Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 19º / 28º | Worcester 16º / 34º | George 16º / 29º | Port Elizabeth 19º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Nuus
ANC wen dalk in 2009 in W-Kaap
17/04/2008 10:41:29 PM - (SA)

KAAPSTAD. – Tendense in die Wes-Kaapse bevolkingsgroei wat die demografie van die kiesersrol verander, suggereer dat die ANC die 2009-provinsiale verkiesing kan wen.

Só skryf mnr. Jonathan Faull, navorser by die Instituut vir Demokrasie in Suid-Afrika (Idasa), in die nuutste uitgawe van die tydskrif Focus wat deur die Helen Suzman-Stigting gepubliseer word.

Volgens Faull dui syfers van Statistieke Suid-Afrika (SSA) daarop dat in die tydperk 2001 tot 2006, die Wes-Kaapse bevolking met 16,7% gegroei het – meer as dubbel die nasionale gemiddelde van 8,2% en hoër as enige ander provinsie.

Syfers van SSA dui ook daarop dat die Wes-Kaap, naas Gauteng, oor dieselfde tydperk die tweede hoogste proporsie interprovinsiale immigrante (36 1476) ontvang het. Die helfte hiervan het uit die Oos-Kaap gekom.

“Die tendense in die bevolkingsgroei verander noodwendig die demografiese aard van die Wes-Kaapse kiesersrol.”

Faull skryf dat die provinsiale bevolking met 14,3% oor die tydperk 1996 tot 2001 gegroei het – die swart bevolking het met 46% gegroei, die bruin bevolking met 13,6% en die wit bevolking met 1,38%.

“Gegewe die ANC se amperse monopolie op swart stemme in die provinsie, is dit ’n goeie teken vir die regerende party en plaas dit die kollig op die glasplafon van die DA-projek as hy voortgaan om staat te maak op die minderheidstemme in die provinsie en só skitterend misluk om vordering te maak onder die swart kiesers.”

Die uitdaging vir die ANC oor die komende 15 maande, is om die provinsiale kongres wat vir Junie geskeduleer is, met min rugstekery te benader en om lede op voetsoolvlak en die alliansie te verenig.

“Dit is onwaarskynlik, maar as die opposisie-opkoms voortgaan om soos in die 1999- en 2004-verkiesings te stagneer en die swart opkoms bly konstant, suggereer die demografiese veranderinge dat die ANC die verkiesing redelik maklik behoort te wen.”

Volgens Faull suggereer vorige verkiesings dat die massabasis van die ANC in algemene verkiesings baie min omgee vir die kleinlikheid van hul provinsiale politiek. Hulle daag op by die stembus ten spyte van skermutselings by die provin­siale hoofkwartier, wat ’n goeie teken is vir die ANC.

Die uitdaging is drievoudig vir die DA – verenig die opposisie, verhoog die opkoms van kiesers vir minderheidspartye en wen swart stemme.

“Die DA sal sy veldtog spesifiek teen die OD moet voer en teen ander opposisiepartye – sonder om die moontlikheid vir onderhandeling van ’n koalisieregering as daar geen volstrekte meerderheid is nie – te ontken.” Die sleuteluitdaging vir die DA is om swart stemme by die ANC te wen.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |