Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Mnr. Fred Abrahams, wat in sy huis in Paarl-Oos vermoor is. Foto: Verskaf
Mnr. Fred Abrahams, wat in sy huis in Paarl-Oos vermoor is.    Foto: Verskaf
Nuus
Gesiene sakeleier in sy huis in Paarl-Oos vermoor
11/11/2008 12:18:40 AM - (SA)

Stellenbosch. - Net ’n week nadat ’n pionier-sakeman van Paarl-Oos in sy huis in Klein-Drakensteinweg beroof is, het sy oudste seun gisteroggend op sy lyk in sy slaapkamer afgekom.

Die hande en voete van mnr. Fred Abrahams (78) – onder nabye vriende ook bekend as Aka – was met dasse vasgebind en nog ’n das was om sy nek gedraai.

Mnr. Adré Abrahams, wat sy pa getrou soggens besoek het, het die skokontdekking om 07:50 gemaak. Sy pa se lyk het op sy bed gelê.

Daar was geen teken van gedwonge toegang nie en die slaapkamerkluis was oop en leeg, het insp. Diana Fransman, polisiewoordvoerder in Paarl-Oos, ge­sê.

Niemand is nog in hegtenis geneem vir die jongste voorval nie óf vir ’n rooftog verlede Saterdag toe Abrahams ná werk deur vier gewapende mans oorval en van ’n bedrag van R10 000, sy selfoon en Toyo­ta Yaris beroof is nie.

Sy voertuig is daarna verlate in Mbekweni in die Paarl gevind.

Hy het nie verdien om só te sterf nie, het me. Anthea Abrahams, een van sy dogters, in trane gesê. “Niemand het die reg om iemand anders se lewe te neem nie. Hy het nog baie planne gehad.”

Sy het haar pa, wat alleen gewoon het, beskryf as ’n toegewyde en hardwerkende sakeman wat altyd besig was.

Hy was nie net ’n suksesvolle eiendomsontwikkelaar nie, maar het ook ’n sukses gemaak van enigiets van die pekel van olywe tot bierbrouery. Onder sy nalatenskap tel die Ivanhoe Park-kompleks, die Abrahams-supermark (tans Essop’s en een van die eerste ontwikkelings in Paarl-Oos), die Charleston Hill- en die Mayfred’s-supermark, en ’n blok woonstelle in dieselfde gebied.

Mnr. Abrahams was baie aktief in die kerk en op maatskaplike gebied. Hy het gedien in die kerkraad van die Annunciation-kerk, wat hy in die apartheidsjare in Paarl-Oos help oprig het. Hy was ook lid van die Boland Traders’ Association, wat in dieselfde tyd geldelike hulp verskaf het aan jong mense wat opgesluit is.

Hy word oorleef deur sy gewese vrou, Mary, vyf van sy ses kinders – Adré, Deidré, Frederick, Anthea en Ivanhoe – 12 kleinkinders en twee agterkleinkinders. Hy word Saterdag om 09:00 uit die Annun­cia­tion-kerk in Paarl-Oos begra­we.

Enigiemand met inligting kan speurinsp. Elton Abrahams by 021 877 5900 bel.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |