Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 19º / 28º | Worcester 16º / 34º | George 16º / 29º | Port Elizabeth 19º / 27º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Die Mazda2, Suid-Afrika se Motor van die JaarFoto: TONY ALVEZ
Die Mazda2, Suid-Afrika se Motor van die Jaar   Foto: TONY ALVEZ
Nuus
Mazda2 is motor van 2008
19/03/2008 08:05:45 PM - (SA)

JOHANNESBURG. – Die motor-van-die-jaar-trofee vir 2008 pronk vanjaar in Mazda se kas.

Mazda se Mazda2-model is gister op ’n deftige geleentheid by die ­Theatre on the Track in Kyalami as die Suid-Afrikaanse motor van die jaar aangewys. Deur te wen, het die klein Mazda2 agt ander finaliste uitgestof, waaronder die Mazda5.

Die spesifieke model wat aan die kompetisie deelgeneem, en gewen het, is die Mazda2 1,5 Individual.

Dit is vanjaar die 23ste jaar wat dié kompetisie deur die Suid-Afrikaanse Gilde vir Motorjoernaliste en Wesbank aangebied word.

Mazda het vanjaar die trofee vir die eerste keer gewen, maar die Ford Motormaatskappy (Mazda se moedermaatskappy) het dit al twee vorige kere – met ’n Ford Fiesta en ’n Volvo S40 – gewen.

Die Motor van die Jaar word elke jaar uit ’n kortlys van finaliste gekies. Die finaliste self word deur die gilde gekies uit alle nuwe motors wat in die 12 maande voor ’n spesifieke afsnytyd bekend gestel is. Vanjaar was daar meer as 220 afsonderlike modelle waaruit die finaliste gekies kon word.

Die Suid-Afrikaanse motor-van-die-jaar-kompetisie verskil wesenlik van soortgelyke kompetisies in ander wêrelddele, aangesien elke finalis deeglik deur gildelede getoets word. Die toetse sluit in dinamiese toetse, ’n vergelyking met die voertuig se mededingers (en nie ander finaliste nie) en statiese toetse waar gebruikersvriendelikheid en gehalte getoets word.

Die toetse is vanjaar by Gerotek, buite Pretoria, gedoen.

Mazda neem die trofee oor van die Honda Civic 1,8 VXi wat verlede jaar gewen het.

Die ander finaliste vanjaar was die Mazda5 2,0 Active, Nissan Qashqai 2,0 Acenta, Fiat Bravo 1,4 T-Jet Sport, Toyota Corolla 1,8 Exclusive, Honda CR-V 2,2 I-CDTI, Land Rover Freelander 2,2 HSE, Mercedes-Benz C220 CDI Elegance en Lexus LS460.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
84 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |