|
|||||||||||
|
| VIND: |
![]() Die Solms-Delta-wynlandgoed het verlede jaar hul eerste oesfees gehou. Ernest en Monica Venter van Plumstead dans met die plaaswerkers van Solms-Delta.Foto: LEANNE STANDER
Video
Solms-Delta hou weer oesfees
Dit is tyd om fees te vier in die tipiese styl van die Kaapse wynlande. Die tweede jaarlikse Franschhoek Oesfees wat op Saterdag, 4 April 2009, gehou word, beloof om ’n fees van tradisionele Kaapse musiek en kos te wees, ewe veel so vir besoekende wynliefhebbers, musiekliefhebbers en plaaswerkers.
Van die kunstenaars wat sal optree, is: Hotep Galeta, Ollie Viljoen, Robbie Jansen, Philip de Villiers en die Blinde Boere Orkes, Valiant Swart en sy protégée, George Snyman van Malgas, Hannes Coetzee, bekend vir sy teelepel-in-die-mond-glytegniek, die Gramadoelas, Jakobus Cloete van Namakwaland saam met die bekroonde Bitterfontein Rieldansers en House of David (die gesinsorkes van Shasha-Lee Davids, een van die Top Tien Idols-finaliste).
’n Ware tuisgeur sal by die program gevoeg word deur die Delta Optel Band en die Delta Blaasorkes, wie se lede almal op die Solms-Delta-landgoed werk. Nog ’n plaaslike gunsteling is die Papier Langarm Orkes, wat Bolanders al vir baie jare vermaak.
Waterblommetjiebredie, afvalpotjie, hoenderbrijani, ouma-onder-die-kombers en bobotie is maar ’n paar van die tradisionele Kaapse kosse wat op die dag bedien sal word.
Die tweede jaarlikse Franschhoek Oesfees sal in volle gang wees van 13h00–21h00 op die Solms-Delta-wynlandgoed, Deltapad, uit die R45 naby Franschhoek (minder as ’n uur se ry uit Kaapstad). Kaartjies kos R150 per persoon en sluit twee glase wyn en ’n stewige tradisionele maaltyd in. Kom en geniet die party! Kaartjies is by Computicket beskikbaar.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |