding! Daai manne soek vir 'n ding wat kon gebly het! Gemors.
-Oh my Word


Rugby stadions 11/20/2008 1:23:47 PM
Khompela en Frolick is besig met rassisme en niks anders nie. Twee niksnutte wat iets geword het en nie weet hoe om gesag ordentlik te hanteer nie. Ek stem saam ons moet rugby boikot, soos hulle se: fight fire with fire! Daar sal vinnig omgeswaai word want teveel grootkoppe gaan geld verloor, en geld PRAAT. In elkgeval behoort ons wedstryde waarin Puke Luke Kots Watson gekies word om te speel, geheel en al te boikot. Ek knip sy foto's uit en dan spoeg ek op dit.
Hy verdien nie om weer vir die SPRINGBOKKE rugby te speel nie.
-Sonsie


‘Misdadigersport’ of ligpunt in een swart Suid Afrika 11/20/2008 1:25:18 PM
Jammer, jammer en nogmaals jammer. Hier sit ek in Nederland. Komende Saterdag al 10 jaar, wat gaan die tyd tog vinnig. Eerlik gese het ek nog nie afskyd kon neem van Suid Afrika nie, en dit sal ook nooit gebeur nie. Ek is so trots op wat ons het en ons geskiedenis, maar wat daar nou weer aan die kook is is baie jammer. Dit lyk bynaa asof, net soos dit lyk dat dinge weer enigsins die goeie kant op gaan, daar weer een of ander dom drol iets gaan versin om die harde werk van ander ongedaan te maak. Dit soort ding saai net onmin. Rugby het homself nou al oor en oor bewys as een sport wat ons land weer herenig, kyk maar na die wereldbekers die afgelope jare. Wat het sokker nou al beryk. Rugby word deur by almal gekyk, en sokker dan. Wie breek stadions af of steek stoele aan die brand? Hou op om julle met springbok embleeme ens de bemoei en konsentreer op die dagelikse bestuur van die land. Dit is en sal die komende jare 500% aandag verg. Is daar iemand in die land wat weet om dinge te bestuur. Een van die eerste dinge die gedoen moet word is om priorityte te bepaal en daarvolgens te handel. Ek vra my soms af, weet die ministers wat hulle moet doen, en is daar iemand wat hulle dophou,of kan hulle maar dinge se en doen soos hulle dit will onder die dekmantel van apartheid.

Kry mense die iets aan die samelewing bydra, eerder as mense die uit haat regeer. Hulle is in diens van ons, en nie andersom nie. Suid Afrika is besig om in 'n swart gat te verander. 'n Gat waar alle drome en wil om iets van so 'n mooi land te maak, ophou om te bestaan.

De La Rey, DE La rey, .........

-Johann


Ag nee Burger 11/20/2008 1:29:23 PM
Ek dink nie die twee verdien om die voorblad van ons koerant te haal nie. Hulle gebruik rugby net om aandag af te lei van hul eie onvermoë om ander sporte effektief te lei. Rugby bly die enigste sport wat sy SA se naam hoog hou in die sport-wêreld. Asb. Burger: Moenie julself soos 'n poniekoerant gedra nie!
-Skerminkel


Rugbystadiums 11/20/2008 1:50:11 PM
Ek stem saam met Gatvol Nr 2. En .....As dit nie vir ons was nie sou hulle nie die geld gehad het om op die "Springbok Rugby Sous Trein" rond te rits nie en die land te sien nie en ook na die buite land te reis en daar voorkeur te geniet nie. Khompela en Frolick is die "rassiste" en moet afgedank te word. Wat dink hulle sal gebeur as ons begin met 'n staking en 'n boikot, waar gaan hulle dan die geld kry om alles te geniet wat hulle op die oomblik geniet of hulle te "dig" om te besef waar al die geld vandaan kom......Gatvol Nr 3 !!!
-Gatvol Nr 3


Rugbystadiums 11/20/2008 1:55:17 PM
Dis een ding waarin van die politiek mense goed is, en dis om klomp narre te wees. en dan word hulle nog betaal ook daarvoor, sies man!!! Gebruik eerder daai geld vir iets anders. Ek kan nie verstaan nie, ek het swart en bruin vriende wat baie lief is vir rugby, is dit lekker om mense so hartseer en ongelukkig te maak?
-lulu


Rugbystadions 11/20/2008 2:07:19 PM
So kry ook Suid-Afrika al hoe meer die geur en kleur van Zimbabwe. Afrika ken net een pad - die sterkste ou is baas. En hoe wys jy dit? Vernietig alles wat deur nie-swartes tot stand gebring is en elimineer alle teenstanders. Soos die nie-ANC-partye al hoe meer agterkom met verkiesingsvergaderings en -saamtrekke.
-Zimbabwe ak hoe meer


Rugbystadions en Springbok Embleem 11/20/2008 2:11:32 PM
Nou begin hulle met die leeu se bal te speel en hulle moet nie huil as die leeu vir hulle gaps nie....
-Gatvol Nr 4


Rugbystadions en Springbok Embleem 11/20/2008 2:14:29 PM
ONGELOOFLIK!!!!!!!!
-Gatvol Nr 5


Rugbystadions 11/20/2008 2:21:47 PM
Wie het gedink die ANC en sy trawante gaan rugby uitlos? Hulle sal aankarring en aankarring tot hulle net soos in Zimbabwe soveel witmense die land uitgedwing het dat die plek letterlik in duie stort. Maar solank daar rugby is, hou ons uit. As daar nie meer rugby is nie, waarom nog in die land bly? En dis mos wat hulle wil hê! Of hoe praat ek nou?
-Zimbabwe al hoe meer


Rugbystadions 11/20/2008 2:28:25 PM
En so raak ek al hoe liewer en liewer vir die ANC en sy makkers! Ek voel ek wil daarvan kots as hulle niks wat goed werk kan uitlos nie. Maar is dit nie in hulle aard nie - vernietig en saai terreur en duld geen teenstand nie - gun ook nie eens die son wat skyn oor `n ander een nie.
-Lief vir die ANC - se gat!


Springbok 11/20/2008 2:33:50 PM
Darem snaaks hoe dinge werk: toe ons laasjaar die Wêreldbeker wen en die heroes van die wereld was, was die President daar en elke politikus het BOK!BOK! geskree saam met die res van die land. En nou skielik is rugby vir misdadigers en die embleem moet waai! Die beste van alles: al speel die springbokke ook met 'n hondebol-embleem op hulle hemde, sal hulle nog steeds beter vaar as Bafana-Bafana (of enige van die ander "getransformeerde" spanne) wat met 'n protea op die bors speel. Die spul politici wil alles vir hulself inpalm sodat hulle kan sê dis ONS S'N. En dan wat? Die nuwe embleem of stadion of straatnaam verander niks aan die lot van die derduisend honger, huislose en werklose mense van die land nie. "...niks gaan ons keer nie." ja, miskien nie vandag of more nie, maar julle eie dwaasheid en onbevoegdheid gaan julle inhaal, en julle gravy-train gaan by 'n stasie stop een of ander tyd...
-sal sien...


Wat dan anders 11/20/2008 3:24:05 PM
Verwag enigiemand iets beter van 'n rasistiese "spiteful" regering? Natuurlik gaan hule niks wat met Afrikans of wit verbind is uitlos nie. Hulle sal die land tot in die grond dryf, net solank hulle ons te na kan kom, "tough luck" vir hul eie mense.
-Piet


Misdadigersport 11/20/2008 3:42:12 PM
Sommige mense speel rugby vir sport, sommige sokker, en baie verkrag en steel vir sport.
-Chris Brazil


Idiots 11/20/2008 5:22:32 PM
In my werk kry ek daagliks te doen met inteligente profesionele swart mense. Hoekom word hierdie ouens (en girls) nie gebruik in poste soos die twee narre s'n nie? Dit lyk my jou bevordering in die ANC/ZNC word deesdae bepaal deur hoe hard en vinnig jy jouself as 'n idioot kan bewys. Ons is almal Afrikane en ongelukkig skeer die buiteland ons almal oor die selfde kam en al wat hulle sien is 'n land vol idiote. Komaan julle swart ouens laat hoor nou 'n slag dat julle ook gatvol is vir die narre
-Serious Dutchman


Ligging van Stadions 11/20/2008 8:51:19 PM
Graag lewer ek ook 'n stuiwer.. Hoe nader die tyd vir die Wereldbeker nader kom hoe groter raak die besef dat die ligging van sommige Stadions goed bedink was nie.
As ek een Stadion kan uitsonder wat ek onlangs besoek het, is dit die een in Groenpunt Kaapstad. As jy 80 000 toeskouers daar moet kry sal jy genoeg toegang uit die stad moet aanle en ook die nodige publieke vervoer moet he. Ek verstaan dat busse die diens vir die wereld beker gaan doen. Reken net hoeveel busse is nodig om 'n groot deel van 80000 mense uit die onmiddelike omgewing te neem tot by alernatiewe vervoer ( bv. Kaapstad Stasie.)
Hierdie mane wat nou die paniek Toy Toy begin dans besef dat as die sokker eers verby is dan is die stadions nie so maklik bereikbaar soos die huidige rugby stadions nie.
Treinstasies is by die hekke van party rugby stadions. Die beplanning laat dus veel te wense oor. Moet se die Groenpunt stadion slaan my dronk. Meeste van die ondersteuners soos beweer is baie myle vandaar. As die Philipi stadion opgegradeer was dan het die ondersteuners die Sokker by hulle voordeur gehad.
Rugby ondersteuners sal die stadions moet betaal saam met die belasting wat ons reeds betaal.
OOk weer moet regmaak waar die sokker ondersteuners afgebreek of vertrap het.
Niks is lekkerder as om vir 'n Speler soos the BEAST te skree as hy aan die bal vat nie. Ek glo dat hy een van die trotste bokke op die veld is. Hy het 'n naam soos 'n "WARRIOR" Hierdie is 'n Sport vir manne nie vir sussies nie. Solank ons by die reels hou en nie begin skop of vuilspeel nie. Het verskeie klubs gesien waar vuilspel aan die orde van die dag is en waar spelers mekaar aanhits om die anderspan van die veld af te &%$@#
Kan nie die woorde skryf nie..Ook mag ek ook nie die spanne identifiseer nie, dan is ek 'n rassis. Hou die koerant dop en sien waar die Barbare speel en wie hulle is(wil hulle nie misdadigers noem nie)
Rugby is 'n fisieke sport en die spel is vir afrigters 'n uitdaging. Die grootste is om dissipline te handhaaf..Dinge loop egter skeef wanneer jy 'n span speel wat nie daar is om volgens die reels te speel nie..
Van ons ander sporte praat ek nie graag nie.. Bring 'n trofee huistoe dan is hulle in die dieselfde kls as die Bokke..Geluk aan die individue wat tydens die Olypiese spele ( ook die spele vir die Amakroke) Medaljes gewen het. Julle is Bokke. Sou Aangenaam gewees het om die bok op ons verspringers se bors te sien pryk .
Ek sal 'n bok bly en as die patent op die bok embleem verval dan sal ek Springbok toe trek en daar 'n springbok klub begin.Die manne wat nie die Nasionale span haal nie.Kan hier kom voorberei dan neem ek julle op 'n toer "Springbokke van Springbok". Nie net rugby nie, maar alle sporte. Glo nie die embleem hoef 'n probleem te wees nie. Die alleen bok Donker Groen en Gopud soos van ouds..
Bring die trots terug na Suid Afrikaner. Land van die Springbok ( hoop daar is nog iewwers 'n paar)

Ek sal my ondersteuning ook gee om die bok te behou..Rugby bloed vloei in my are en dit is groen.


-Rugby Coach


Nuwe Geel Pers 11/20/2008 10:12:34 PM
Hoera! Die Burger het so pas nuwe status van geelpers bereik deur homself 'n skoothondjie te maak van die ANC hansworse deur hulle verhoogde status te gee met die gemors hoofberig op die voorblad. Komaan, Die Burger! Waar is jou rugspiere, is dit die beste wat jy kan doen vir 'n hoofberig? Selfs Die Beeld doen met sy aanlyn weergawe beter as dit! Die berig word ook maar net deel van die negatiewe berigte wat uiteindelik die pers in die buiteland bereik en gevolglik ontrek nog meer beleggers hul investering aan Suid Afrika. Dan kla kliënte volgende week oor die verhoogde pryse van ingevoerde goedere, maar dink nie daaraan dat dit die Rand is wat op die einde hieronder ly nie. Begin dink aan die groter prentjie mense!
-Die Bok-sem in


SPRINGBOK BO 11/20/2008 10:26:56 PM
Drie hoera's vir David Bullard: Daar sou ook nie rugby, krieket of sokker gewees het nie. Die idiote: Hulle het in die veld met dolosse en akkedisse gespeel en nou vandat elkeen 'n pak klere dra, is hulle groot meneer. Ons sal alles doen om nie die springbokembleem prys te gee nie. Komaan, bied weerstand, moenie dat sulke idiote ons mislei nie. Die bok beweeg na die regterkant en kort voor lank, is hy weg. Dit mag nie gebeur nie!!!
-Biltong


 

  Kommentaar is gesluit
    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |