Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 19º / 27º | Worcester 16º / 33º | George 17º / 29º | Port Elizabeth 18º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Studie toon romanse verflou met tyd
02/11/2008 09:05:51 PM - (SA)

Londen. – ’n Britse studie het getoon romanse in die deursnee- ­huwelik blom gewoonlik nie langer as 31 maande en 25 dae nie.

Hierna begin die vuil sokkies oral rondlê en doen min mense nog moeite om grimering te dra of die toilet se deksel te laat sak, toon die peiling deur OnePoll.

Altesaam 5 000 egpare wat langer as ’n dekade getroud is, het daaraan deelgeneem en meer as die helfte het gekla hulle voel hulle word nie waardeer nie.

Altesaam 7 uit 10 mans het erken ná ’n tyd is hulle so gemaklik met hul wederhelfte dat hulle gereeld sokkies, broeke en ander vuil wasgoed in die huis laat rondlê.

En 79% doen ná ’n paar jaar nie die moeite om die toilet se deksel te laat sak nie.

Twee derdes van vroue doen op hul beurt nie meer ter wille van hul maat moeite met hul kleredrag nie, en 54% sukkel nie langer met grimering nie.

Verder spring 61% in sweetpakbroeke of pajamas sodra hulle saans van die werk af kom.

En teen die derde huweliksherdenking vier die meeste nie meer hul troudag nie.

Dít is in skerp teenstelling met die eerste paar maande in die huweliksbootjie wanneer 83% gereeld hande vashou in die openbaar.

Ná ’n dekade doen slegs 38% van egpare dit nog en 60% sê hulle is nog laas op die wittebrood verras met ’n romantiese aandjie uit. Die berugte stryd om die televisie se afstandbeheer is skynbaar ook geen mite nie.

’n Volle 75% van deelnemers het gesê hulle weier om dit aan hul man of vrou af te staan – selfs al vra die een mooi.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
82 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |