|
|||||||||||
|
Nuus
Helikopter-soektog na vermeende skieter
15/01/2008 02:53:54 PM - (SA)
Die jong man wat glo vier mense in Swartruggens doodgeskiet het se pa is Dinsdag in hegtenis geneem.
Selfs ’n helikopter is Dinsdag ingespan in die soektog na sy seun.
“Die seun is tussen 18 en 20 jaar oud en het glo sy pa se geweer in die skietvoorval gebruik,” het supt. Louis Jacobs gesê.
Die jong man het glo tussen 3:00 en 4:00 na die informele nedersetting, Skielik, waar hy na bewering uit die bloute op mense losgebrand het.
“Hy was klaarblyklik gewapen en het skielik begin skiet. Drie mense is aanvanklik doodgeskiet,” het Jacobs gesê.
’n 30-jarige man, ’n 13-jarige seun en ’n baba van drie maande is doodgeskiet. Nege ander mense is gewond. Een van die gewonde mense is intussen in die hospitaal dood.
Volgens radioberigte was dit ’n rassevoorval, maar Jacobs het gesê die motief vir die voorval is nog nie bekend nie.
Daar is aanvanklik gemeen dat twee mans by die voorval betrokke was.
Tussen 600 en 700 mense het die pad na die dorp versper ná die voorval. Geen voorvalle van geweld het plaasgevind nie en die groep het uiteen gegaan na middagete.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |