Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  NUUS  

  OOS-KAAP  

  SUID-KAAP  

  BUITELAND  

  KAMPVEGTER  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Foto:
   Foto: Mnr. Cornelius van Rensburg
Nuus
Maties in party-visier
25/02/2008 09:57:46 PM - (SA)

ORANIA. – Die Vryheidsfront Plus het ’n veldtog begin om deur aktivisme oor kwessies soos regstellende aksie en die taalstryd die studenteraad (SR) van die Universiteit Stellenbosch te probeer oorneem.

Noudat die party reeds die meerderheid stemme behaal het in SR-verkiesings by Tukkies, Kovsies en die Tshwane Universiteit van Tegnologie in Pretoria, skuif die visier verder suid.

Anders as bogenoemde drie kampusse, wat tans dikwels deur rasverdelen­de onluste ontwrig word, is die SR-verkiesings op die Matie-kampus tans nie partypolities van aard nie.

Die verpolitisering van die Stellenbosch-kampus is egter op hande, blyk uit verskeie gesprekke wat afgevaardigdes by die VF+ se nasionale jeugkongres op Orania die naweek met Die Burger gevoer het.

Die taktiek waarvolgens die VF+ beplan om sy mag in die Boland te vestig, het op die afgelope naweek se VF+-jeugkonferensie op Orania rugbaar geword.

Dit sal nie met die volkstaat­beleid, wat steeds sentraal tot die VF+ staan, wees dat Maties oorgehaal sal word nie.

Die tipe Afrikaner-volksgebaseerde aktivisme wat so goed in die res van die land gewerk het, is nou Stellenbosch se voorland.

Uit mededelings die afgelope naweek op Orania blyk dit dat een van die VF+ se voorste jong organiseerders, mnr. James Kemp, reeds uit Pretoria in die parlementêre kantoor ontplooi is, en dat hy sukses by Maties as een van sy voorste prioriteite beskou.

Hulle weet dit kan ’n lang, opdraande stryd wees, maar hulle sê Maties kan eersdaags al die nuwe “aktivisme” voel.

Enkele Maties was selfs die ­naweek by Orania teenwoordig, waar hulle gasvry onthaal is, na die rock-groep Klopjag geluister het en Saterdagmiddag drie mosies aanvaar het wat op “vryheid” (vir die Afrikaner) gefokus is.

Sommige afgevaardigdes was openlik uitgesproke teen Adam Tas, die nierassige studentevereniging wat hom vir die belange van Afrikaans op die kampus be­ywer.

Die kongres, wat deur sowat honderd jeug-afgevaardigdes bygewoon is, is Saterdagoggend deur dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, geopen met ’n vraag-en-antwoordsessie waarin onder meer verskille en ooreenkomste met die DA ter sprake gekom het.

Mulder het ook uitgewei oor die noodsaaklikheid dat opposisiekiesers hulle vir aanstaande jaar se algemene verkiesing re­gistreer, want elke opposisiekieser wat wegbly, gee sy stem proporsioneel aan die ANC.

Mnr. Cornelius van Rensburg, landwye jeugleier van die VF+, het in sy toespraak uitgevaar teen die regering en die huidige politieke bedeling. Hy meen Afrikaners was die land se eerste vryheidsvegters.

Hy het aangevoer die Afrikaner is tans magteloos teen die regering. “Hoe vry is ek as ek geen vooruitsigte vir werk in Suid-Afrika het nie omdat ek wit is? Hoe vry is ek as ek weens velkleur nie toelating tot mediese studies kan kry nie, maar swart studente met gemiddeldes onder 60% word toegelaat? Hoe vry is ek as regeringsbeleid bepaal saam met wie ek in ’n koshuis kan bly?”

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |