Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 12º / 20º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 18º | Port Elizabeth 14º / 19º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Miriam Makeba
Miriam Makeba
Nuus
Makeba ’n ‘nagtegaal wat ons aan menslikheid herinner’
10/11/2008 11:12:30 PM - (SA)

Kaapstad. - Boodskappe van medelye het gister ingestroom vir die legendariese Suid-Afrikaanse sanger Miriam Makeba, oftewel “Mama Afrika”, wat eergisteraand in Italië dood is.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van buitelandse sake, het uit Brussel namens pres. Kgalema Motlanthe en die regering met die Makeba-familie gesimpatiseer. Sy het Makeba onthou as een van die “grootste sangers van ons tyd”.

“Miriam Makeba het regdeur haar lewe, deur sang, ’n positiewe boodskap aan die wêreld oorgedra oor die stryd van Suid-Afrikaners en die gewisse oorwinning oor die donker magte van apartheid-kolonialisme.”

Mnr. Jacob Zuma, ANC-leier, het Make­ba as ’n “onvermoeide patriot van Afrika” beskryf wat haar talent in diens van die mense en die bevrydingstryd in Suid-Afrika en die vasteland gebruik het.

Oudpres. Thabo Mbeki het ook hulde gebring aan haar uitsonderlike musikale en menslike kwaliteite. “Sy was ’n unieke sanger wie se musiek inspirerend was en herinner het aan menslikheid en die plig teenoor ander men­se.”

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het gesê die dood van die “nagtegaal” is ’n groot verlies vir Suid-Afrika en die wêreld.

“Ons sal haar aangrypende stem onthou toe sy ‘Back of the Moon Boys’ in die musiekblyspel King Kong gesing het. Ons moet altyd onthou hoe Harry Belafonte in die VSA haar mentor was, maar dit sou niks beteken het as sy nie geseën was met só ’n stem nie. Ons wêreld was ’n bie­tjie beter vanweë haar serenade en ons is armer weens haar dood.”

Me. Desiree van der Walt, DA-LP, het namens die party hul skok en medelye aan Makeba se familie betuig. “Ofskoon die tragiese en onverwagse heengaan van Afrika se mees gevierde dogter deur alle Suid-Afrikaners en die vasteland betreur word, kan ons dalk ’n mate van troos put uit die wete dat sy voortgegaan het om diegene rondom haar tot die einde met haar stem te seën.”

Die leier van die OD, me. Patricia de Lille, het gesê: “Miriam het aanklank gevind by jonk en oud en haar aktivisme as ’n sanger wat oor ware kwessies gesing het, kan met moeite deur ander sangers nageboots word.”

Me. Pat Lebenya-Ntanzi, waarnemende voorsitter van die IVP-jeugbrigade, het Makeba as ’n groot Suid-Afrikaanse held, ’n ikoniese figuur, aktivis, wêreldbekende musikant en ’n passievolle, talentvolle mens beskryf.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
91 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |