Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Mnr. Xam/Gaob Maleiba, hoofman van die Damaskwa en deel van die Oos-Kaapse Khoisan-leierskap, verlede jaar by ’n viering op Hankey. Genetiese toetsing het pas getoon die Khoisan het die oudste oorlewende mitochondriese DNS (van die moeder geërf) op aarde.Foto: DEON FERREIRA
Mnr. Xam/Gaob Maleiba, hoofman van die Damaskwa en deel van die Oos-Kaapse Khoisan-leierskap, verlede jaar by ’n viering op Hankey. Genetiese toetsing het pas getoon die Khoisan het die oudste oorlewende mitochondriese DNS (van die moeder geërf) op aarde   .Foto: DEON FERREIRA
Nuus
Nét Khoisan uniek
24/04/2008 08:03:28 PM - (SA)

DIE Khoisan het aan moederskant (mDNS) die oudste oorlewende takke van die menslike stamboom in hul genetiese samestelling behou.

Dit blyk ook dat die Khoisan tussen 90 000 en 150 000 jaar gelede van die res van die wêreld se bevolking geskei en oor ’n tydperk van duisende jare na Suidelike Afrika gemigreer het – in ’n enkele lang reis. Hulle het tot 40 000 jaar gelede hier in genetiese isolasie geleef.

Dié internasionale, omvattendste opname tot nou toe rakende Afrika se mitochondriese DNS (mDNS word net van ’n ma na al haar kinders oorgedra) is gisteraand deur die Genografiese Projek bekend gemaak.

Die span navorsers het oor die wêreld heen gereis om die mDNS van 624 mense van inheemse bevolkings te versamel om insig te kry oor die vroeë demografiese geskiedenis van die eerste moderne mense. Daar is gevind dié vroeë groepe van Homo sapiens was klein en geïsoleerd van mekaar.

Dr. Spencer Wells, direkteur van die Genografiese Projek en ’n Ontdekker van National Geographic, het op ’n vraag van Die Burger gesê dit is die lang isolasie van die Khoisan wat aan hulle hul unieke voorkoms gegee het. Dit is tog belangrik om te onthou dat die Khoisan steeds meer met ander mense gemeen het as wat hulle verskil.

Volgens die navorsing in die vaktydskrif The American Journal of Human Genetics het die groot migrasie uit Afrika tussen 60 000 en 70 000 jaar gelede plaasgevind – wat gelei het tot die bevolking van die wêreld.

Daar is sterk bewyse dat die mense al van mekaar geskei het, binne Afrika, sover terug as 150 000 jaar gelede, toe mense na Oos- en Suidelike Afrika gemigreer het.

Wat verrassend is, is dat net die Khoisan dit tot vandag “gemaak het” as ’n unieke groep.

Spencer het gesê die eerste groepe moderne mense het net uit ’n paar honderd bestaan, wat nou en dan dalk met mekaar gemeng het, maar grootliks afsonderlik geleef het. Daar is min genetiese vloei tussen hulle. Dit het eers sowat 40 000 jaar gelede verander.

Die mense wat die, in wetenskaplike taal, Bantoe-tale gepraat het en van die Niger-Kongo-gebied afkomstig is, het sowat 5 000 jaar gelede suidwaarts gemigreer.

Volgens prof. Saharon Rosset van die Tel Aviv-universiteit wat aan die studie deelgeneem het, was massiewe droogtes dalk die rede dat mense binne Afrika van mekaar weggetrek en in klein groepies gebly het.

Prof. Himla Soodyall, direkteur van die Eenheid vir Menslike Genomiese Diversiteit en Siektenavorsing aan die Universiteit van die Witwatersrand se afdeling vir menslike genetika, het aan Die Burger gesê die navorsing stuur weer ’n kragtige boodskap uit. “Die inheemse bevolking van Suidelike Afrika dra in hul genome die geheime om die mensdom se reis te ontsluit.”

Sy het gesê die Khoisan se haplogroep (L0d), ’n genetiese stamboomtak, is later in ander bevolkings opgeneem deur genetiese vloei ná historiese interaksie tussen groepe.

Die werk het ook weer bewys elke lewende mens deel ’n gemeenskaplike voorsaat afkomstig uit Afrika: ’n vrou, wie se genetiese stamboom hoogs suksesvol was, wat sowat 200 000 jaar gelede leef het. Sy was nie die enigste vrou nie, daar was ander saam met haar.

mDNS

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |