Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 19º / 24º | Worcester 16º / 30º | George 18º / 26º | Port Elizabeth 21º / 26º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
n Hartvormige wolk hang skuins bokant die verhoog tydens ‘n onlangse byeenkoms in Vanderbijlpark waar mnr. Angus Buchan gepreek het. Op die foto staan Buchan agter op die verhoog en wag vir die sanger Joe Niemand om ‘n lied klaar te sing voordat hy met sy preek begin.Foto: MARIO VAN DE WALL
n Hartvormige wolk hang skuins bokant die verhoog tydens ‘n onlangse byeenkoms in Vanderbijlpark waar mnr. Angus Buchan gepreek het. Op die foto staan Buchan agter op die verhoog en wag vir die sanger Joe Niemand om ‘n lied klaar te sing voordat hy met sy preek begin.Foto: MARIO VAN DE WALL
Nuus
‘Hartwolk wys God is tevrede: SA keer terug’
05/06/2008 09:16:50 AM - (SA)

Dit was ’n teken dat die Here tevrede is dat die mense van Suid-Afrika besig is om terug te keer na Hom toe.

Só sê mnr. Angus Buchan, die Greytownse evangelis, oor die hartvormige wolk wat bokant die verhoog gehang het terwyl hy onlangs in Vanderbijlpark gepreek het.

Buchan sê terwyl hy gepreek het, het hy gesien mense wys met die vinger boontoe.

Hy het gedink hulle beduie na ’n ligte vliegtuigie wat verbygevlieg het.

Mense het egter foto’s geneem en dit word nou wyd op e-pos gesirkuleer. Eergisteraand by ’n mannesaamtrek in Moreletapark, Pretoria, is dit ook vertoon.

Buchan sê hy is ’n boer en God praat met hom deur die natuur. Hy wil graag glo dat dié wolk ’n teken van die Here is.

Hy vertolk dit as ’n teken van God se seën en sy tevredenheid daarmee dat mense hom as Here en Verlosser erken.

Hy bestempel dit as ’n verbasende ding. Die wind het eers gewaai en die wolke het oor die stadion gerol. Toe het die wind gaan lê en dié wolk het bokant die verhoog in die lug bly hang.

Kommentaar


Valse tekens! 6/5/2008 9:46:12 AM
Ek is bekommerd oor die man! Wat sou n geweer wolk of assegaai wolk beteken het!? Nee, die omie is n opstuur vir die massas, maar ek dink persoonlik hy het n brein scan nodig! Tekens is nie genoeg nie, mense moet daadwerklik optree. Sy "roomkoekie" Christianity is eerder gevaarlik en verwarrend. Dit gee dalk hoop, maar dis VALS!
-BVS


Geloof wankel nie... 6/5/2008 9:46:22 AM
Ek glo as mens tekens soek, sal jy tekens sien. Net eergister het ek vir Elvis gesien by die Superspar op die hoek.
-John


wolk(haar) storie 6/5/2008 9:49:51 AM
die wêreld is seker maar oop vir misinterpretasie?
-kokkewiet


Hart? 6/5/2008 10:25:24 AM
Die hart lyk nie so nie! Valentine se hart is die vulva! So wat se^ God daarmee?
-Jacques


Wolk 6/5/2008 11:02:31 AM
Hemel maar julle kan darem aangaan oor dit waarvan julle niks weet nie...

BVS.Ek is eerder bekommerd oor jou.Die man, waarna jy verwys, is besig met dit waartoe Jesus ons geroep het, om die goeie nuus uit te dra.

Die woord se wel ons sal tekens in die natuur kan sien. Ek was self daar daai saterdag en die wolk lyk wel soos 'n hart, maar nou ja, so kan mens na die ander kant redeneer. Die wat nie wil sien nie, sal seker nie glo nie.

John, dankie vir daardie sarkasme, maar Elvis is toe dood o grote...
-Bjorn


On(geloof)lik !! 6/5/2008 11:03:47 AM
Is dit nodig om so negatief te wees mense? A nee a, g'n wonder die land is in die krisis wat dit is vandag nie! Geloof en hoop het niemand nog ooit skade gedoen nie!!
-nel


6/5/2008 11:32:28 AM
Dit vat meer guts om te hoop vir die beste as wat dit vat om negatief en uitsigloos te wees.Ons met die guts klou maar vas aan elke teken van hoop...
-LV


angus buchan 6/5/2008 11:43:31 AM
Ek is so jammer dat niemand wil aanvaar dat die Here wonderwerke kan doen en nog doen. In my hart is daar opgewondenheid en excitement wat Hy in my lewe doen en Hy in joune sal doen as jy net vra.
-yvonne barrett


Teken is gemisinterpreteer 6/5/2008 11:47:14 AM
Eintlik dink ek Jesus was net besig 'n boodskap te stuur vir oom Piet en tant Sannie wat op die stoep sit en brug speel het - roep harte in die volgende hand!
-Johan


Hartwolk 6/5/2008 11:52:06 AM
Jammer, mense sit die bal mis, daai wolk is gebroke, nie volmaakte hartwolk nie, God is gebroke oor Suid Afrika, te veel sondes en vieslikheid wat aangaan, soos Sodom en Gemorra, Moord, Seksuele misdade, Gay huwelike ens.. God is volmaak, as hy iets maak maak hy dit perfek...
-Josef


Hart 6/5/2008 12:11:18 PM
Josef daai foto wat hier bo is het die wind al begin rond waai, die een wat ek aanvanklik gesien het was 'n perfekte hart oor die stadion. Vir God is niks onmoontlik nie, Hy het die heelal geskape en alles daarop wat is dit vir Hom om 'n wolk in 'n hartvorm oor 'n stadiun te laat hang waar 'n groot groep van Sy kinders vergader is. God se woord sê vir ons waar 2 en meer bymekaar is daar is Hy, hoekom nie sy liefde vir sy kinders wys in die vorm van ‘n hart nie.
-Andre


Hartwolk 6/5/2008 12:17:39 PM
1000 mense, 1000 gevolgtrekkings.Belangrikste is onwrikbare geloof in God en dat niks vir Hom onmoontlik is nie. Bely Sy naam eerder as om tyd aan te vermors op dinge waarvan ons nie werlik uitsluitsel het nie. Jou belydenis kan iemand nader aan Hom bring - is dit nie wat tel nie?
-Elsa


6/5/2008 12:44:35 PM
jammer vir al die kleingelowegis se kommentaar. dis juis wat die duiwel wil he, om kinders van God aan te val!!!
-


hahahaha hartwolk... 6/5/2008 12:48:46 PM
"John, dankie vir daardie sarkasme, maar Elvis is toe dood o grote..." -Bjorn

Jesus ook... met die een verskil dat ek al beeldmateriaal en musiek van Elvis onder oë gehad het, maar nie een enkele bewys gesien het dat Jesus ooit bestaan het...
-Wolslang


Ongelooflik! 6/5/2008 12:57:07 PM
Dis die grootste kak storie wat ek in 'n lang tyd gelees het.Ek begin my "vertroue" in evolusie verloor want dit het 'n hele klomp morone veroorsaak.Hopelik is dit 'n glitch wat met tyd reggemaak sal word.
-JC


Angus se wolk 6/5/2008 1:07:41 PM
Los maar die negatiewe kommentaar oor die wolk. Ek wonder net wat daardie negatiewe ouens doen wanneer dinge in hul lewe verkeerd loop. Ek wed julle hulle bid dan gou-gou vir God se hulp en genade, wat hulle dan mildelik ontvang maar nie eens besef hulle bede is aangehoor deur God self nie. Ons bid ook maar vir hulle.
-Suzette


hartwolk 6/5/2008 1:16:15 PM
Ek sit in Brisbane Australie, en wens ek kon 'n wolkie in S.A. sien. Hart of nie hart nie. Wolslang jy moet net pasop, jy sit op jou eie troon, en as jy val gaan jy hart val.Het jy nog nooit 'n voël in die lug sien bly, of 'n 30Meter boom wat van 'n klein saadjie geplant is, en gewonder hoe dit gebeur nie, of waar jy self vandaan kom. Dink boetie dink, God laat Hom nie bespot nie.
Bessie de Kock
-bessie de Kock


6/5/2008 1:19:08 PM
"Ek wonder net wat daardie negatiewe ouens doen wanneer dinge in hul lewe verkeerd loop." Liewe Suzette: wanneer dinge in my lewe verkeerd loop, werk en dink ek harder om 'n oplossing te vind en lê ek my kop op die skouers van die mense wat my lief het... regte oplossings vir fisiese probleme en regte mense wat luister, omgee en probeer verstaan... een paar hande wat aan die werk spring vermag tog soveel meer as 1000 paar hande saamgevou in gebed...
-


Wolk/Schmolk 6/5/2008 1:26:40 PM
Ons soek vir moeilikheid as ons nou begin tekens uit die wolke lees (veral as dit sulke onduidelike simbole is).
Dit laat my dink aan toe Jesus se gesig in 'n toilet in Lavender Hill verskyn het. Dit dui op desperaatheid. As ek wou kon ek al 'n bank beroof het uit die tekens wat die wolke vir my gee.
-bradabeer


Wolk 6/5/2008 1:32:12 PM
Wolslang, as jy in die spieël kyk sien jy vir Jesus want jy is na sy beeld geskape, glo dit of glo dit nie, wanneer het jy laas vir Elvis in lewende lywe gesien. bradabeer, in alles om ons en met ons moet ons vir Jesus sien want alles om ons by ons is deur God vir God geskape.
-Andre


Bessie... 6/5/2008 1:38:35 PM
'n Voël bly nie vanself in die lug nie my engel... daar is hierdie ding genaamd aerodinamika en daai voëltjie moet bleddie hard soek vir kos vir die energie om sy vlerke te klap... hy hou homself daar bo! ...daar is ook niks ongelooflik aan 'n 30m hoë boom wat uit 'n saadjie groei nie - hy doen dit ook self as hy op goeie grond val met genoeg water. Ek weet ook waar ek vandaan kom en ek ook moet elke dag baie hard werk om aan die lewe te bly. Ek is maar aan die einde van die dag my eie god en verantwoordelik vir my eie lewe. Terloops, ek was vir jare 'n "wedergebore" christen... maar het toe besef dat die heelal na homself kyk sonder hulp van buite. Ek het ook besef dat my geloof niks anders as psigose was, gebore uit vrees, bygeloof en dit wat aan my opgedring was as kind.
-Wolslang


Dit is nie nuus nie! 6/5/2008 1:43:53 PM
Ek vind dit absoluut oneties en lagwekkend dat Die Burger (wat homself nie as 'n poniekoerant sien nie) sulke absolute snert as sogenaamde nuus plaas. Neels Jackson behoort afgedank te word vir sulke eensydige, sensasionele berigte.Soos wat bradabeer tereg se, daar berig Die Son gereeld oor Jesus in toilette en tokkelosse onder beddens. Waar is die subs en nuusredakteurs wat snert soos hierdie moet sny voor dit ( met 'n onsamehangende foto nogal) in die koerant verskyn?
-Bonsai


Laas toe ek onthou.... 6/5/2008 1:45:42 PM
Ons het altyd in my jonger dae in die parkie gaan lê, terwyl ons baie gerook was (natuurlik). Ons het dan na die wolke gestaar en verskillende stories opgemaak. Al wat ek wil sê is, Mnr Buchan, los vir my ook 'n bietjie van daai chronic oor asseblief.
--kite


André... 6/5/2008 1:47:45 PM
André, as jy in die spieël kyk sien jy die Tandmuis want jy is na sy beeld geskape, glo dit of glo dit nie, wanneer het jy laas vir Oskar die Hasie in lewende lywe gesien. Die Tandmuis sien want alles om ons by ons is deur Krishna vir Buddha geskape... ...probeer weer ou maat, jy maak geen sin nie...
-Wolslang


wolk 6/5/2008 2:08:27 PM
Wolslang ek het nog nie sulke snert soos jy kwytraak in my lewe gehoor nie. As jy deel is van die wêreld en die wêreld vir jou belangrik is sal die goed vir jou verborge wees en jy sal dit nie verstaan nie, en jy sal nie God se hand in alles om en by jou sien nie, ek verstaan dit want ek is 'n kind van God en die goed maak vir my totaal sin.
-Andre


Hartvolk 6/5/2008 2:12:45 PM
Ja-nee Ek is net so bekommered oor hierdie uitlatings.
Van wie het hy gehoor? Emosie in 'n groot skare kan jou tot die werklikheid verblind.'n Magtige wapen in satan se hande.
God het die Israliete verdoem omdat hulle SY wette oortree het en valse gode aanbid het.
Selfs Moses was nie toegelaat om die beloofde land te betree nie?

Hoe kan God tevrede wees as T"seks kanaal geword het, Budda, Kali and Islam op 'n gelyke voet as GOD geplaas word en Die Bybel in skole verbied word?
Nee, Komaan ----- Ons is nie almaal onder 'n kalkoen uitgebroi nie. Baie Kansels vandag verkondig nie meer die Woord nie.
-Dawie


Wolk 6/5/2008 2:25:35 PM
Ag hemel, wanneer gaan hierdie snert eindig?!
-Christen


Darem 'n teken... 6/5/2008 2:31:07 PM
Hoe gerusstellend is dit dat in hierdie dae van vervolging en xenophobiese geweld, komende ekonomiese krisis in SA en chaos in Zimbabwe wys God darem hy het nog nie vergeet van ons nie, hy kan 'n wolk verander na 'n hartvorm. Voorwaar almagtig en lief vir ons almal.
-wortel


Net 'n wolk 6/5/2008 2:32:56 PM
Dit verstom my altyd dat die Godsdienstiges (alle gelowe) net aanneem dat almal gelowig is in een of ander geloof. En dan ook net aan neem dat as jy nie jouself tot "sinne" bring en hulle geloof aan neem nie is jy vir altyd gedoem. Ek glo nie daar is 'n god nie maar kan ook die natuur wardeer vir wat dit is. Mooi wolk en dit is wat dit is. As jy iets anders sien goed vir jou maar los die mense uit wat net die wolk sien. - M
-Mieliepit


André 6/5/2008 2:34:38 PM
André, as jy dan nie van die wêreld is nie en die wêreld nie vir jou belangrik is nie, hou dan op eet en asemhaal en werk en voel en dink... hoekom nie? Want jy IS die wêreld - onlosmaakbaar wêrelds, elke atoom in jou liggaam, elke joule energie. Jou god is van die wêreld en is uitgedink in die verbeelding van grotbewoners uit die dae voor die wiel ontdek is, omdat hulle nog nie begrippe soos relatiwiteit en termodinamika kon kleinkry nie... Hoe werk 'n selfoon? Kan jy die draad tussen die fone sien? Nee? Seker maar die heilige gees, né? Sien jy ook god se hand in kanker, oorlog, rassehaat, siekte, lyding, marteling, en kindermolestering? O ja, ek het vergeet... dis die werk van Satan... geskep deur jou god en losgelaat en toegelaat om absolute pyn en lyding te saai onder die mens vir wie hy glo so liefhet... en om sy liefde vir bewys, laat hy sy "seun" doodmartel... praat van snert...
-Wolslang


Wolk 6/5/2008 2:57:18 PM
Geen wonder dinge gaan in die wêreld soos dit gaan nie!! Niemand het meer respek / verdraagsaamheid vir mekaar nie. Moet ons altyd kyk hoe seer jy 'n volgende ou kan maak, van wat ook al sy siening is, as jy nie saam stem nie...stilbly is ook 'n antwoord.
-Rinet


Aan die gelowiges 6/5/2008 3:03:25 PM
Doen juslelf 'n guns en gaan doen 'n bietjie navorsing oor die onstaan van Christenskap. Teenstrydigehede pla julle duidelik nie. Julle Christenskap is 'n resultaat van julle omgewing en tydperk waarin julle gebore is, dis logika. Oom Angus het ook gese dat om ongelowig te wees 'n groter sonde is as om moord te pleeg... Ek is objektief.
Bestaan Kersvader, Thor, die tandmuis, Zeus en Hercules?
As jy in daai tyd in Griekeland gewoon het, dan so julle in van hierdie :gode" geglo het. Gebruik julle koppe en doen dit logies. Galileo is in die tronk gegooi toe hy se dat die son die middelpunt van ons sonnestelsel is. Evolusie is 'n feit. 'n Wetenskaplike teorie is anders as 'n normale teorie. 'n Wetenskaplike teorie is die beste verduideliking wat ons van 'n proses het, waarvoor ons bewyse het. Kyk net na 'n land soos Swede waar meer as 60% van die bevolking ateiste is. Hulle het 'n model samelewing en demokrasie. Ek is ewig verstom deur mense.
-Chris la Grange


6/5/2008 3:05:18 PM
Ek is n Christen, maar dwing nie my Chrsitenskap en geloof op ander af nie. Maar so verwag ek ook dat mense wat nie glo nie die nodige wedersydes respek sal toon en hulle neerhalende aanmerkings vir hulself hou. Ek weet hoe groot my God is en waartoe Hy in staat is. En ek spreek my beslis nie uit oor aangeleenthede waarvan ek niks weet nie!
-jen


Arrogant 6/5/2008 3:07:30 PM
Mieliepit en Wolslang ek stem 100% saam met julle. Mense moet ophou aanneem almal is gelowig en neerkyk op die wat nie is nie. Dit is 'n baie arogante houding.
-Chris la Grange


...Arrogant... 6/5/2008 4:00:56 PM
Chris, logika was nog nooit deel van Suid-Afrikaanse kultuur nie, ongeag van ras of afkoms... beide ons swart en wit kulture is gegrond op primitiewe bygelowe en dit is hoekom ons vandag in soveel k*k sit. Ons het gegaan van 'n spul barbaarse wit christene wat oortuig was dat die Afrikaner die uitverkore volk van god was en dit het hul die reg gegee om mense wat anders as ons lyk en dink met geweld te onderdruk. Vandag gee toordokters en voorvadergeeste leiding... ek gee op. Een ding wat my beter laat slaap is dat wanneer ek eendag dood is, daar niks vir my wag nie. Rus oplaas... want ek kan aan niks meer afgrysliks dink as om vir ewig te lewe nie... ek is klaar verveeld soos dit is en goue strate en pêrelpoorte klink maar lekker boring... goud is maar net waterstofatome wat binne stêrre saamgepers word tot yster en dan in supernovas verder saamgepers word tot goud... 'n baie "kommin" metaal in die heelal... en pêrels laat my aan ou anties dink en dit lyk my die hemel gaan vol van hulle wees... thanks, but no thanks...
-Wolslang


Wolk 6/5/2008 4:24:03 PM
Wolslang, moenie verbaas wees as jy na jou dood agter kom dit wat jy gedink het gaan 'n rustige rus wees dan nou nie so is nie. Ek wil my nie eers voorstel hoe dit moet voel om vir ewig in 'n poel van vuur te brand nie, ek dink die heerlikheid van 'n paradeis, God se woning vir sy kinders wat aan Hom glo en volgens sy wil leef, dit klink vir my meer waarna ek uitsien, dit vir ewig waar daar geen probleme van enige aard gaan wees nie net liefde , geluk en vrede.
-Andre


Ai tog! 6/5/2008 4:33:34 PM
Die ou het die kat aan die stert beet!
Hou op om tekens te soek - maak julle harte oop vir die Here! Begin 'n persoonlike verhouding met Hom! Dis al wat Hy vra! Die res sal dan vanself egkom!
Ek blameer ook die pers vir hierdie soort beriggewing! Soos gewoonlik is die wêreld (en die pers help flink mee) besig om van Iets (in hierdie geval die Iets met 'n hoofletter "I") wat baie mooi, baie kosbaar en broodnodig is, 'n spektakel te maak!
Neem die Here aan as jou Saligmaker - en verbind jou onlosmaaklik aan Hom!
-Jax


Wolk 6/5/2008 4:34:53 PM
Wolslang, my hart is seer vir jou. Jy't duidelik baie pyn binne-in jou. Hoop jy vind eendag ware vrede
-Vrou


Arrogant. 6/5/2008 4:44:09 PM
Ja, bid vir ons...
Andre, jy hou van sprokies ne en "Vrou" alle nie gelowiges MOET ongelukkig wess, jy is reg. Hoe maak skape? : "mêêê êê"
-Chris la Grange


Wolke 6/5/2008 5:01:49 PM
Ja Chris, dis jammer almal kan nie Christene wees nie, God se woord sê vir ons daar gaan maar min wees wat deur die poorte van die hemel sal gaan, dis ongelukkig so dat soveel hulle skepper misken. Ja Chris ek hou van "sprokies" die "sprokie" van die Lewende God, asook die "sprokie" van Jesus wat vir my sondes gesterf het om vir my dit moontlik te maak om die ewige lewe te kan be-erf, daar is geen " sprokie" so mooi soos dit nie. Dit alles lees ek in die Woord van God, pragtig nê!
-Andre


My liewe Vrou... 6/5/2008 5:04:09 PM
Dankie vir die empatie en goeie wense... net een of twee dinge: eerstens, dis baie aanmatigend om veronderstellings te maak met betrekking tot andere se gemoedstoestand - die enigste pyn binne my op hierdie oomblik is wanneer ek sien hoe mense 'n hele leeftyd deurgaan sonder om ooit krities te redeneer, te bang om vrae te vrae uit vrees vir god se toorn... Ek het wel ware vrede gevind toe ek meer as 10 jaar gelede besef het dat daar nie 'n duiwel of hel is nie... ek het as jongeling aan erge angs en depressie gely vanweë my vrees vir god, die duiwel en die hel en die dood... vandag ken ek ware vrede en verlossing en ek is gereed om te sterf, maar ek gaan alles in my vermoë doen om so lank moontlik te lewe... tot eer van myself natuurlik...
-wolslang


hartwolk 6/5/2008 5:10:12 PM
Ek het ook in 'n gewone afrikaanse christelike huis grootgeword en is nou reeds 'n gewone afrikaanse ouma. maar iewers langs die pad het die tekens en verklarings ook net vir my 'n bietjie te dik vir 'n daalder geword. soos wolslang het ek ook nie juis vreeslik pyn nie, net realisme en irritasies met die gelowiges wat derduisende verksillende dinge glo - en dit nog aanpas om by hul omstandighede in te val.
-carin


Andre... 6/5/2008 5:15:05 PM
Ek wil regtig klaargemaak het hier, maar jy bly sappige stukke rooi-aas voor my neergooi en ek is 'n gulsige vis... nog net een vragie? Hoekom het jou god dan biljoene mense geskape, wetende dat 98% van hulle vir ewig gaan brand? Niks gebeur mos buite sy wil nie, alles is so beskik? Ek stel dit aan jou dat jy 'n wrede psigopaat aanbid. Lekker slaap skapies...
-Wolslang


hartwolk 6/5/2008 5:18:02 PM
ek het 'n hekel aan die skuldgevoelens waarmee ons gelaat word as ons nie dieselfde tekens as die gelowiges sien nie. god is eerder respek en liefde, as 'n man wat 24/7 sit en kyk wat die klomp morsiges op die aarde doen!
as ons ons kinders 'n kwart van godsdiens tyd aan die leer van respek en die toepas van selfdissipline spandeer sal die mensdom 'n gedaanteverwisseling ondergaan en sal ons nie nodig hê om enige tekens in enige iets te soek nie.
-carin


Wolke 6/5/2008 5:23:49 PM
Wolslang ,Jou kinders wat jy verwek het, as jy kinders het, doen hulle alles wat jy wil hê hulle moet doen. Nee hulle is ongehoorsaam,maar dit is hulle keuse of hulle vir jou wil luister of nie, so is ons almal deur God geskape, en God verwag van ons om gehoorsaam te wees aan Hom, maar nee ons is nie. Party is so ongehoorsaam hulle wil niks meer van God weet nie. Wat doen jy met jou kinders as hulle oortree, jy los hulle seker nie maar net dat hulle aangaan soos hulle wil nie. God laat die keuse aan elkeen van ons self of ons gehoorsaam aan Hom wil wees of nie. Dan is daar nog satan wat ons wil wysmaak van alle verkeerde dinge, sodat hy ons van God kan afrokkel. As jy besluit het daar is nie 'n God nie dan is daar niks wat ek of enige een daaromtrent kan doen, jy bly verantwoordelik vir jou eie besluite.
-Andre


Angus 6/5/2008 5:47:13 PM
Die negatiewe sms'e bewys net 1 ding .... Angus raak 'n teer punt by mense aan, en trap op tone, so doen self ondersoek .... jy's dalk te skaam om te erken jy is nie daar waar jy hoort te wees nie. As ek nie geloof, hoop en liefde het nie, is ek niks. As jy daarsonder kan klaar kom, hoekom nie maar vir my los met myne nie? Of "trap" ek dalk op 'n seer toon?
-celia


Seer tone? 6/5/2008 6:25:52 PM
Celia, Angus se ook dat ongelowiges groter sondaars is as moordenaars! Sommige van ons wil nie gelowig wees nie, ons hou van logika, nie bygelowige konsepte nie. Die "seer tone" gebeur waneer mense begin tjol in die lug sien. Ek is trots daarop dat ek nie in Kersvader meer glo nie.
-Chris la Grange


 

  Kommentaar is gesluit
    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |