Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
’n Student word deur die polisie se onluste-eenheid in hegtenis geneem tydens die optog op die Kovsie-kampus oor die gewraakte “integrasie”-video wat deur wit studente gemaak is.Foto’s: EMILE HENDRICKS
’n Student word deur die polisie se onluste-eenheid in hegtenis geneem tydens die optog op die Kovsie-kampus oor die gewraakte “integrasie”-video wat deur wit studente gemaak is.   Foto’s: EMILE HENDRICKS
Nuus
‘Dit was toneelspel’
28/02/2008 08:47:24 PM - (SA)

BLOEMFONTEIN. – Dit was “blote toneelspel”.

Dít is die verweer wat twee van die vier studente wat betrokke is by die opspraakwekkende video wat ’n rassebom op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) laat ontplof het, gister in ’n prokureursbrief aangebied het.

Skokgolwe het gister deur die land getrek oor die video wat studente van die Reitz-kamerwonings vir mans opgeneem het en waarin vyf skoonmakers in dié koshuis “ingelyf” word. Daar word gesien hoe die skoonmakers ’n brousel drink waarin die studente sonder hul medewete geürineer het.

Die prokureursbrief is gistermiddag by die kantoor van die rektor van die UV afgelewer.

Die universiteit het intussen opdrag gegee dat sy regsverteenwoordigers strafregtelike klagte teen die vier studente aanhangig maak.

Die twee studente wat nog op die UV studeer en wat die kampus verbied is hangende moontlike dissiplinêre optrede, ontken in die brief enige strafregtelike optrede.

In die brief dreig die studente met klagte oor kwaadwillige vervolging as hulle strafregtelik aangekla sou word.

Mnre. RC Malherbe en Schalk van der Merwe sê as ’n toneel, of tonele in die video, die indruk wek van misdadigheid, wil hulle dit duidelik maak dat dit “blote toneelspel” was.

Hulle wil ook so gou as moontlik ’n klagstaat oor die dissiplinêre klagtes teen hulle hê.

Prof. Frederick Fourie, die rektor, het gister die betrokke werkers persoonlik om verskoning gevra.

Gister was die gedeelde sentiment van verskeie swart studente in ’n optog by die UV dat dit nou “oorlog is” tussen swart en wit studente op die kampus, berig Henry Cloete.

Honderde studente en lede van Nehawu en die UVpersu-vakbond het aan die optog deelgeneem, met die werknemers wat in die video gesien word, vooraan.

“Dit is nou oorlog tussen die wittes en die swartes. Sedert ek hier begin studeer het, was ek nog altyd bang en het gevoel daar is onderdrukking,” het een van di swart studente in die optog gesê.

Die optog het by die hoofgebou geëindig waar die Vrystaatse premier, me. Bea­trice Marshoff, die skare toegespreek en haar walging oor die inhoud van die gewraakte video uitgespreek het.

“Dit is onaanvaarbaar. As die universiteit nie optree nie, sal die regering!”

Sy het ’n omvattende ondersoek deur die Menseregtekommissie na rassisme op dié kampus geëis. Dit moet openbare verhore insluit.

Pandemonium het kort ná die optog uitgebreek en die polisie se onluste-eenheid het hul hande vol gehad toe studente in groepe verdeel en oor die kampus versprei het om ander op te sweep.

Vyf studente uit ’n groot groep wat by die Reitz-koshuis bymekaargekom, betoog en klippe gegooi het, is in hegtenis geneem. Verskeie groepe betogende studente is daar en elders op kampus met die skiet van skokgranate uitmekaar gejaag.

Klasse is gistermiddag vroeg vir die res van die dag opgeskort. Betogende studente het verskeie akademiese lokale binnegestorm en ander studente opgesweep.

Wit studente het hulle oor die algemeen skaars gehou op die kampus. Die Reitz-studente het hul koshuis met meubels afgesper. Verskeie ander studente wat in koshuise woon, het hulself in hul koshuise toegesluit “uit vrees vir ons lewe”.

Wit studente is luidens ’n verklaring van die primaria van een van die tradisioneel wit koshuise gedreig en aangerand.

“Twee dameskoshuise se studente is gedreig met verkragting en dat hul koshuise met petrolbomme bestook gaan word.”

Doodsdreigemente en dreigemente dat wit studente van die kampus moet wegkom, is glo ook op wit studente geskree.

Baie studente is glo ook uit klasse gejaag en daar is op hulle geskree en gevloek.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |