Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 12º / 20º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 18º | Port Elizabeth 14º / 19º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
Robbie Klay ’n ‘seksspeelding’
15/02/2008 07:46:03 AM - (SA)

Robbie Klay (21), jong hartebreker-sanger en akteur, was as kind sewe jaar lank die “seksspeelding” van een van die bekendste mans in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidswêreld.

Klay, wat verskeie CD’s op die winkelrakke het en die rol van die skoolseun Buks in die TV-reekse Amalia en Amalia 2 vertolk het, het die naweek gesê hy wil eksklusief met Die Burger oor sy “sekshel” praat om “ander kinders wat iets soortgelyks deurmaak, aan te moedig om dadelik daaroor te praat met iemand wat hulle kan vertrou”.

Hy was tien jaar oud toe die seksdade begin het, wat “orale seks, masturbasie tot drie keer per dag, pornografie en naakvideo’s” van hom (Klay) ingesluit het. Klay verwys na die man as “die oom”.

“Die rede waarom ek nou praat, is nie wraak nie. Ek het my ma verlede jaar gedeeltelik oor die seksinsidente ingelig omdat ek bang, onseker en verbouereerd was.

“Ek het intussen ook alles aan my verloofde vertel.

“Ek wil nie die oom se lewe verwoes nie, daarom wil ek nie hê sy naam moet bekend gemaak word nie. (Hy het wel die man se naam aan Die Burger bekend gemaak.) Hy is baie bekend.

“Ek wil ander kinders eerder vertel hulle moet dadelik hulp soek as só iets met hulle gebeur.

“Maar ek moet eerlik wees – ek wens ek kan net, noudat ek volwasse is, één kans kry om die oom te bliksem.

“Ek sal sy nek breek.”

Elke keer wat hy na “die oom” se huis toe gegaan het, “het hy aan my gevat en gevroetel”.

“Dit was vir my aaklig, ek het later so min moontlik na sy huis gegaan omdat ek bang was oor wat gaan gebeur.

“Die oom het my laat glo dat dit reg is as ek aan hom vat. Hy het video’s van my geneem waar ek kaal in die swembad is.

“Hy het baie keer vir my gesê dat dit net ons geheim is en dat ek vir niemand moet sê nie. Vandag verstaan ek waarom hy nie wou hê dat iemand weet nie.

“Toe ek met meisies begin uitgaan, was hy baie besitlik. Ek moes die oom alles vertel, waarheen ek en die meisie was en wanneer ons seksueel verkeer het, veral toe ek die ma van my dogtertjie ontmoet het.

“Ek was toe al 16, maar die oom het steeds nie opgehou om aan my te vat nie. Ek het nie geweet hoe om dit te stop nie. Ek het steeds stilgebly, want ek was bang. Ek was bang my musiekloopbaan ly daaronder, want die oom het baie mag in die vermaaklikheidsbedryf.

“Ek het later besef die oom het ’n obsessie met seuns. Ek het eendag op foto’s van seuns op sy rekenaar afgekom. Daar was ook foto’s van ’n kaal seun.

“Wat gebeur het, was walglik.

“Ek het as jong seun gewonder of ek dalk gay is en het ’n groot stryd daaroor met myself gehad.

“Ek is vandag heeltemal negatief oor mans. Ek kan nie op ’n normale vlak met mans kommunikeer nie.”

Alle pogings van Die Burger gister om “die oom” in die hande te kry, was onsuksesvol.

Sy selfoon was afgeskakel en verskeie mense het gesê hulle vermoed dat hy in die buiteland is.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |