|
|||||||||||
|
| VIND: |
![]() Een van die maskers wat die tromspeler van die Amerikaanse heavy metal-groep Slipknot, Shawn Crahan, dra. Die besete leerling wat mense by sy skool met ‘n swaard aangeval het, het ‘n soortgelyke swart en bruin masker gedra tydens sy bisarre optrede. Foto: www.wikipedia.org
Video
Satan beveel glo swaardmoord
’n Gemaskerde matriekseun het Maandagoggend met ’n swaard by sy hoërskool in Krugersdorp opgedaag, ’n mede-leerling doodgesteek en drie mense ernstig beseer.
Die eerste slagoffer van die seun, wat glo onder ’n Satanistiese invloed is, is Jacques Pretorius, ’n graad 9-leerling. Sy hoofslagaar in sy nek is raakgesteek en hy is voor ’n klaskamer dood.
Die aanvaller, wat ’n masker opgehad het soos dié wat die Amerikaanse heavy metal-groep Slipknot dra, het nog ’n leerling in die agterkop gesteek en twee tuinwerkers beseer.
Die voorval het omstreeks 07:30 Maandagoggend begin toe die gemaskerde leerling by die Nic Diedericks- tegniese skool aangekom het.
Hy het glo aan mede-leerlinge gesê Satan het beveel dat hy drie leerlinge voor die einde van die dag moet doodmaak, anders sal hy doodgemaak word. Volgens News24 het ooggetuies gesê dit wou voorkom asof die seun onder die invloed van dwelms was.
Nadat die kind die vier mense aangeval het, het hy die swaard glo in die aantreeblok neergepen en gaan sit. Die skoolhoof het gevra dat hy die masker afhaal. Sy gesig was met skoenpolitoer swart gesmeer.
“Wat het nou net gebeur?” het hy glo gevra.
Die skoolhoof het hom meegedeel dat hy pas ‘n mens doodgemaak het.
In die hoof se kantoor het sy kop glo weer “uitgehaak”. Hy het na bewering onder meer ’n onderwyser met die dood gedreig en aan ’n klasmaat beduie dat dié seun volgende in die ry van slagoffers is.
Daar is ná die bisarre voorval ‘n handgranaat op die skoolgrond gevind. Van die leerlinge beweer die kind bou “al maande lank bomme”.
Die leerling en ’n maat het glo verlede week ook met maskers by die skool opgedaag.
Die skool is gesluit en die leerlinge is tot verdere kennisgewing huistoe gestuur.
Die leering is deur die polisie weggevat.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |