Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Slawe ‘eerste vryheidsvegters’
26/10/2008 10:17:10 PM - (SA)

Kaapstad. - Die slawe wat aan die 1808-opstand deelgeneem het, was die eerste vryheidsvegters in Suid-Afrika, het ’n bekende historikus die naweek hier gesê.

Prof. Jatti Bredekamp, uit­voe­rende hoof van Iziko-museums, het dié stelling Saterdag gemaak ná ’n herdenking van die opstand op 27 Oktober 1808. Vandag is dit presies 200 jaar gelede.

“Volgens hofstukke by die Kaapse argiewe in Roelandstraat het slawe in die opstand aangedui dat hulle hul vryheid wil opeis.

“Daarom kan na hulle verwys word as die eerste vryheidsvegters,” het hy gesê.

Prof. Nigel Worden, historikus en navorser aan die Universiteit van Kaapstad, het ge­sê die opstand is ’n goeie voorbeeld van massaweerstand: “Dit was revolusionêr en noemenswaardig. Hulle het teen die bestaande orde opgestaan.”

Bredekamp het gesê daar behoort jaarliks ’n bewussyn gekweek te word om die opstand te herdenk.

“Daar word ook beplan om dit prominent in die skoolkurrikulum in te bring,” het hy bygevoeg.

Die slawe Louis van Mauritius, Abrahams van de Kaap en Adonis het in 1808 na plase in die Swartland en Koeberg gegaan en sowat 340 slawe en Khoi-Khoi-diensknegte gewerf.

“Op die plase het hulle onder meer aan slawe gesê om nie meer vir die masters (plaasboere) ‘u’ te sê nie, maar ‘jij’.”

Die slawe het sowat 30 graanplase oorgeneem, waar hulle ook die rolle van hul meesters uitgebeeld het.

“Hulle het ook aan die masters (wat hulle op die plase gevange geneem het) beveel om hul hoede af te haal om hulle (die slawe) te groet.”

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |