Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 18º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 22º / 32º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  MULTIMEDIA  

  VIDEO  

  FOTOGALERYE  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Video
Skriknag vir Maties
10/03/2008 04:47:31 PM - (SA)   

STELLENBOSCH. – Die hardhandige optrede van die polisie in dwelmklopjagte in drie kuierplekke hier kan ’n draai in die hof maak nadat verskeie partytjiegangers klagte teen die polisie ingedien het.

Die klopjagte het vroeg Saterdagoggend in die Mystic Boer, Bohemia en die Springbok Pub plaasgevind. Volgens die polisie is dwelms in die drie plekke gevind.

Met die bestorming van die plekke is pepersproei op studente gespuit, skote op studente gevuur en is vroulike partytjiegangers glo deur manlike polisielede deursoek.

Twee internasionale deelnemers aan die pas afgelope Woordfees se skrywersgala het ook in die polisieklopjag deurgeloop. Polisie-optrede is deur die Woordfees betreur, met vrese vir internasionale gevolge.

Kapt. Elliot Sinyangana, polisiewoordvoerder, het gesê die chaos omstreeks 01:00 Saterdagoggend was ’n dwelmklopjag wat ses stukkies hasjisj, 150 g dagga en ’n onbekende hoeveelheid kokaïen opgelewer het.

Hy het gesê niemand is in hegtenis geneem nie omdat die dwelms wat gevind is, in die klubs agtergelaat is. Hy het bygevoeg klagtes oor polisie­gedrag sal deeglik ondersoek word.

’n Digter uit Vlaandere, Dirk van Bastelaere, en ’n Nederlandse skrywer, Tommy Wieringa, is deur die polisie op die grond gegooi toe hulle in Bohemia was, het prof. Dorothea van Zyl, feesdirekteur, gesê.

Sy was in aanraking met die polisie en die saak word ondersoek.

“Die Woordfees betreur die manier waarop oorsese gaste behandel is en hoop nie daar is reperkussies in die buiteland nie.”

Die polisie het studente beveel om selfoon-beeldmateriaal van die klopjagte te vernietig en volgens van die mense is hul selfone gebreek. Beeldmateriaal wat op www.dieburger. com te siene is, wys egter wat gebeur het.

Video-opnames van kringtelevisiekameras in twee gewilde kuierplekke toon die polisie wat met vuurwapens instorm en sowel manlike as vroulike studente rondstamp sonder dat hulle weerstand bied.

Dit wys ook hoe die polisie pepersproei in studente se gesigte sproei terwyl hulle op die grond sit.

“Jy kan nie my vagina deursoek nie!” het ’n ontstelde vrouestudent volgens ’n kroegman in Bohemia uitgeroep en aangevoer sy word onbetaamlik deur polisielede betas.

Asmalyers en diabete het vertel hoe hulle deur die polisie verhinder is om mediese behandeling te kry.

Mnr. Jan Oberholzer, ’n mede-eienaar van Bohemia, het gesê daar is sedert die klopjag gate in die plafon van sy onderneming – “wat klaarblyklik koeëlgate is”. Op die video-beeldmateriaal is dit duidelik hoe skote afgevuur word terwyl die polisie instorm.

Sinyangana hou vol dat dit onwaar is dat skote afgevuur is.

Ooggetuies het vertel die polisie het deurgaans vuurwapens, met inbegrip van haelgewere en handwapens, by hulle gehad en dit gebruik om studente te dreig, te stamp en selfs te slaan.

Hoewel die polisie later gesê het die wapens was nie gelaai nie, is ’n patroon buite Springbok Pub van die straat verwyder nadat ’n polisieman sy wapen oorgehaal en die patroon uitgeglip het.

Mnr. Willem Coertzen, eienaar van Mystic Boer, wat vasgeboei en in die gesig en met ’n vuurwapen gestamp is, het gesê die polisie het verlede jaar dieselfde soort dinge gedoen en daarmee weggekom. “Die verskil is dat ons hierdie keer videobewyse het.”

“Drie vriende het huilend uit Spring­boks gehardloop, want hulle is onvanpas deursoek,” het me. Erika Scott, ’n vierdejaar-dramastudent, vertel.

’n Regstudent, me. Gillian Armstrong, is volgens haar geslaan, met pepersproei bespuit en op die grond neergegooi. Ooggetuies het vertel hoe ’n vrouestudent deur ’n polisielid geslaan is oor sy “in die pad was”.

’n Geskokte vrou, wat haarself net as Adel wou identifiseer, het vertel hoe sy verskeie kere deur ’n polisie­beampte geslaan en geklap is.

Ooggetuies het vertel hoe ’n vrou aan haar hare oor die straat getrek is.

Nadat die polisie besef het dat foto’s en op selfone vasgelê is, het hulle probeer om al die studente te dwing om die getuienis te vernietig deur hulle met aanhouding te dreig.

Kommentaar


3/10/2008 8:34:29 AM
Ek kan my blerrie oë nie glo nie!!!
-Student


skriknag maties 3/10/2008 9:10:02 AM
Dit is reg dat Polisie daar klopjagte hou studente is nie bo die reg verhewe nie. Lees Sondag se berig waar studente dames kaal in die strate hardloop en studente drink hulself tot stilstand naweke.
-s lander


swak polisie op die bos 3/10/2008 9:10:23 AM
Ek is so geskok oor die beeldmateriaal!!! wat egter vir my nog meer ontstel is as ons hulle nodig het om ons te help hetsy met 'n verkragting saak of motordiefstal dat hulle glad nie dieselfde entoesiasme het nie soos gesien hoe hulle met alle geweld-letterlik bedoel- die rustige studente rondpluk en deursoek!!!
-student123


3/10/2008 9:14:34 AM
Ek is sprakeloos. Wat 'n misbruik van mag.
-BB


POLISIEOPTREDE 3/10/2008 9:15:47 AM
Dit is 'n hartseer dag wanneer 'n land se sogenaamde vredebewakers ontaard in gewetenlose,lafhartige en onbeskofte booswigte. Watter "man" sal 'n vrou so rondruk en stamp. Dis tyd dat die polisiediens skoongemaak word en daar ontslae geraak word van daardie tipe.
-Namib


3/10/2008 9:17:35 AM

-


skriknag maties 3/10/2008 9:19:53 AM
Hierdie s lander persoon hier bo kan sekerlik nie twee breinselle he om teen mekaar te vryf nie. wat in stellenbosch gebeur het, is die grofste soort menseregteskending, en boonop uiters onnosele polisie'werk'. indien koppe nie vinnig rol nie, moet studente en almal wat hieroor iets voel op groot skaal protes aanteken, in watter forum ook al die meeste geraas sal maak. hier is slange, dames en here, in die 150g gras wat hulle (hosanna!) gevind het.
-oudstudent


MATIES 3/10/2008 9:22:13 AM
As dit nie rassistiese optrede is nie, dan is studentepret by Vrystaat seker, of hoe? Hoe lank gaan ons dit nog verduur? Dis nou hoog tyd dat al hierde gemors stop. Plaas die polisie hulle met hulle pligte besig hou en misdaad bekamp, nou vind hulle behae daarin om studente rond te stamp. Die polisie wat die dames onbetaamlik betas het moet summier geskors word. Wat se beeld skep ons polisie en land in die algemeen in die biuteland? Zimbabwe hier kom ons! Ons is nou gatvol! Ons land is in chaos!
-RASSIS


Skriknag vir Maties 3/10/2008 9:25:20 AM
Hoe kan polisie ontken geen skote is afgefuur,as jy duidelik op die videogreep,kan sien hoe skote afgefuur word.Die hele veltog het hulle niks in sak gebring nie,behalwe n slegte naam.Hoop daai polisieman wat daai dames student rond gestamp het,word vasgetrek,dis n skande dat die SAPD sulke gedrag openbaar.
-Nelius


Diskrimminasie 3/10/2008 9:25:57 AM
Dwelmklopjagte op studente is niks anders as diskrimminasie nie. Waar dink die polisie kry enige student op Stellenbosch sy dwelms - van hul bure in Kayamandi. Wanneer laas is daar klopjagte gehou? Hoekom arresteer hulle nie die "parkeerwagte" wat dwelms aan mense afsmeer selfs al stel jy nie belang nie?
-London


Belaglik 3/10/2008 9:27:10 AM
Die polisie in Stellenbosch voel meestal niks vir studente of enigiemand wat dink hulle weet meer as hulle nie. In my eerstejaar is daar by my kar ingebreek; hulle was onsettend laks om 'n saak te maak. Hulle het my selfs oortuig om dit eerder maar te los.
-Johan Swarts


Swak!! 3/10/2008 9:31:39 AM
Tipies...Plaas dat hulle verkragters en moordenaars gaan rondruk. Wonder wat die polisiehoof se verskoning gaan wees???
-Piet


3/10/2008 9:34:16 AM
Daai polisie"man" wat die meisie so mace en rondgooi moet kaal deur die strate gesleep word. S lander, jy is verseker nie reg in die kop nie.
-whatsnew


3/10/2008 9:34:37 AM
Bravo!! As jy onnosel is, is dit moeilik om weg te steek. Jy hoef nie dit in 'n klub vol mense te gaan bewys op 'n Vrydagaand nie, ry sommer in 'n wit bakkie rond met 'n blou lig op. Almal sal weet wat jy probeer sê! Al doel wat hulle nog dien is om 'n MAS nommer uit te reik sodat jy van die versekering kan eis.
-Stellenboscher


swak polisie 3/10/2008 9:36:02 AM
ek kyk regtig met ongeloof na die video's en lees die ooggetuies, wat het van polisiering in Suid-Afrika, en meer spesifiek in Stellenbosch, geword? is dit die "eerbare dieners van die gereg" op wie ons alles moet toe vertrou? dis 'n skande. is die polisie in Suid-Afrika verhewe bo die wet? aan wie moet hulle verslag doen? as 'n derdejaar student op Stellenbosch kan ek met eer getuig dat dit die soveelste storie is wat van die SAPD in die rondte is. wat gaan aan? ek dink hulle kyk te veel flieks...
-student1234


SKANDALIG! 3/10/2008 9:39:08 AM
Dis nie my natuur nie en word ook nie toegelaat nie....maar dis om van te vloek!!!!! Hoe word hierdie gedrag regverdig? Wat gaan ons doen?
-Abraxis


skokkend! 3/10/2008 9:49:59 AM
Dis totale malligheid! Ek was self daar toe die polisie by Bohemia inkom, daar was op almal geskree en gevloek, en toe my foon deur een van die beamptes gegryp word en ek vra hoe ek dit moet terugkry was daar bloot sarkasties gesê "Just shut up and make a plan" Minute later by Springbok het dieselfde gebeur, en as jy my vra is daar geensins streng kontrole toegepas nie. Nadat almal op die vloer neergegooi is, het hulle die dames rofweg opgeruk en gesê "kom hier weg". Watse tipe "klopjag" is dit waar daar dan nie eers behoorlik deursoek word nie? Net n slegte verskoning om hulle andersins saai bestaan op te kikker...
-


Staan saam as wit studente 3/10/2008 9:54:44 AM
Ek is spraakloos...kan nie glo wat ek gesien het nie! Ek hoop elkeen van dai gemors kom uit in die strate laat ons hulle bietjie kan rondpluk en slaan vir geen rede nie! Dis belaglik!! Ek hoop ons studente staan die keer n slag saam en optog in die strate want as die ander dit altyd kan doen sodra hulle net iets vuil ruik in die lug kan ons dit seker ook maar doen!
-GATVOL


Studente-vandale 3/10/2008 9:58:14 AM
Mooi so!! Ondersoek ook die verdwyning van padborde,naamborde,plantpotte,tuinbanke,plante,blomme ens. Privaat persele word ook onregmatig betree en verniel/beskadig. Dit alles onder die vaandel van studentepret!!!
-Gatvol


SWAK 3/10/2008 9:59:07 AM
Hoe op aarde kan enige iemand vertroue he in ons polisie???
Dis nie die eerste keer dat mag in Stellenbosch misbruik word nie.
Ek hoop hulle kry wat hul verdien.
In 'n ander geval kom ondersoek hulle my motor na 'n inbraak, neem vingerafdrukke en bel my dan twee dae later om te hoor of ek nie dalk die dokumente iewers voor my woning sien le het nie, hulle het dit verloor! Hoe plaas mens jou vertroue in sulke gedrag?
-Boschbewoner


Raids 3/10/2008 10:00:09 AM
Ag toe nou ophou klae van die polisie dus ok as hulle plekke in Khayamandi raid daardie mense rondpluk maar as dit gedoen word in matie land moet dit gedoen word met kid gloves.Hoe se jy vir n skare gesypte mense dat jy doen n klopjag en verwag hulle gaan mooi saamwerk nog nooit gesien nie, nie in matieland nie hier is ons baas.Studente skrik wakker om ons gebruik mense die drugs en dit vernietig ons studente of is ek al een weet weet van die drug probleem op kampus. Ouers gee die polisie die samewerking en moet nie jul engeltjies goed praat nie,wat soek hulle in n plek waar drugs seevier.En vir die eienaars julle is min gepla oor die studente julle is bekommerd oor die geld wat verlore gegaan het sies skaam julle om stories op te maak wat die polisie in n swak lig plaas.
-student 12345


waar is die dwelms nou ? 3/10/2008 10:01:12 AM
Polisie he kwansuis dwelms by drie verskillende plekke gevind. Waar is die dwelms dan nou? Outjies in julle mags posisies julle moet dalk maar bietjie minder drugs begin vreet wnt dan sal julle optrede dalk verbeter. Julle weet die goed maak mens aggresief ma my wereld. Julle optrede regverdig nie die feit dat julle `n klomp junkees is nie.
-hartseer


Polisie optrede 3/10/2008 10:01:19 AM
Ek is skaam om te erken dat ek 'n jaar terug 'n offisier in die eens trotse SAP was - genadiglik is dit nie meer die geval nie - Daar sal geen optrede teen die lede wees nie, want dit is nie die regte groep mense wie se regte aangetas is nie.
-excop


swak poliesie optrede 3/10/2008 10:07:27 AM
eerstens moet die poliesie hoof van stellenbosch geskors word. die optrede het onder sy bevel plaasgevind. die hele span polisie lede op die aand moet ook geskors word. dan moet al wat n persoon is wat daar was moet die minister van poliesie dagvaar. hulle is nie die job werd nie.SKANDE SKANDE SWAK POLIESIERING
-harry


s - lander 3/10/2008 10:08:42 AM
Jy het seker vergeet jy was ook n kind ne?
Dis jou tipe wat dit toelaat dat mans vroumense rondklap.
Het iemand nou die polisie gebel vir n ander misdaad soos inbraak of diefstal vat hulle eenvoudig hulle tyd en vee hul hul gat af aan ons waneer ons hulle nodig het, maar hulle het tyd vir sulke k#k om studente te ontwrig waar hulle ontspan na n harde dag se studies.Ek dink die polisie diens is pateties.Ja, ek is teen dwelms, maar om jou mag as polisie lid so te misbruik is net pateties.

Ek hoop die geraakte studente en eienaars van die kuierplekke gaan regaksie neem?

Sterkte studente van die bos!

Ek staan agter julle!
So gaan hulle ons nie vereneweer nie!
-Christo


police brutality 3/10/2008 10:15:09 AM
Police brutality MOET ons beveg. Dis ontoelaatbaar dat overheidsdienste so met die burger omgaan nie. Die enigste pad is naar die hof en aanklagte maak op basis van die beeldmateriaal, fotoe en videobeelde. Vir almal wens ik krag en doorsettingsvermoe in die kamp vir een regverdige samenlewing. Saam kan jul sterk wees, laat jou nimmer verdeel deur intimidasie nie.

-piet


Wet en orde 'n klug 3/10/2008 10:18:10 AM
As oud student herrinner dit aan 'n soortgelyke situasie by Potch 1987 waar blanke polisiemanne studente aangehou het en 'n groep van hulle 'n student met die vuis geslaan het en hulle hond hom laat byt het agter in die binneplaas van die polisiestasie. Ons probleem in SA is die salarisse wat die polisie kry lok ongelukkig die verkeerde mense met die gevolg dat nie net sulke magsmisbruik plaasvind nie maar ook uiters oneefektiewe wetstoepassing (kyk na laas Donderdag se Burger berig wat Milnerton verkeershoof aan 'n vrou en haar kinders gedoen het op die N1). Die skerpioene is 'n goeie bewys wat die regte perspoon vir die taak kan verrig. As die dienaars van die gereg hulle eie eed "To serve and to protect" ignoreer dink ek ons is een verkiesing weg van Zimbabwe, Kenia, Somalië, Rwanda, Mosambiek ... (ek ek nie al die Afrika lande uit my kop uit nie!)
-Professioneel


polisie raids 3/10/2008 10:18:16 AM
kan iemand asb vir my verduidelik prsies hoe dom en naief jy moet wees om die optrede van die polisie te regverdig, of daarmee saam te stem? ek stem in beignsel saam met WAT hulle gedoen het, maar HOE hulle dit gedoen is totaal en al onaanvaarbaar. is hulle verhewe bo die gereg? kan enige iemand nou 'n n lid van die SAP word, en dan vir die res van sy lewe doen net wat hy wil? dit is walglik. ek hoop die US se Studenteraad wys dat hulle hul sout werd is, en tree op hierteen.
-skaam om n suid-afrikaner te wees


3/10/2008 10:18:49 AM
aan student12345 wil ek net sê: 'shame', jy mis die punt ou perd. Al wat onregverdig is omtrent die berig is die feit dat enige plek in ons land swig onder so klopjag sonder om die voorblad te haal. Ek was toevallig daar die aand en ek moes toekyk hoe 'n vroue student teen 'n muur vasgedruk word(deur 'n manlike polisiebeampte) en daar summier, hardhandig aan haar privaatdele gevat word, dit terwyl die meeste van die mans studente glad nie eers ondersoek is nie. Oor die dwelm kwessie: Maak oop jou oë, dis alreeds oral, en die wat nie onwettig is nie kou jy elke week oor die apteek se toonbank. Die eintlike vraag is wat gaan jy mnr. student12345 doen die dag as dit jou vrou of meisie is?
-wolraad woltemade


Polisie Optrede 3/10/2008 10:18:52 AM
Uiteindelik, die polisie kom al jare in Stellenbosch weg met te veel. Almal weet dit! Ek kan nie se ek is bly dat dit gebeur het met feesgangers en studente nie, maar die goeie ding is dat hulle op kamera betrap is. Nou hoop ons net iemand sal vir 'n slag deeglik ondersoek instel. Hoe kan ons hulle respekteer en vertrou onder sulke omstandighede? Julle @#$@ polisie!
-Pshygon


Public Protector 3/10/2008 10:19:00 AM
Ek hoop mense wat voel hulle is on gereg behandel maak 'n klagte by die Public protector
http://www.publicprotector.org/
so dat iets gedoen kan word.
-Francois


SkrikNag 3/10/2008 10:21:46 AM
Is die polisiemag geTIK in die kop. Hulle moet in die Tronk gegooi word!
-Kaapstad Film-maker


Skriknag Maties 3/10/2008 10:21:53 AM
Watse onregverdige optrede word toegepas in ons land vandag? Misbruik van magte en onaanvaarbare gedrag is wat mens dit kan noem. Slegte voorbeeld vir die samelewing en dit veral deur die polisie wat veronderstel is om ons te beskerm en te help? Ons het ook regte wat ons toekom en hierdie gedrag is glad nie hoe mens so situasie hoef te nader nie, opregte polisiepersoneel behoort dit seker te weet of hoe?

Vroumense sommer self deursoek, klappe, skote, mishandeling en wat nog meer waarvan ons nie weet nie...hoe regverdig mens dit? Doen liewers die moeite om die kriminele wat vermis is en in die tronk hoort te soek en so te nader! Regverdigheid moet geskied!
-GC


POLISIE 3/10/2008 10:22:00 AM
Hulle doen nou net aan ons wat aan hulle gedoen was toe dit apartheid was. Hulle kon niks doen nie en nou kan ons niks doen nie. Hulle bly maar almal narre.
-Bokkie


RASSEHAAT TEEN WITTES !! 3/10/2008 10:22:40 AM
Absoluut skokkend !!
Ek is seker daardie dwelms is geplant deur die polisie. Hulle doen dit in elk geval so baie. Hulle plant selfs vuurwapens en neem onskuldige mense (wit) in hegtenis vir onwettige besit van vuurwapens. Hierdie is net nog 'n geval van die rassehaat wat hierdie land teiken. Wanneer gaan mense se oë oopgaan oor wat aan die gang is in hierdie land ?? Kyk hoe word daar aangegaan oor wat gebeur het by UOVS !! Daardie storie is so verwring deur die media en ander "betrokkenis". Wat het van die waarheid geword ?? Onskuldige mense (wit) word in tronke gegooi, verkrag en vermoor. Daar IS 'N VOLKMOORD OP GROOT SKAAL EN NIEMAND DOEN NIKS DAARAAN NIE ! Dan kla hulle oor "INTEGRASIE". Wat 'n grap. Die SA media maak 'n bespotting van homself internasionaal. Die wêreld begin sien wat hier by ons aangaan. Hulle kies ook op hierdie stadium om niks daaraan te doen nie. Die bloed is op hulle hande en op ons media sin !!

-Wit Teiken


student 12345 3/10/2008 10:24:12 AM
Miskien moet hulle liewers die drug dealers gaan soek en die studente alleen los! Ek laat my nie vir een oomblik dink dat student 12345 `n matie is nie, klink vir my meer soos `n kognitief gestremde polisieman! 150g dagga is 2 klein sakkies dagga! in kuierplekke waar daar 500 / 600 studente geraid is, en `n onbekende hoeveelheid "cocain". As hulle dan die dagga geweeg het, was dit te moeilik om die "cocain" ook net vinnig te weeg? Surprise - daar was geen "cocain" nie. In die absolute krisis waarin ons land is, is ek baie seker daar is meer belangrike goed wat aandag verg!!! moord? verkragting? Korrupte politici? Nee, sorry ek het vergeet dat studente groter kriminele as die ander!
-BAIE GATVOL


Wat moet ons doen? 3/10/2008 10:24:19 AM
Hoe kan die SAPD so optree?Is hulle nou heeltemal van hul trollie af?!Dis onskuldige studente en daar is dames ook!Doen hulle dit vir n "kick" of 'n bietjie plesier?Kyk liewer na die moord en al die gangs en onwettige immigrante wat ons land so opneek.Iets moet gedoen word!
-golden boot


skande 3/10/2008 10:32:11 AM
Wat sou gebeur as wit poliesmanne dit doen met 'n groep swart studente ???
-studente pa


Ons land is in sy moer!! 3/10/2008 10:35:15 AM
Tot die SAP is in sy moer!!!Ek kan my nie meer vereenselwig met die land se #@@@#@#@#.Ek waai.
-sout


EMOSIE EN KONFUSIE 3/10/2008 10:45:10 AM
Tussen al die chaos deur is daar een feit waarop almal kan reken.
Kriminele klagte gaan gele word teen individuele polisiemanne. Siviele eise gaan teen teen die Minister van Polisie gebring word. Maak staat daarop.
-BETROKKENE


dis nie so erg nie!!! 3/10/2008 10:46:43 AM
Wat moes die polisie doen? Moes hulle vir almal vriendelik vra om hulle drankies te los en asseblief enige dwelms op die perseel te oorhandig?? DIS N KLOPJAG!! Almal weet al lankal dat hierdie betrokke kuierplekke dwelmneste is. En jy MOET 'n idioot wees as jy tydens 'n polisie klopjag nie jou samewerking gee nie. Onthou, ons kan nie hoor wat daai studente alles vir die polisie gesê het nie.
-baasspeaurder faber


kry hulle darrem skaam 3/10/2008 10:47:20 AM
Dit is vir ons almal `n groot skok, die feit dat ons lewens nie veilig is waar jy ookal gaan nie. As dit nie deur boewe bedreig word nie, dan word dit deur die SAPD bedreig. Hulle is almal `n klomp neute wat te onnosel was om te kon gaan studeer, toe word hulle maar polisie. Ek hoop die hel kom haal hulle in wat hulle al in ons land op ons burgers uitgedeel het. Vrouens word nie so gehanteer nie outjies en weet julle wat - ook nie studente nie. Mag die hoof geskors word en elke lid van sy span. Mystic Boer, Bohemia en Springbok nou is die tyd om geraas te maak. Studente julle moet help. Hoe gaan ons, ons menseregte beskerm as ons self dit nie doen nie.En dit is interesting om te weet of die polisie hulle eie mense toets vir dwelms.Want ek dink hulle moet dit werklik oorweeg. Die optrede was abnormaal. Vir jou Suid Afrika, met al jou moordenaars, diewe, verkragters en `n hopelose mag wat ons moet beskerm. Ek wonder wat gaan ons land vir die wereld se met 2010? Slaan julle, julle vrouens ook by die huis ?
-elowa


kan dit wees? 3/10/2008 10:48:05 AM
natuurlik verstaan ons almal dat sulke klopjagte moet plaasvind, maar daar is seker 'n protokol wat gevolg moet word. Dit wat ek egter hier sien is ongelooglik! maar steeds wonder ek of iets regtig gaan gebeur met die polisie. in ons samelewing word daar mos opgetree die onskuldiges opgetree. Ek hoop egter die storie maak 'n paar groot draaie in die hof met positiew resultate vir die "slagoffers".
-verslae


Hartseer tekens van agteruitgang 3/10/2008 10:52:46 AM
Die polisie en studente op Stellenbosch het nog altyd maar 'n gelaaide verhouding gehad, maar sulke optrede is onvanpas, ongrondwetlik, onregverdig en hartverskeurend. Dit hoort absoluut nerens in ons samelewing nie. (Dieselfde geld vir die wat nou al weer galbraak en rasse diskremenasie die skuld gee, julle retoriek is ou nuus waarna niemand behoort te luister nie)

Ek hoop almal betrokke sal besef dat hulle medepligters is indien hulle nie opstaan steen sulke optredes nie! Daar is geen ander manier om die agteruitgang van ons land teen te werk nie.

PS: My twee stellenbosch inbraak dossiere is ook steed vermis, en die 3 manne wat my daar aangeval en probeer beroof het deur die gebruik van vuurwapens is sekerlik nog op voet. Ek was vertel dat hulle nie tyd het om skurke te vang nie, omdat hulle te veel dossiere het om in te vul elke aand.
-oud student


Wie is julle? 3/10/2008 10:58:35 AM
Die polisie optrede lyk verdag,maar raak die betrokkenes opstandig vir die regte redes?Het dit dalk met die miskenning van julle identiteit en taal te doen?Ons ooms sal graag wil weet wat julle werklik dryf.
-Oom 1


...Dis nie so erg nie... 3/10/2008 10:59:31 AM
En as dit jou kind was wat geslaan word met 'n kolf wan 'n geweer, bloot omdat hy vir identiteit gevra het vanaf die polisie?dit is nou wel nie op die cctv nie, maar ek was daar...mense in die straat is met bottels geslaan, en rondgeruk nadat hul ge-'frisk' was. as ek reg onthou het hul niks verbode middele op enige student gekry nie..hoe regverdig dit dan die gedrag van die polisie teenoor die persoon, ja die plekke is vir die naweek toegemaak, dit is goed en wel want die middele is dan juis daar gekry...weereens, ons wat gefrisk en onskuldig gevind, en steeds soos 'n trop skape behandel!
-Skaap


Rondgeruk en gevloek 3/10/2008 11:03:59 AM
Ek is die persoon op die video in Bohemia wat net op my stoel gaan sit het ,toe die polisieman my opgeruk het en aan my geruk het, as jy mooi kyk sal jy sien hoe 'n polisievrou nog aan my klap voor hy my uitgesleep het en in die vangwa gaan toe sluit het. Daar was baie getuies. oppad uit het hy my gevloek en geskop toe hy my in vangwa ingegooi het. Terwyl ek in die vangwa sit het ek ook gehoor hoe een polisieman vir die ander sê dat hulle bietjie vir die wit laaities moet wys wie is baas. Nie een van hulle wou hulle naam gee nie. toe hulle my laat uitklim later het hulle my met pepersproei in die oë gespuit en kon ek vir amper 'n uur nie sien nie. Die manier hoe polisie optree is 'n grap. Wie moet ons beskerm teen die polisie deesdae
-Slagoffer


Vroulike Student 3/10/2008 11:04:22 AM
Ek kan nog verstaan tot in n mate dat mense vloer toe gedryf moet word met geweld maar die manie hoe hulle die vrouens behandel het. Hulle was geslaan en baie mense se selfs daar was skreus deur meisies dat die manlike polisimanne nie hul vaginas mag deur soek nie.

As dit my meisie/dogter/vrou was so ek glad nie still gebly het nie. Huko moet ek dan nou stil sit en niks doen nie as dit my meisie/dogter/vrou volgende kan wees!!!

Hulle selfs die vrouens geslaan! Ek bedoel ja daar moet "gewel"gebruik word in "raids" maar regtig tuistering en so baie geweld is hopeloos te veel!!!
-Erg Geskok deur polisie se optrede


aan almal wat alweer moan... 3/10/2008 11:11:10 AM
Almal moan elke liewe dag op hierdie tipe blogs dat die polisie nie hulle werk doen nie. Maar laat 'n paar studente se naweek aandtjie uit nounet ontwrig word, dan is die polisie ALWEER nikswerd en pateties. Suid-Afrika het een van die hoogste misdaadsyfers in die wêreld, en ek dink dis 'n goeie begin om die boodskap uit te stuur dat dit nie rerig die tyd of plek is om tydens 'n polisie klopjag vir 'n polisieman te vra vir sy identiteit nie... Maar ja, ek stem saam dat dit verkeerd was vir 'n manlike beampte om dames te deursoek.
-baasspeurder faber


Tyd om te gaan. 3/10/2008 11:13:07 AM
Ek kan nie glo dit het gebeur nie, regitig is nou maar die tyd vir die slim mense om tegaan. Almal wat ek me praat deesdae is besig om uit die land uit teskuif. Laat ons dan maar sien wat bly oor. SA is gaan 'n 2de Zim word.
-Peter


Weersinwekkend 3/10/2008 11:17:37 AM
Sulke SAPS gedrag is onaanvaarbaar en weersinwekkend. Die opbrengs van die klopjag regverdig nie die brutalitiet waarmee dit uitgevoer is nie. Ek wou my misnoe ook aan die Stasiebevelvoer, 'n ene Superint. Brass oordra, maar die is in 'n vergadering. Sy no. is
Tel: 021 809 5000
-Boos


wat n gemors 3/10/2008 11:20:27 AM
ek skaam my vir wat in ons land aan gaan.Die polisie gehoort hul te skaam vir hul gedrag julle is niks better as krimmenele nie.ek wonder of daar een polisie man of vrou is wat dit goedkeur.Moordenaars loop rond verkragters loop vrylik rond,jul mors kosbare tyd waarvoor ons betaal om jul werk te doen julle almal is behoort jul koppe in skaamte te sak want julle behoort aan die grootste kriminele sindikaat in ons land sies vir julle ek hoop julle beskou julle nie as suid-afrikaners nie want julle kan nie julle gedra julle soos n klomp bos varke ek wens julle wil my so kom stamp
-hoel lank nog


Is geskok, maar kon dit verwag... 3/10/2008 11:20:30 AM
Al die goed maak 'n mens bitter hartseer. net nog van vele bewyse dat 'n mens nie die polisie kan vertrou nie...Moenie dink dinge gaan beter raak nie - die polisie is nie meer daar vir ons nie... Ek weet daar is polisie wat wel in die polisie is vir die regte redes - maar hulle is te min en hoe gaan jy weet wanneer jy voor een staan aan wie se kant hy is...
beskerm julself en mekaar.
-Hartseer


Polisie nie bo grondwet verhewe nie 3/10/2008 11:22:48 AM
Hierdie insident moet nie afgemaak word as rassisme nie. Dit is bloot 'n misbruik van mag. Ek hoop werklik dat die grondwet nou sy werk gaan doen wanneer daar soveel bewyse is van menseregteskending. Ons sal nie langer kan voorgee dat Suid-Afrika 'n gevestigde demokrasie is indien die nodige 'checks and balances' nie na aanleiding van hierdie insident uitgeoefen word nie. Die polisiemag staan NIE verhewe bo die grondwet nie en GEEN optrede deur die publiek regverdig Saterdagaand se gebeure nie. Aan baasspeurder hier bo: dink jy regtig dis 'n goeie ding wat gebeur het? Dat ons vertroue in die polisie se beskerming van ons veiligheid so 'n groot hou weg het? Dink weer.
-Hewig ontstig


3/10/2008 11:29:51 AM
Mense, 'n klopjag is 'n klopjag!! Hoe anders gaan hulle uitvind waarmee julle regtag mee besig is? Wil julle prepare word? Dit werk ongelukkig nie so nie, as julle met onwettige dinge besig is, sal julle uitgevang word. Dit gebeur maar oral so!! Bravo Polisie! Hou so aan!!!
-Dankie tog!!


wees ten minste dan konsekwent!!! 3/10/2008 11:31:26 AM
Hierdie tipe ding gebeur elke tweede aand in Kayamandi! Daar word ook klopjagte op shebeens en klubs gemaak en mense word ook hardhandig rondgeruk as hulle nie gehoor gee aan bevele nie. Maar o nee, dit mag tog net nie op heilige Stellenbosch gebeur nie...
-baasspeurder faber


Jammer Dirk en Tommy!!! 3/10/2008 11:33:20 AM
Ek voel so skaam dat die Flaamse digter Dirk van Bastelaere en die Nederlandse skrywer Tommy Wierenga so iets moes beleef het tydens hul besoek aan SA! Ons Afrikaans en Nederlandse Honneursstudente was so bevoorreg dat hul tyd geneem het om ons spesiaal in ons klas te kom besoek vir besprekings van hul werk en ons het net die vorige dag hul praatjies by die Woordfees se Neerlandistiekdag bygewoon. Dirk van Bastelaere moes 'n groot toekenning oorsee ontvang het, maar steeds het hy gekies om dit nie by te woon nie en eerder na Stellenbosch se Woordfees te kom... Dis so 'n skande! Daar is blykbaar op hul geskree, hul is grond toe gedwing in hul pakke klere en toe hul protesteer en vra wat aangaan, is hul uit die plekke gegooi. Ek hoop REGTIG nie dat dit hul heeltemal sal afsit van SA nie en dat hul dit weer sal oorweeg om ons te besoek. Namens SA sê ek jammer dat jul so behandel is, dis 'n skande!!!Ons hoop die Woordfees-ervaring maak op vir hierdie onaanvaarbare gedrag! Jul verdien 'n persoonlike verskoning van die Polisie af!
-Proudly South African???


Dis belaglik 3/10/2008 11:33:44 AM
Hierdie optrede is niks anders as belaglik nie...Is dit hoe die polisie van hul frustarasies ontslae raak? Is dit regtig die studente se skuld dat hulle in die eerste kwartaal van hul eerste jaar al meer opgevoed is as die polisiediens of dat hulle dit actually kan bekostig om te kuier op 'n Vrydagaand. Ek hoop regtig daar word aksie geneem, van die Universiteit se kant af ook, dit is immers hul plig om die studente te beskerm. Enige iemand wat hierdie optrede deur die polisie probeer goed praat is dalk al self gemoker met 'n geweer kolf en kort dalk 'n hele paar breinselle.
-Gewalg


Belaglik!!!! 3/10/2008 11:34:40 AM
Dit is belaglik!! Erens in stellenbosch was daar tien teen een huise wat ingebreek was, motors wat gesteel was, maar waar was die polisie? Hulle hou hulself besig met sulke barbaarse gedrag. Ek het nie n probleem dat hul n klopjag hou nie, maar dit is dam sekerlik nie die manier hoe n mens dit doen nie! Almal was hanteer soos kriminele, wat het geword van die mense regte wat ons regering altyd so voorhou? Shocker!!! Dis reg so, maak ons land se naam net meer gat!!
-Moerige Matie


baasspeurder faber 3/10/2008 11:35:03 AM
Mnr Faber, jy sien dis nie die swak diens van die polisie of selfs die regeering wat my die land sal laat verlaat nie...dit is seker te wagte van 'n onbevoegte klomp mense aan die stuur van sake! Nee meneer, dis idiote soos JY wat geen rede, verstand of insig het om te besef wat om jou en jou afrikaner aangaan nie!
-pieter


Vrae oor raid 3/10/2008 11:38:57 AM
Ek gaan nie veel sê nie maar, ek het het wel `n paar vrae. Waar is die dwelms? Hoekom kon hulle van die dwelms weeg maar ander nie? Was dit nodig om daai meisie op die video rond te gooi, te slaan en te mace? As daar nie skote gevuur is nie waar kom die skoot wat mens duidelik kan sien op die video vandaan?Hoekom is geen klagtes vir besit van dwelms gelê nie? Wat ek eintlik met al my vrae wil vra is ja raids is nodig maar, was al die gewld en mibruik van mag wel?
-Verstom


Skrikwekkend!!! 3/10/2008 11:39:39 AM
Die skokkende optrede van die SAPD is uiters laakbaar en onverskoonbaar. 1. Indien daar wou opgetree word, kon hul die deure doodenvoudig toemaak en die studente een vir een visinteer. 2. Hierdie is studente en geen bymekaarkomplek van geharde
misdadigers nie. Waarom is dit dan nodig om in te storm en outomatiese gewere op 'n klomp weerlose studente te rig en selfs skote af te vuur??
3. Die hardhandige optrede van die polisie is niks anders as erge aanranding - wat in elk geval nie toelaatbaar is nie.
4.Dit is onwettig vir enige manlike lid van die polisie om 'n vrou te visinteer. Indien daar nie 'n vroulike lid was, moes een van die vroulike omstanders dit doen - dit is seksuele molestering.
5. Om net voor die voet selfone te konfiskeer grens aan diefstal. Waarom wou die polisie dit doen - was hulle nie bewus dat die plek kameras het nie?
6. Hoe op aarde kon die SAPD hierdie tipe (uiters hardhandige boewery) toelaat terwyl die Woordfees aan die gang was? Is dit waarop hierdie land afstuur?

Terloops: Blykbaar was 'n sportspan van die Universiteit Vrystaat oor die nawek daar. En so terloops is daar mos ook 'n Mystic Boer in Bloemfontein - toeval?
Ek wonder ook net waarom die 3 plekke waar veral die Afrikaanse studente kuier.
Ek is jammer die hele gemors ruik vir my na erge rasisme - g'n wonder ons kan nie ons afgestudeerdes in die land hou nie. Wie wil nou in 'n land bly waar misdaad gebruik word om misdaad te beveg

-Platgeslaan


3/10/2008 11:47:29 AM
baasspeurder jyt geen idee van wat daar gebeur het nie!!!!! Eks gepepperspray oor ek 'n selfoon in die hand gehad het. Skaam jou dat jy sulke menseregte skendings goedkeer. Hoop jou ma weet dat jy bly is as vrouens onsedelik aangerand word!! Jys net so 'n vuil vark soos die polisie lede!!!!
-


die moer in 3/10/2008 11:50:24 AM
Ek was in Mystic, en moet se dat die polisie onnodiglik geweldig geraak het, hul het mense behandel asof hulle reeds skuldig verklaar is. As dit 'n dwelmklopjag was, hoekom was daar nie honde of flitse nie? Sekerlik is 'n polisie hond wat opgelei is vir die snuffel van dwelms die enkele mees belangrikste beampte by so 'n klopjag? Ek stem saam dat dit nodig is om die algehele gemeente in die haak te hou, maar om studente wat kuier omkant te vang, te slaan, skop en besproei met mace is onaanvaarbaar en 'n teken van onopgeleide polisie beamptes. Wanneer 'n plek ingeval word, soos die bogenoemde klubs, behoort die polisie mense rustig te maak en dan laat honde snuffel vir dwelms. Ek het vir 20min op mystic se vloer gesit terwyl mense om my geslaan, skop en besproei was vir geen rede nie. Indien ek dwelms op my gehad het, het ek die wereld se tyd gehad om daarvan ontslae te raak. Die klopjag was 'n grap - dit was 'n voorbeeld van hoe om NIE 'n klopjag uit te voer nie.
-Sessa


Liewe S.lander, baasspeurder faber en res 3/10/2008 11:51:09 AM
Watse klomp nonsens lees ek!! Dis amper meer skokkend as die video! Geen mens verdien sulke behandeling nie! Ek wil sien hoe julle in jul gunsteling kuier plek staan en die volgende oomblik pepper spray kry, rond geskop /gesleep word, skote in die lig... gaan julle dan ook dieselfde kommentaar lewer? Nie eers julle verdien daai behandeling nie. En ja, ook nie die mense in die townships nie. NIEMAND NIE! ( Ek het nie eers die polisie se nommer in Stb nie. Stel ook nie belang nie! Hulle sal die laaaaste mense wees op aarde wat ek in noot sal bel! En dus agv vorige gevalle ook. Dit was net die cherry op die koek)

-- geen woorde


3/10/2008 11:52:56 AM
Ek stem saam met platgeslaan. Die optrede van die polisie op Vrydagaand was 'n klug. Ja, in 'n klopjag het die polisie die reg om vinnig en effektief enige persone in 'n gebou onder beheer te bring. Egter blatante mishandeling en aantasting van persoonlike regte soos op die video beeldmateriaal is, sê ek weer, 'n klug. Ek sien uit om die reaksie op die beeldmateriaal in more se Burger te lees - spesifiek in verband met die gate in Bohemia se dak wat nie afkomstig was can die haalgeweer patroon wat afgevuur was nie...verduidelik asseblief!
-Choas


"baasspeaurder faber" 3/10/2008 11:54:34 AM
Die snert wat jy kwytraak is besig om 'n irritasie te veroorsaak. Jy weet duidelik nie waarvan jy praat nie ! Dit is ondenkbaar dat polisie so kan optree. As mense elders in hierdie land ook so behandel word deur polisie en kies om niks daaraan te doen nie is dit hulle saak. Wees verseker dat die "Heilge Stellenbosch" waarna jy verwys NIE gaan terugsit en niks doen nie ! Hierdie video beeldmateriaal is reeds orals internasionaal verprei. Baie het dit reeds gesien. Is jy "baasspeaurder faber" dalk een van die betrokke polisiemanne ??
-Wit Teiken


Stellenbosch 3/10/2008 11:55:55 AM
Ek is net so geskok soos vele ander met die absolute chaos in Stellenbosch. Waar val hierdie polisie uit? Word hulle deesdae opgelei om op weerlose studente en vrouens wat alleen bestuur toe te slaan? Ek antwoord sommer self... JA, want ek kan my nie voorstel dat so 'n klopjag in die middel van die nag op die tik- en dwelm hole van die townships uitgevoer sal word nie! Hoekom nie, want hulle is bang vir die rêrige misdadigers en mnr brawe polisieman sal nooit lewend uit die township kom nie!
-Banana Republic


skaam julle 3/10/2008 11:56:59 AM
Ek wonder hoeveel van die SAPD LEDE slaan hulle eie vrouens,ek dink dis hoog tyd dat daar drasties op getree word teen die vroue slaaners want dis wat hulle is,gaan kyk hoeveel van die polisie manne in SA IS AL GESKEI EN DIS OMDAT HULLE HUL VROUE SLAAN.Julle is n klomp lafhaarts gemors van ons land julle hoort in die bos julle slakke ek skaam my om n SUID AFRIKANER GENOEM TE WORD ek hoop julle word almal soos slegte goed weg gejaag julle moet werk aan julle verhoudings met jul medemens en asb waardeur julle vrouens want dis net hulle wat julle kan lief he
-Verslae


Polisie 3/10/2008 11:57:00 AM
Dit stellenbosch polisie is pateties! Ek is uit suid afrika uit en ek is dankbaar daaroor. Hierdie beter 'n internationale probleem word! skaam julle julle bliksems - Wie gee julle die reg om jong mense so te behandel - julle kan bly wees ek was nie daar nie - want dit is nie die eerste keer dat ek met probleme met julle sukkel nie. Ek is 2 keer besteel in stellenbosch, in die middel van die nag deur straat mense en julle kon nie eers betyds opdaag nie - 2 ure laat. wat het julle daaraan gedoen - niks, maar julle probeer ander onskuldige mense so behandel. Psychos. Beteken niks nie – swak – dit storie gaan ver gaan – kyk waar trek dit nou al – USA ek sal nie rus nie julle sal swak laaste kom!
-Raven van der Colff


POLISIE VERGRYPE 3/10/2008 11:59:07 AM
Soos gewoonlik sal daar uiteindelik absoluut niks vanuit owerheidswee gedoen word omtrent hierdie derdewereldse mentalitiet van 'n buite beheer polisiemag nie. Na honderde vergaderings, kommissies, ondersoeke en niksseggende persverklarings (indien enige) sal dit 'n stil dood sterf. FEITE
-FEITE


Ons is mense 3/10/2008 12:00:35 PM
Ek is gebore op stellenbosch en volg die polisie en dwelm storie vir lank genoeg om te weet wat wat is. Ek was buite bohemia en mystics toe die polisie daar aangeval het en het ook baie by Terrace gesien oppad huistoe. Daar was 3 takke van die polisie waarvan ek weet, insluitend dit tactical squad en die taakmag van korrektiewe dienste, en dan natuurlik undercover cops wie se name ek nie sal noem nie. Hulle is ook as verskoning gebruik om die studente se beeldmaterial te vernietig, omdat hulle gesigte nie bekend mag word nie. Die gewone stellenbosch polisie het net buite patroleer, die tactical squad was die mense met die shotguns en mace (ek het gesien hoe hulle albei gebruik om studente aan te val wat niks gedoen het nie) en die taakmag was in bruin vests. Die aantal dwelms wat hulle noem is belaglik, n paar duisend rand se dagga en coke. Hulle weet hierdie raids maak geen verskil aan die mark nie en dit is definitief nie hulle doel met die aanval nie. Hierdie stories is nie opgemaak nie. Die polisie het meisies betas, mense geslaan met gewere, hulle wapens afgevuur, mense van point blank ge pepperspray alhoewel hulle niks gedoen het nie. Ek dink dis tyd dat ons opstaan teen sulke gedrag, ek dink dat die SAPD die grootste gevaar is in hierdie land, die ergste van al die bendes. Ek dink die hulle doen meer skade as goed en ek baseer my opinie op veel meer as hierdie een klein insident wat die lig gesien het.
-Mens


3/10/2008 12:03:26 PM
This is incredible and such an abuse of power. This makes the "racist" video look like a tea party. I hope that there will be accountability for this - the leader / commander of this raid should immediately be suspended pending an investigation. A few rotten apples like this give the entire police force a bad name - and will lead to lawless behavior and disrespect for the police in Stellenbosch and elsewhere. This is really regrettable, and absolutely disgusting and shocking. These cops are animals!
-Eddie


RAIDS 3/10/2008 12:07:06 PM
Natuurlik moet ons almal as burgers van die land alle pogings om onheil uit te roei ondersteun. Die rede vir die "raid" was blykbaar hoofsaaklik om dwels op te spoor en die gebruik daarvan in die kiem te smoor. Ek admireer die doel van die polisie optrede, maar kan ongelukkig nie die mannier waarop dit uitgevoer is goed praat nie. Daar is sekerlik n meer profesionele manier hoe dit gedoen moet word.
-Ouer


Dis 'n grap... 3/10/2008 12:10:05 PM
Waar de f** is die honde eenheid? En hoekom het hulle net toegeslaan op drie van die plekke, terwyl daar ten minste nog 4 berugte kuierplekke is op S'bos. Stellenganda is meer gepas!!! Ek het gesien hoe hulle n student slaan en stamp totdat hy ingee en in die vangwa gedruk word...en niemand is gearresteer nie? As ek moes oordeel, sou ek sê die beamptes was die wie gesuip was. Al die reaksies (soos bo gesien kan word) is maar n druppel in die emmer...hierdie keer is dit nie die studente wie die land in die steek laat nie, maar juis dié wie veronderstel is om regverdig op te tree! Belaglik.
-student***


Klopjag 3/10/2008 12:11:18 PM
Ek is jammer, dit is uit en uit 'n rasse voorval. Ons moet opstaan teen wat gebeur. Niemand doen 'n klopjag so nie, daar is iets diepers as dit.

As ek daar so wees, sou ek hulle dagvaar met alles wat ek het. Gelukkig "back fire" ons liberale grondwet nou en ons kan opstaan teen die regering!
-Rev


aan "wit teiken"... 3/10/2008 12:16:58 PM
Ek is nie 'n polisieman nie, maar ek is wel 'n oud-matie en ek het ook baie aande uitgehang in die betrokke uitgaanplekke. Heel moontlik baie meer kere as almal saam op hierdie blog. ALMAL WEET JY GAAN NA DIE BETROKKE KLUBS TOE AS JY DWELMS SOEK!! Dis jammer dat onskuldige mense se regte misbruik is en dat hulle hardhandig hanteer is, maar die realiteit is dat baie studente op SB hulle afsmeer aan die polisie. Hoeveel van daai studente wat in daai klubs uitgehang het, het net so in hulle motors geklim en dronk huis toe bestuur? En ek glo jy grap seker as jy ernstig dink dat die gebeure 'n aanval op Afrikaners was.
-baasspeurder faber


Ag hel man polisie! 3/10/2008 12:23:17 PM
Ek was altyd die enigste persoon om julle hoed te praat van hoe julle hard werk met min betaling ens. en nou vang julle die gemors aan. Dit sal die laaste goedpraat wees wat julle van my (Die enigste tussen al die Korea SAFA's) hoor. Waarheen wil julle ons land neem? Daai studente wat julle so rondgegooi het gaan nie nou meer in SA bly nadat hulle gestudeer het nie. Daar sink ons verder...
-Korea Skoot


Studente 3/10/2008 12:24:25 PM
Tag, sommige van julle "studente" wat so kommentaar lewer is erg omgekrap kan ek sien en met rede. Kyk ek na die spelling van die meerderheid "studente" wil dit vir my voorkom of julle nie op universiteit moet wees nie - julle kan dan nog nie eers spel nie nou hoe kan mens julle ernstig opneem? Dalk is julle net daar om te speel en dinge te drink en snuif eerder as om te leer?
-Toeskouer


ja faber 3/10/2008 12:25:16 PM
dit is duidelik, jy het seker meer daar uitgehang as die res van ons. OK ek gee toe, die klopjag was 'n goeie ding want kyk net wat het die dwelms aan jou redenasievermoe gedoen!

-pieter


baasspeurder faber 3/10/2008 12:30:21 PM
Baasspeurder Faber, dwelms kry jy by die Nigerians. Hulle hang nie in klubs uit nie want hulle wil nie gesien word nie.Stop by `n robot en jy gaan makliker dwelms daar kry as in die klubs! Die dealers hang nie uit in die klubs nie. Die ouens wil geld maak en in klubs is hulle `n bedreiging vir hulle eie existance.Ek dink julle vat die wit blanke kinders ook maar laag as jy dink hierdie mense gaan uit om dwelms te doen. Waarna toe gaan die cops, en raid hulle daardie plekke ? Die groot woonstel geboue waar die nigies bly? Raid hulle daar? Nee, want hulle is te bang!
-aiai


faber zaber 3/10/2008 12:33:38 PM
liewe faber, interessant genoeg weet almal op stellenbosch dat jy na 'n ander klub(nie 1 van daardie 3 nie)gaan om dwelms te kry.veral kokaïene.maar ja jy, soos baie ander, dink seker studente is nie mense nie!my ou sou verseker nie stilgesit het terwyl 'n polisieman aan my ruk en pluk en betas nie en wat sou dan met hom gebeur het?net oor hy my wou beskerm!studente is die klein vissies in die dwelmdam!gaan soek die groottes.hulle is die eintlike skuldiges en moordenaars. studentepret?klink (en lyk) meer soos "polisiepret" vir my.
-6de jaar student


Geleerdes wat land verlaat 3/10/2008 12:37:59 PM
Dan wonder ons nog hoekom die jong gekwalifiseerde Suid-Afrikaners die land verlaat en weier om hier te bly en te werk. Nee wat, die ANC-regering verdien nie ons kinders se breinkragte nie. Ek was nog altyd daarteen dat my drie dogters land verlaat.Hul het al drie tersiêre opleiding en een is besig met haar meestersgraad op Stellenbosch. Sy en haar vriende was ook teenwoordig by een van die genoemde uitgaanplekke gedurende die polisie-geweld.
Hoe kan ek of die regering hulle nou nog oortuig om in Suid-Afrika aan te bly as hulle nie eens die POLISIE kan vertrou nie. Die polisie is nou die "skollies". Wat 'n skande vir ons land voor die hele wêreld op die internet te siene. SKORS ASB ALLE POLISIELEDE WAT BETROKKE WAS BY HIERDIE SKANDAAL.
-Alet


wat gaan word... 3/10/2008 12:42:07 PM
Met skok moes ek vrydagaand hoor hoe vriende van my mishandel is. Wonderlik dat die polisie die dwelmprobleem wil bekamp, maar om 'n onskuldige student wat net daar sit met 'n bierglas teen die kop te gooi is volgens my, BELAGLIK en heeltemal teen die menseregtewet!! Enige regdenkende mens wat die beeldmateriaal kyk, sal sien die studente bied nie eers weerstand nie. En hel!! die polisie storm daar in en vuur skote af!! Dink hoe jy- jy wat se daar het niks onreelmatigs gebeur nie- sou voel as jy daar gesit het. Die angs en vrees sou my tot stilstand geskok het. Dit beteken nie die polisie moet my as meisie rondruk en pluk nie. Ek se net dankie ek was nie daardie aand in Bohemia, soos ander vrydae nie. En hoor hier faber, nie almal gaan soontoe om dwelms te kry nie. Nie almal beskou die kuierplekke as plekke waar jy dwelms kan kry nie. Vieslike veralgemening. Dit is skokkend dat die polisie hul mag so misbruik. Vieslike skending van menseregte.
-matie student


Kom ons dink gou 3/10/2008 12:42:51 PM
Hoekom sal die poliese
toesak op studente met so veel geweld? Wat is hulle motief? Is dit rerig nodig om in n publieke plek mense te peppersproei en na die grond te gooi? Hoekom wou hulle alle fotos van die geval vernietig? Was dit n "Drugraid" of was dit net n direkte aanval op ons die studente? Ek kannie verstaan dat die mense wat inbeheer gestel is om die samelewing te beskerm so optree nie.
-Zeitgeist


Skokkend 3/10/2008 12:45:19 PM
nooit sou ek gedink het dat dit so sou hand uit ruk nie. natuurlik is daar dwelmgebruikers maar dis ni nodig om n plek so te vandaliseer en mense so te behandel ni. baie mense regte is hier deur di polisie oorskry en hule sal en moet duur te staan kom vir hul swak optrede. ek sal graag wou weet wi hule tip off was want di dwelms wat hule gekry het is skaars n druppel in di see van wat by ander plekke aangaan.
-student321


'n "Lekker" kuier in Suid-Afrika 3/10/2008 12:46:44 PM

-Pieter


skriknag maties 3/10/2008 12:50:01 PM
Liewe "onskuldige studente" julle is in Afrika hier word gereeld klopjagte gehou die polisie is goed geleer hulle leerders was witmense. Maar is julle regtig almal onskuldig?
-s lander


Ek liaak dit! 3/10/2008 12:54:53 PM
Weet julle, dis oor mense wat heeltyd kerm oor die polisie dat niks deesdae uitgerig word nie. Daai mense stel hulle lewens in gevaar om die slegtes uit te roei. kom ons ding gou..gou..is ons land die veiligste en met geen kriminele aktiwiteite nie? NEE!! Ek is nie 'n polisie man nie, en ken ok geen familie of vriende wat het nie, en ja as ek in daai klub was as hulle ingekom het met geweld , so ek ook seker views gewees het, maar dink bietjie hieroor. Ons polisie sisteem werk nie omdat daar nie meer gesag is vir polisie manne nie. En die enigste manier dat die polisie weer die polisie kan wees is om mense bang vir hulle te maak. Dink julle die kriminele werk sagkuns. Ons moet ophou om die polisie sleg te se waaneer hulle iets goed vir 'n slag aanvang. Shame die arme dronk mense se kinders. Hulle verdien dit!
-Ek_kom_op_vir_SAP


skriknag 3/10/2008 12:55:18 PM
Ek`s `n oudmatie. Die SAPD se gedrag is pateties en hulle verdien al die "flak " wat hulle kry. Ek het twee opmerkings:(1)Wat het die eienaars van die betrokke plekke gedoen om bekende dwelmtransaksies op hulle persele te probeer ontbloot. My seun het sy dwelms daar gekoop - dis feite Hy is verwoes - sekerlik sy eie toedoen.Ek sien geen histerie teen hulle gemik nie.(2)Ek het lanklaas soveel swak spelling bymekaar gesien.
-matie


Kan nie meer skuil nie 3/10/2008 12:56:43 PM
Hoe jammer dat sulke optrede deur geregsdienaars die hele kader beswadder. Maar, ons moet ook onthou dat daar in die betreklike onlangse verlede ook so opgetree is en het almal hulle hoog opgegee dat die skuld selfs by die Staatspresident se deur geplaas moet word. Nou ja, die wiel het gedraai en kan ons nou vra: Et tu, Thabo? Bietjie vir bietjie word ons vertroue in die gesagstrukture verminder totdat daar niks gaan oorbly nie. Wat 'n skande!
-Jo


Nie-virRAS 3/10/2008 1:03:18 PM
Lekke lekke Suid Afrika... ek sou paar jaar terug nog geskok gewees het, maar as mens die algemene "trend" volg wat hierdie land nou lei, gaan dit nog net erger word. die SAPS moet ophou "NYPD" en "COPS" kyk en die bullet proof vests aan hulle lywe begin bewerkstellig deur om agter REGTE skelms aan te gaan. die gevaarlikste ding in daai club is n dronk "emokid" wat jou wil vertel van sy issues.
-SD^2


3/10/2008 1:08:19 PM
moet die polisie ons nie beskerm teen geweld nie?
-geskok


bring die watte!! 3/10/2008 1:09:25 PM
Ai tog, hier word ons Afrikaner-wese weer tot in sy fondamente geruk. Ons is besig om 'n klomp papbroeke te word. Laat die polisie hulle werk doen, en leer nou maar die les: JY VRA NIE TYDENS N DWELM-KLOPJAG VIR N POLISIEMAN MET N GEWEER IN SY HAND OM VIR JOU SY IDENTITEIT TE TOON, TERWYL JY N BRANDEWYNTJIE-EN-COKE GENIET NIE. Hy mag homself dalk net vererg vir jou en jou teen die grond druk, rondstamp of aan jou hemp ruk. En as jy vir hom snedighede toesnou, dan kan hy dalk pepersproei in jou gesig spuit om jou stil te maak, sodat hy kan aangaan met sy werk. En as die musiek oorverdowend aanhou blêr, dan mag hy miskien dalk net 'n skoot afvuur sodat almal kan stil raak. Shame, dis nou ons klomp mense wat hier in Afrika die gevare kom aandurf het tydens die Groot Trek.
-hoog tyd!


WTF????????? 3/10/2008 1:10:52 PM
Ek kan nie glo dat die mense wat verantwoordelik is vir ons veiligheid soos 'n spul ape aangaan en net doen wat hulle wil nie. Ek wil ook weet of hulle enige donerse vuurwapens of gevaarlike instrumente gekry het op enige van die studente dat hulle geweerskote skiet en onskuldige mense AANRAND!!!!! Ek is 'n derde jaar student en van my eerste jaar af raak die polisie net kakker en kakker!!!!! Die polisie skiet en bliksem net soos hulle wil en vind 'n KLEIN aantal dwelms in vergelyking met CLOETESVILLE, KAYAMANDI en IDA'S VALLEI en versteur die enigste tyd wat mens regtig kan afhê en ontspan deur hul tyd te mors en die hele land se polisiediens GAT TE MAAK!!!!!! Hierdie gebeurtenis is toegeskryf aan SWAK LEIDING DEUR DIE HOOF!!!! Ek kan nie glo hulle laat so iets toe nie. Daai meisiekinders wat aangetas en feitlik verkrag is, is nou "scarred for life" en die polisie voel nie eens skuldig nie. o ja en s lander, bly eerder stil oor iets wat jy niks van weet nie of kyk die donerse video weer!!!!!!
-EA


Faber 3/10/2008 1:13:47 PM
Jy het heel duidelik net twee breinselle en die een klap hande vir alles wat die ander een doen. Dis mense soos jy wat maak dat die polisie - kriminele met sulke gemors wegkom. Mens kan nie sê julle tree soos diere op nie want dis 'n belediging vir ons Fauna. Doners soos julle moet gehang word, SUURSTOFDIEWE
-Karooklong


DIT WAS BAIE ERG!!!! 3/10/2008 1:15:29 PM
Ek was in springboks gewees toe die polisie daar aan gekom het! ek het gesien hoe hulle n meisie in die gisig slaan met n halgeweer, en dit in mense se gesigte druk en dryg, nadat hulle klaar sit! Die meisie wat langs my op die grond sit het begin huil en toe spyt hulle haar ook met die gas! Ek kon dit nie glo nie! Dit is skokkend!!!!!
-belaglik - ooggetuie


ai faber 3/10/2008 1:16:47 PM
Ek kan sien jy probeer n goeie argument voer, maar jy doen net nie. Jy was nie daar nie en het geen idee waarvan jy praat nie. Wanneer laas het jy trein gery? Probeer 'n slag en kyk hoeveel stasies jy maak voor die polisie jou afruk, deursoek en aanrand. Die probleem in ons land is nie dat die polisie te min mag het nie, inteendeel hulle het te veel. Die probleem is onderbetaling en onopgevoedes wat geen ander keuse het maar om hierdie werk te doen nie en dan ook mense wat net so graag die werk wil doen dat hulle nie omgee oor die swak betaling nie. Dit lei tot korrupsie, want polisemanne moet ook eet en die staat het nie geld vir hulle nie. Ek is seker dat daar minder geweld en misdaad gewees het as ons nie n polisie mag gehad het nie, of ten minste n kleiner een met meer opgevoede en beter betaalde mense.
-mens


'Slim' studente kan nie spel!!!!! 3/10/2008 1:20:44 PM
Ek stem saam met toeskouer. Die studente se spelling is pateties. My graad 6 kind kan polisie regspel!!!! Hoe het hulle op universiteit gekom in die eerste plek? Ek moes matriekulasie vrystelling he om in te kom en ja ek het ook ervaar hoe dwelms in die klubs gebruik word. Die 'arme' studente is alles behalwe onskuldig. Ook as mens kyk na 'onskuldige studente pret' wat goed soos tuinbanke, naamborde,ens laat verdwyn. Ek stem saam dat geweld nie voor die voet toegepas moes word nie, maar dit is nou maar eenmaal hoe 'n klopjag verloop.Dit terwyl almal kla oor die polisie niks doen nie......
-Marie


Anti-SAPD 3/10/2008 1:22:25 PM
Hierdie mense wat dié optrede van die SAPD, probeer regverdig deur te verwys na hul eie persoonlike griewe met studente (potplante, stoele, blomme wat weg is....bla bla), moes eintlik daar gewees het om ook rondgeruk te word. Absolute WAANSIN! Die polisie se swak hantering van menseregte oorskadu by verre hul doel om dwelmgebruikers vas te keer. En dan was niemand eers daarmee betrap nie, en dit wat wel gevind was, is amper nie eers die moeite werd om te noem nie. Dwelm probleem in Matieland of nie. Hierdie video is veel erger en ernstiger as dit. Mense gaan so tekere oor die video's van die Vrystaat universiteit.....maar hierdie...is VEEL erger.
-Anti-SAPD


WAT? 3/10/2008 1:26:00 PM
Hoog tyd? Ek weet nie of jy manlik of vroulik is nie, maar as jy daar was en hul het jou 'maat' op so 'n seksuele manier gedeursoek terwyl jy niks kan doen nie, aangesien daar 'n geweer in jou gesig is...hoe sou jy gevoel het? Laat die polisie hulle werk doen...en sommer my vriende se selfone steel terwyl hulle hulle 'n rygeleentheid gee. Skrik wakker!!!
-Boschbewoner


Wat de hel??? 3/10/2008 1:26:34 PM
Ek kan nie glo dat daar mense is wat sê dat die optrede van die polisie reg is nie. Wie de hel gee vir 'n polisieman die reg om meisies in hul mae te skop en met gewere op die grond vas te druk. Ek is eintlik bly dat daar toeriste in die kuierplekke was, want nou kan hulle sien dat rassisme lankal nie meer wit teen swart is nie! My flatmate, 'n dame, is op die grond gegooi deur 'n polisieman wat sy geweer in haar gesig gedruk het en gesê het dat hy haar gaan vrek skiet as sy iets probeer! Wat de hel gaan 'n damestudent aan 'n volgroeide polisieman doen.
Nee, mense, gee die 2010 sokker vir 'n ander land, want ons verdien dit nie... dink net al die toeskouers reg oor die wêreld word deur die SAPD so behandel... lekker Suid-Afrika!
Dit SAL nie hier gelaat word nie!
-Kwaad


Polisie en Studente 3/10/2008 1:27:21 PM
Eintlik weet ek nie wat om te se nie, dit is nou n goeie voorbeeld van waar ons land op die oomblik is en staan. As studente nommer 1 op die polisie se lys is, moet ons liewer die land verlaat. G'n wonder elke misdadiger en kie vind SA so aantreklik. Die land en sy hele bestuur is n grap. Gaan die video ook deut die wereld gewys word as skokkend?Ek glo nie. Vergelyk dit nou met die Reitz video. Hierdie is skokkend en baie erger, maar die feit is dit is wit studente so dit gaan seker nie eers die 8 uur nuus maak nie!!!
-The Law


dankie tog !! 3/10/2008 1:31:14 PM
ek is SO bly die polisie het vir ons nog n video gemaak wat ons kan besig hou vir die volgende paar weke. die vrystaters se video was regtig al afgesaag. kom pretoria studente, lewer nou julle deel ook asb !
-hanno gelderblom


Vat jou goed en trek Ferreira! 3/10/2008 1:31:41 PM
In SO 'n land bly ek nie 'n dag langer as wat ek moet nie. Aan die einde van die jaar neem ek my kokertjie met my MSc in en gaan woon oorsee - permanent!

Bravo aan Stephan Matthee en Jason Boswell wat die moed gehad het om die artikel te skryf. As mede-Matie is ek baie trots op julle.

-Nagraadse Matie


aan mens... 3/10/2008 1:33:49 PM
Ek kraak niemand af nie en ek dink vir geen oomblik dat die polisie almal net engeltjies is nie. Ek weet daar vind daagliks polisie-brutaliteit plaas en ek verdedig dit glad nie. Ek verstaan ook dat van die studente en hulle ouers wat betrokke was by die insident emosioneel is oor wat gebeur het. Al wat ek sê is dat ons 'n gebalanseerde siening hieroor moet hê. Hierdie tipe voorvalle gebeur orals in die wereld en dit is soms nodig vir die polisie om mense hardhandig te hanteer as hulle nie wil saamwerk nie. En ja, daar moet 'n teenwig in ons samelewing wees wat keer dat die polisie kan maak en breek soos hulle wil. Maar die feit van die saak is dat ons in die Wes-Kaap 'n ernstige dwelm probleem het en dat die studente van SB nie uitgesluit kan word van 'n roetine klopjag nie. Dis jammer dat jy miskien op die verkeerde tyd op die verkeerde plek was, maar miskien dink die ou wat die 2 zolle daar ingeneem het twee keer voordat hy dit volgende naweek weer doen.
-baasspeurder faber


ons kort vir James Bond!!! 3/10/2008 1:34:24 PM
ek vertrou nie meer die SAPD nie.. daars niks meer "stelsel" in ons geregsstelsel nie.. uiters onprofesionele optrede!! mens het respek vir dames.. waars ons land se waardes??? trigger happy bliksems!!! kry 'n lewe.. kry vir James Bond..
-007


Agge nee 3/10/2008 1:35:12 PM
Net soos die 4 studente by Bloemfontein 'n verleentheid is vir al wat student is of in watse groep hulle ookal verdeel word, is die polisiemanne en vroue 'n verleentheid vir die duisende polisiemanne en vrouens wat hard werk om te verseker ons is veilig. Ek werk gereeld met polisie lede wat na ure help om te sorg dag kinders wat vermis geraak het, veilig gevind word. Ek weet sommer die ouens sak hul kop in skaamte dat hulle kolegas hulle mag so misbruik.

Ek is baie omgekrap, dis beelde soos die wat die land uitlose skade berokken en al die goeie werk wat gedoen word venietig.

Ek hoop daar gaan sterng opgetree word teen die lede
-Pieter Boshoff


"baasspeaurder faber" 3/10/2008 1:36:48 PM
Ek grap hoegenaamd nie ! Ek is baie ernstig. Met jou swak redinasie vermoë twyfel ek baie sterk of jy 'n ou-matie kan wees ! Was jy nie dalk die een wat die dwelms verkoop het by die klubs nie? Vandaar jou teenwoordigheid daar. Daar is duidelik skade aangerig aan jou brein deur al die dwelms.
-Wit Teiken


Waarheen nou 3/10/2008 1:42:35 PM
Hierdie land van ons raak by die dag maller. Die Polisie moet tot verantwoording gebring word. Sulke menseregteskendings is onaanvaarbaar. Die Polisie moet hul prioriteite regkry- Gaan eeder met jul klopjagte na die dorpe waar drugs vryliker as kos beskikbaar is en los die maklike teikens- soos die pubsin Stellenbosch- uit. Wat probeer julle nou eintlik bewys?
-Waarheen nou


Aandag Maties - julle moet optree! 3/10/2008 1:45:04 PM
Ek wil 'n dringende beroep op die leiers van die studente doen om beslis 'n optog na die polisiekantoor te hou met 'n klagskrif aan die stasiebevelvoerder. Dalk kan van die dosente sowel as van die Woordfees-bestuur saamloop.
Wat gebeur het is werklik tragies en misdadig. Hier was oor die algemeen 'n gruwelike vergrype van menseregte wat ingesluit het aanranding, rig van 'n vuurwapen op onskuldiges, seksuele molestering, diefstal - en dan praat ek nie eens van hul patetiese tydsberekening (met verwysing na die Woordfees).
Ek is nie self 'n student, maar het wel twee dogters daar. (Nie een van hulle was die naweek daar nie)Ek is ook baie beslis geen lid van enige konserwatiewe party nie. Ek is wel diep bekommerd oor die rigting waarin hierdie arme land nou beweeg.
-platgeslaan


'n 'Lekker' in SA na 'n jaar in die buiteland. 3/10/2008 1:45:20 PM
Na presies 'n jaar in Engeland het ek besluit om die grys hemel vir die blou, sonnige hemelruim van onse Suid-Afrika te verruil. Dit is immers die land van my geboorte, dit is hier waar my familie en vriende 'n bestaan maak en waar my hart lê. Met my aankoms op die Tambo lughawe is ek geskok hoe korrup en 'laid back' die lughawe personeel was. Ek is deur twee metaalverklikkers, waarvan die alarms elke slag afgegaan het. As dit in Engeland gebeur stop die personeel jou summier en deursoek jou van kop tot tone. Dit was egter nie die geval in Johannesburg nie. Die personeel aan diens het by beide die kere nie eers die metaalverklikkers gehoor of aandag daaraan gegee nie. Met 'check-in' vir my vlug van Jhb na Kaapstad, was my tas met sewe kilogram oorgewig. Die personeellid aan diens sê toe dit gaan my 'n R100 kos vir elke kilogram wat ek oor die limiet is. Hy stel my toe gerus dat as ek die kontant vir hom gee sal hy dit net R60 per kilogram maak. Hy ken glo mense in hoë plekke... Met verdere navraag kom ek toe tot die besef dat dit slegs R20 per kilogram is. Toe ek die man hieroor konfronteer haal hy MY kontant uit sy hempsak en vra my toe om dit eerder stil te hou. Dan het ek nog nie eers genoem hoe ek van 'n vliegtuig afgeskop is oor ek 'nie vir die vlug betaal het nie'. 'n Halfuur later het die lughawe personeel besef hulle het 'n fout gemaak en 'om verskoning' gevra vir die ongerief. Watse beeld skep dit vir die buitelandse toeriste? Dit is dan hul eerste punt van kontak met SA. Om terug te kom by die klopjagte in Stellenbosch...ek was ook daar. Meer spesifiek: ek was in Springbok Pub, met twee vriendinne van Engeland wat met hul wêreldwye reis graag 'n eg Suid-Afrikaanse aand wou ervaar. Ons was so tien minute in Springbok's toe die gevaar slaan. Met haelgewere, 'pepper spray', pistole, 'kevlar'-koeëlvaste baadjies, helms en sneubrille(?) was hulle uitgevat - onluste polisie. Soos dit nou ook al duidelik vir almal is is daar gevloek, gestamp, geskiet en gesproei. Dit alles om 'n 'crowd' onder beheer te kry wat al van die instapslag rustig was en na die bevele van die polisie geluister het. Ek verstaan nie hoekom daar 'n haelgeweer in my gesig gedruk is nie. Ek verstaan nog minder hoekom die pomp-aksie geweer oorgehaal is toe ek die persoon vra om dit asb. uit my gesig te haal (terwyl ek rustig plat op die grond sit). Ek is die eerste ou wat hierdie tipe klopjagte ondersteun, maar die manier waarop dit uitgevoer is, was uiters onaanvaarbaar en net plein 'stupid'. Kyk net hoe 'baie' dwelms is toe opgelewer... Die ander deel van die klopjag wat ook nie vir my sin maak nie, is dit feit dat ek niemand gesien het wat deursoek is nie? GELUKKIG is die meeste van ons onaangeraak daaruit. Dit is vir my hartseer dat die SAPD vir wie ek nog altyd met lof besing het, my so moes teleurstel. Hoekom moes ons so geviktimiseer word...tot op 'n punt wat jy later in jou eie onskuld begin twyfel? Ek sien op om Woensdag weer terug te vlieg Engeland toe, maar dalk is dit 'n bedekte seën? Ek hoop egter met my hele hart dat ons die dinge in die land kan regruk. Die een positiewe van die klopjagte Vrydagaand is dat my Engelse vriendinne darem toe hul egte Suid-Afrikaanse aand kon hê....TIA.
-Pieter


aan "wit teiken"... 3/10/2008 1:45:39 PM
Hoekom kom jy nie eerder met 'n volwasse argument na vore, anders as om net heeltyd persoonlike aantuigings te maak nie?
-klonkie


Skokkend 3/10/2008 1:50:55 PM
Dit is absoluut skokkend! Ek doen regtig `n beroep op ieder en elkeen wat in daardie kuierplekke was en so hardhandig hanteer is: moenie dit net laat verbygaan en afmaak as "deel-van-hul-plig"...wat daar gebeur het is ERGE en skokkende skending van menseregte. Dagvaar die Minister van Veiligheid vir elke liewe sent skadevergoeding !!!Mooi SAPD - ons kon seker nie veel meer van julle verwag het nie: julle het ons gered van studente. Hoop julle kan van nou af fokus op moordenaars en verkragters...asook die korruptes onder julle.
-Kan-maar-net-my-kop-skud


verbaas 3/10/2008 1:51:52 PM
As iemand wat in een van die clubs was daardie aand en nog elke dag daarna stories hoor van wat alles gesien was deur en gebeur het met vriende is ek verbaas oor hoe min van dit op hierdie stadium vir die publiek beskikbaar is. Ek kan verstaan dat mens na die video kan kyk en dan dink dis n bietjie oordoen mar regverdig, mar vir die wat daar was en al n smakie van die hele storie gekry het skets dit n heel ander prentjie. ek sien uit daarna om te sien of en wanneer iemand begin om die verskeie 'eye witness acounts' te versamel en publiseer. O en ek weet ek spel sleg mar was nog altyd beter in wiskunde gewees.
-skrikkerig


Het julle niks om te doen nie? 3/10/2008 1:52:20 PM
Ek wonder of dit erger is om skadelose studente wat op die grond le in die gesig te spuit met traangas, as om die skoonmakers in Reitz te laat doop, soos ons almal gedoop word.

Hierdie land is belaglik.
-belaglik


Aan baasspeaurder faber 3/10/2008 1:52:29 PM
Ek verstaan jou redenasie dat polisie soms hardhandige gedrag moet gebruik, maar nie op die manier wat dit gedoen is nie. Maar dit alles vir 2 'zolle' dagga? Ek studeer al ses jaar op Stellenbosch en is sterk gekant teen dwelms. Maar deur die jare het ek ook al 'n paar dinge geleer, soos bv. dat daar 'n klein entjie weg van Bohemia baie groter hoeveelhede dagga deur sekere 'carguards' verkoop word. Nou as ek dit weet, hoekom weet die polisie dit nie? Swak
-Boschbewoner


fokofpolisieman 3/10/2008 1:52:42 PM
Die polisie voer gereeld aan hulle het nie die mannekrag en toerusting om smokkelhuise en bendes vas te vat nie. Hulle het wel 'n taakmag, tot die tande toe bewapen en met koeelvaste baadjies, om nagklubs in te val?
Dis obviously baie makliker om ongewapende kuiergatte aan te vat as gangsters. Dis om van te kots.
-jan


pieter agge nee ... 3/10/2008 1:53:24 PM
pieter aggenee nie sulke lang opstelle nie asseblief. sterkte met jou vlug terug. ons gaan jou vreeslik mis.
-hanno gelderblom


SA 3/10/2008 1:57:13 PM
Is dit nie opvallend oor hoeveel van ons (oud-Maties) die land wil en gaan verlaat nie. hartseer, maar almal kan dinge verdra tot op 'n punt, dan raak dit te veel. ek en my man is ook op pad landuit - mens kan niemand meer kwalik neem vir 'n besluit om jou goedjies te pak te trek nie.
-karoonimf


studente is MENSE 3/10/2008 1:57:46 PM
So, S. Lander, studente is nie mense nie? Ek is 'n jong werkende persoon en was Vrydag by Mystic, ons is aangerand vir geen rede nie. Dit is siek hoe hulle onskuldige mense behandel. Dit was gewelddadige ego-masterbasie.

-ilze


aan : "klonkie" AKA "baasspeaurder faber" 3/10/2008 1:58:08 PM
Gaan lees mooi weer deur wat ek eerste geskryf het. "RASSEHAAT TEEN WITTES". Waar kom jy aan Afrikaners ? Jy't eerste die snert begin kwyt raak. Vat jou pak ! Dit gaan nie hier klopjagte nie, maar wel oor die manier waarop hierdie betrokke een uitgevoer is (as jy dit 'n klopjag kan noem). Dit is 'n skending van menseregte !
-Wit Teiken


Onskuldig 3/10/2008 1:59:30 PM
Studente suip, vloek en hol kaalgat rond

Dis ’n gesuip, gevloek en selfs kaalnaelery tot in die vroeë oggendure in Matieland en dit wil voorkom of owerhede nie veel beheer oor dié energieke spul studente het nie.

Soos een student dit Vrydagaand tydens Sondag se besoek aan Stellenbosch gestel het: “Ons unwind naweke, want die studies is maar tough.”

Dié ontspanning is egter tot ergernis van vele inwoners en eienaars van vooraanstaande gastehuise is besig om duisende rande te verloor as gevolg hiervan.

’n Eienaar moes al gaste se geld terugbetaal wat vir ’n week bespreek het, maar ná net een aand in dié rumoerigheid besluit het om die pad te vat.

Volgens die polisie is die studente se rumoerigheid die ergste in jare en respek vir die gereg is daar nie veel nie.

Twee weke gelede het ’n groep van 60 studente mekaar gepak voor een van die gunstelingpubs in die gebied – en dit boonop reg oorkant ’n kerk.

Dit glo ten aanskoue van die polisie. Een van die karwagte wat net as Marius bekendstaan en wat glo al twintig jaar dié dorp bedien, sê die situasie vererger by die dag.

“Nee wat mevrou, dit gaan elke aand so. By dié pub (Terrace in Alexanderstraat) hang gewoonlik Engelssprekende studente uit en die Afrikaners het hulle eie pub net om die draai. Die neukery begin wanneer die twee groepe heen en weer wil vry, want dit word nie geduld nie,” lag die uitgesproke Marius.

Volgens bronne is daar gewoonlik naweke ’n groep van tien kaalnaelende meisies wat die straat afhardloop nadat die “Engelse pub” om 02:00 sy deure sluit en die groep oorbeweeg na ’n ander drinkplek wat eers 04:00 toemaak.

Dis glo daar waar die moeilikheid ’n hoogtepunt bereik en die rumoerigheid tot so laat as 06:00 voortduur.

By dié pub, waar Sondag ook ingeloer het, is dubbel Klipdrift en Coke en dubbel cane met Cream Soda duidelik die gunstelingdrankies.

En hiervan word baie bestel en uit ’n lang, swart plastiekglas gedrink. Volgens ’n bron is die energie-dwelm, Ecstacy ook vryelik beskikbaar onder die jongspan.

“Dis gewoonlik wat hulle tot in die nánag laat kerjakker.”


-s lander


Onregverdig? 3/10/2008 2:02:22 PM
ek sal graag wil weet waarom net daardie 3 kuierplekke in die raid was, wat van al die ander kuierplekke soos Boulevard en Lush? hoekom word daar nie ook ingestorm en mense rondgeruk nie? Dan se die arme polisie dat hulle nie skote gevuur het nie terwyl dit duidelik sigbaar op die videos is. Ook interesant dat die Car Guards kan rondloop met dwelms in hulle sak en niks oorkom nie, en wat het geword van die molestering van studente in die polisie selle? Ons land en sy wette en beskermingsdienste is besig om sy gat te sien. Ek ondersteun klopjagte, maar nie op die manier wat dit hier uitgevoer is nie.
-Balie


Mr 3/10/2008 2:04:17 PM
I am in my 6th year of studies at the University Of Stellenbosch and am digusted with the SA polices actions that took place at Bohemia and Mystics Restaurants. I believe the police should realise that they should rather PROTECT and SERVE the community than THRASH ppl on the ground and shoot live ammunition inside these establishments where it was not needed. My parents have seen the footage and we are immigrating abroad as this was the last straw.. WELL DONE ON LETTING ANOTHER SKILLED SOUTH AFRICAN LEAVE SUCH A BEAUTIFUL COUNTRY..
-Figgs


Wat de hell? 3/10/2008 2:05:19 PM
Ek was vrydag in Mystic boer met n ou vriendin wat ek vier jaar laas gesien het op stellenbos toe ons studente was. Toe ons een uur met n skok ervaar het dat ons mense regte niks meer beteken nie. Polisie in full Riot gear het met n Haelgeweer mz teen die kop gestamp en mz vloer toe gestuur war ek dan met Mace in die öe gespyt is. Ek ly aan astma en dit het nog saterdag aand my lughaal vermöe aangetas. Toe ek moes kyk hoe n poliesei man my vriendin vas hou en sy onbeskermde hand in my meisie se panty sit.
Waar lewe ons? Het hulle julltemal gek geraak. As hulle will opspoor waar om dwelms te loop en soek moet hule bietjie hulle koppe laat lees en speurderwerk doen. ek was bang en teen my will gehou in n plek sonder om daar vir my n rede gegee was. In my öe is dit die pad terug ne opressie.

- Marko

PS; S. Lander jy is n bedompige IDIOOT van NOOT
-Mystic boertjie


ego-masterbasie 3/10/2008 2:07:00 PM
ilze nee man . n meisie praat mos nie so van die polisie nie !!
-hanno gelderblom


Niks nuut nie 3/10/2008 2:13:23 PM
As oud-Matie is dit vir my moeilik om eintlik geskok te wees, alle studente op Stellies leer een of ander tyd presies waar hulle(studente) le op die belangrikheids leer. Daar was al baie klopjagte gewees in die verlede, 'n paar by Mystics verlede jaar staan veral uit en net soos verlede jaar s'n was hierdie klopjag ook maar net een groot gemors.

Ek wil net weet hoekom daar nooit by die ander kuierplekke 'n bietjie hoer op in die straat ingeloer word nie..elke student sal vir jou kan se dat dit is waar jy moet gaan as jy iets meer substansief as 'n hubbly soek.

As iemand wat nou in London woon kan ek se dat alhoewel die polisie 'n sterk teenwoordigheid het en nie meer gemors moet word nie is hulle altyd "approachable". Dis myle meer as wat gese kan word van Stellenbosch se SAPD.
-OudMatie06


s lander 3/10/2008 2:23:21 PM
s lander. Jy het die klok gehoor, maar jy't NIE 'N CLUE wa hy hang nie.
-Boschbewoner


S Lander? 3/10/2008 2:38:15 PM
Uit die 20 000 studente in Stellenbosch was daar maar seker net 1000 uit by daai drie plekke. Uit daai 1000 was sekerlik nie almal dronk genoeg om kaal die strate af te hardloop nie. n klopjag het niks te doen met die 3-4 studente wat dit wel wil doen nie. As jy die een was wat mis-handel was by enige ander plek waar daar n klopjag was, al was jy dood-nigter,is ek seker jy sou anders gevoel het.

Daar is dwelms op skole en jy sien nie die polisie wat daar in storm en begin mense rond gooi en stamp nie. Sekerlik kon daar n beter manier gewees het om n klopjag te hou?

Ek wat ook wil he mense met dwelms moet gevang word wil nie die polisie vrees nie maar wil eerder he ek moet veilig voel? Maar om so agrisief te wees was heeltemal onnodig!

-Student 14600


Aan s.lander 3/10/2008 2:38:21 PM
S.lander ek is 'n oudjoernalis - ek spel vrot en ek het my 'n hond uit 'n bos gekuier toe ek 'n jonglat was - in die seventies - en ek was by met klopjagte, maar nooit was daar hierdie tipe polisie brutaliteit nie. Dit gaan in elk geval nie hier oor studente-jollery nie, maar oor polisievergrype wat duidelik onwettige optrede was. Jy kan nie omdat studente laat raas voor jou huis, in die straat kaal hol, nou dit goedkeur as hulle hierdie jongmense aanrand en mollesteer nie.
Jy is waarskynlik net 'n stinkryk versuurde outoppie - Get withit man! Die polisie was gruwelik verkeerd en dis dit!!!
-Platgeslaan


Lurds en fers 3/10/2008 2:38:48 PM
"Ja, die hele f#@en land is in sy moer." Ons land se huidige situasie word mooi hier deur n welbekende sanger van Babsfontein opgesom.- Shane

-Shane


Klopjagte 3/10/2008 2:42:17 PM
Daar is so 'n soort kultuur op kampus dat studente ontouchable is, en as hulle in die bek geruk word dan wil almal sit en huil op 'n blog. Ek voel jammer vir die meisie wat so rondgeruk is, maar as die Polisie 'n klopjag op 'n kuier plek doen dan is dit nie om dowe neute nie. Universiteit is waar daar geleer moet word, studente vergeet dit. Moet jou nie asosieer met die semels nie, want die varke sal jou vreet. eina
-Stefan


sudentepret 3/10/2008 2:45:16 PM
Ek praat geensins polisie brutaliteit goed nie, maar as sommigge " onskuldige studente" K@k soek sal hulle dit kry. Net jammer daar is regtigtig onskuldiges wat seerkry soos mystic boer en sy vriende. My bronne kom uit persberigte so dit is tipies van ons om iemand te probeer beledig as hy nie saamstem. 60% Studente gaan die land verlaat so jy spite niemand om soos 'n kind te se ek speel nie meer saam nie. Jy het nie 'n graad nodig om hier te bly nie maar 'n rugraat.
-s lander


shame, ARME OU WIT MENSE 3/10/2008 2:46:22 PM
AG ASSEBLIEF! Soveel arme ou wit mense wat nou weer van hierdie geleentheid gebruik maak om dit 'n rasse issue te maak. Kom tog oor julself... 'n Mens noem dit wat gebeur het, seksisme. Moet tog nou nie dit weer sien as 'swart teen wit' nie. Dis nie nodig nie. As jy ontevrede is dat jy die minderheid in die land is, TREK! Moet nie jou aggressie kom vermom in sake soos hierdie nie. * Baie sterkte egter aan die meisies wat hardhandig hanteer is. Daar is baie beter maniere waarop die polisie (maak nie saak watter kleur hulle is nie) dit kon hanteer.
-Ook 'n wit mens


Is geskok, maar kon dit verwag... 3/10/2008 2:46:30 PM
(ek moet net) Net twee vrae: hoekom hardloop ons Afrikaners nie vandag in die strate rond nie - sing haatlike liedjies op die maat van ons mars, dreig om mense te verkrag, petrolbomme te gooi...dit was tog immers 'n meerderheid Afrikaners (of net afr - kan nie lekker sien op die beeldmateriaal nie) wat aangerand is? Hoekom staan ons nie op nie vir ons eie nie? MENSE - MY HART GAAN UIT NA JULLE WAT SO IETS MOES BELEEF-MAAR EK SMEEK JULLE, VAT DIT ASB VERDER!!! Wat gebeur het is ....daar's nie woorde nie wat die impak sal beskryf nie!
-Hartseer


Woordvoerder van leuens 3/10/2008 2:50:20 PM
Kapt. Elliot Sinyangana, sal jy nog steeds onder eed kan sweer daar was GEEN skote afgevuur nie? Hoeveel ander goed probeer julle nie bluf deur te sê "dit was alles leuens?" nie? Hierdie keer het julle seker vergeet om die kring kameras te breek - net soos julle met ons selfone gedoen het!
-Wingerd


brand suid afrika 3/10/2008 2:53:34 PM
as enige iemand, selfs 'n polisieman, my meisie betas voor my, sal ek sy huis persoonlik afbrand die volgende nag. as die polisie die moeder van die kwaad is, sal ons maar die mag in ons eie hande moet neem om ons meisies te beskerm.
-fpk


rassiste 3/10/2008 2:55:16 PM
Ek wonder of die swart mense nou weer gaan aangaan oor rassime as sulke geweld toegepas word op blanke studente en of dit net weereens onder die mat ingevee gaan word. Dit is n misbruik van mag , dit was heeltemal onnodig en ek wil naar word van die hele storie. Hoekom help hulle nie eerder die mense nie. Daar word heeltyd meisies verkrag in Stellenbosch hoekom is daar nie polisie daar om hulle te help nie in plaas van sulke onnodige geweld toe te pas
-matie student


Skriknag vir Maties: S Lander en ander verwarde siele 3/10/2008 2:55:35 PM
Ek dink nie ek sal baie verkeerd wees om te sê dat die meeste studente nie teen klopjagte is nie. Maar kan ons regtig dié klogjagte goedkeur? Dit was nie 'n klopjag nie, dit was 'n aanval op die studente gemeenskap deur die polisie.
S Lander voordat jy weer sulke sinnelose goed kwyt raak, drink eers twee koppies koffie en gaan draf om die blok om al die bog uit jou uit te sweet. Dit is baie duidelik dat jy nog nie veel gedoen gekry het met stellenbosch polisie se "incompetency" nie.
-AcS


Toeskouer 3/10/2008 2:55:49 PM
Soos jy sê, hulle kan nie spel nie - my seun maak hierdie jaar klaar met sy M en spel nog steeds nie lekker nie ........maar vra hom iets van wiskunde en jy sal jou verbaas. Ek weet studente is byna onbeheerbaar, maar almal kan nie onder die selfde kam geskeer word nie. Daar is baie wat hulle KAN gedra en matig drink.....en dit kan wees dat so 'n student vinnig vir 'n drankie uitgegaan het en heel onskuldig in die HEL beland het. As ek 'n dogter gehad het, wat so behandel was, dan was daar vandag Pêre!!!!! Ek stem wel saam dat daar klopjagte uitgevoer moet word want dwelms is 'n euwel, maar nie op hierdie manier nie.
-Besorgde Ma


Dis maar net die begin... 3/10/2008 2:59:20 PM
Enige iemand wat dit kan glo dat enige van hierdie studente dit verdien het om op so barbaarse en gruwel manier behandel te word het duidelik n paar warm klappe nodig. Vir die wat nou wragtig dink dat ‘n klopjag geregverdig is op ‘n studente kuier plek, vir julle se ek ja, en die easter bunny bestaan ook.

Die feit bly staan dat hierdie ‘n grou misbruik van mag was. Ek kook nou nog oor hoe die meisies behandel was deur hierdie gemors. Hierdie is seker die eerste groot skaalse brein verlies wat ek gesien het onder die polisie hierdie jaar, maar nie die enigste geval nie. 2008 tot dusvêr was redelik ryp met gevalle van hoe polisie dink hulle kan doen wat hulle wil…en dit moet begin end kry anders gaan dit erger raak. Ek hoop en bid die pa’s en ma’s van hierdie kinders veroorsaak ‘n groot stront storm, want dit is al hoe ons hierdie tipe van optrede gaan kan stuit. Sterkte julle!

-Melt


Adrenalien Junkies 3/10/2008 3:04:49 PM
As oud-matie en oud-koshuis inwoner is die tipe gedrag van ons gewaagde polisiemag weereens net bewys van die belaglikke mentaliteit wat hulle en hul hooggeplaasdes het. Hierdie is niks anders as 'n poging om van adrenalien ontslae te raak op 'n groep mense wat geen weerstand gee nie! Dis walglik, uiters steurend en absoluut belaglik!
-Hardus


Walgvideo II 3/10/2008 3:06:12 PM
Ons Kovsies sit mos ook nou die afgelope paar weke en kyk hoe die media met 'n onskuldige storie begin hardloop het en nou nog die asem het vir nog 'n rondte... selfs in die VSA en Brittanje.
EK HOOP NET HULLE, die media, IS SO YWERIG OM MET HIERDIE AFSKUWELIKE TENTOONSTELLING VAN BARBAARSHEID OP LOOP TE SIT.

Liewe Maties, ons speel lekker saam met julle rugby en ons kuier lekker saam in Bohemian, Mystic en Springbok. Ons is baie jammer oor wat by julle gebeur het. Vind troos, dit gaan net so vrot in die Vrystaat met die studente.

Nog nooit het ek gedink ek sal die dag sien wat 'n man dit op hom neem om 'n meisie rond te gooi in 'n nagklub of elders, nie.

Dapper soldaat in uniform, jou dag kom in die hof. Ek hoop haar pappa trek jou kaalgat uit... en ek hoop daar wag 'n paar manne in die gevangenis vir jou, wat ook vir jou gaan rondstamp en betas.

SIES SAPD SIES!!! Dankie tog ek kan vir CHUBB of ADT bel as my alarm afgaan, voor julle dalk my hond kom skop.

Lees in die toekoms die fynskrif op die lasbrief, SAPD. Dit verduidelik heel moontlik 'n klopjag. Soek dwelms - JA ... slaan aan dogtertjies - NEE. Of vra jou kind op varsity om te help met die groot woorde.

'Oeps' word met vier letters gespel en so ook c-c-t-v.

Sies!
-Jaco - OUD-KOVSIE


Kan iemand my verduidelik? 3/10/2008 3:13:14 PM
Mense,wat gaan aan in ons Land?Ag nee man S.A.P.D.Wat jul gedoen het
is heeltemal verkeerd.Hoe verstaan mens dit:Die polisie doen klopjagte by klubs om drugs op te spoor.Drugs wat vir vrouens gegee word,wat dan verkrag word,en kan die volgende dag niks onthou nie.Nou kom die polisie,die wat die vrouens en mans moet beskerm,en betas die vrouens!Wat gaan met jul aan?Net Sondag oggend,kry ek n konstabel wat aandiens is,hy is te dronk om te loop.Nou wil jul ons kom aanvat!!!Nee mense.Elke dag hoor jy van rassisme,regstellende aksie,verkragtings,moord,diefstal ens!NOU NOG DIT OOK!Ek raak nou gatvol vir die land.En ek is seker ek is nie die enigste een nie!Kom reg asb.Mnr Mbeki,help tog dat ons land weer Suid-afrika word!
-Verstom08


klip innie bosch 3/10/2008 3:19:59 PM
Moontlik is die plekke wat so bietjie "wakker gemaak" word ietwat agterstallig met "ekstra beveiligings betalings"...
-Selebi (op laaaang verlof)


Aan S Lander en almal soos dit! 3/10/2008 3:20:56 PM
Ek dink die hele storie is ongelooflik onaanvaarbaar.

Dat die polisie kan dink hulle gaan kan wegkom met die storie om onskuldige mense aan te rand wat niks eers gedoen het nie. S Lander, jy was seker nie 'n student gewees of as jy was, het jy jouself seker in jou koshuiskamer of woonstel toegesluit en nerens gegaan nie.
Niemand kan help jy is so droog om bietjie te kuier of sports te he nie.

Jy is afgryslik as jy dink dit is reg wat gebeur het. Die is nie net rasisme nie, maar ook naam skending aan die tipe mense wat na die plekke gaan. Ek voel seergemaak. Mens kuier die lekkerste hier en ontmoet die vriendelikste mense.

Hoekom is net die drie plekke "getarget" en nie eers die plekke wat die groot probleme het nie in die dorp nie. Ek wil net vir almal wat nie weet hoeveel plekke daar is in Stellenbosch se, dat daar is baie ander plekke wat groter probleme veroorsaak as dit kom by "drugs".

Ek was al by 'n paar plekke waar die "barman" my drink al gedrug het. Gelukkig vir my goeie vriende is ek veilig by die huis gekry.

Ek is ook 'n gereelde besoeker aan al drie van die plekke wat so verontwrig was vrydag. Dit is regtig onnodig om omskuldige mense te slaan, met traangas te spuit en was dit regtig nodig gewees dat die polisie hulle vuurwapens laat afgaan het.

Wat nog erg is, die feit dat asmaleiers en diabete nie hulle voorgeskrewe mediesyne mag gebruik het nie. Ek is ook 'n asmaleier en glo my dit is nie lekker as jy nie kan asem kry nie. By gese nog gevaarlik ook.

Kom Stellenbosch medegangers, ons moet opstaan teen die onreg wat aan ons gedoen word. Ons sal ook nie eers bylas wat in die tronke gebeur op gewone aande aan die arme seuns van die dorp nie. Die mense wat algehoor het hiervan sal weet. S Lander, gaan dink bietjie hoe jy sou gevoel het as jy in een van die plekke was of is jy so harteloos dat jy nie eers jouself in so situasie kan sit nie.

WAKE UP ou!!!!!!!! Jy is in SA.
-nadine


die mal pote 3/10/2008 3:34:21 PM
ek was saterdag ogend een van die mense wat aangerand was in mystic's.almal weet nou wat gebeer het en ja ons student is nie onskuldig nie maar dit gee nie die pote die reg om jou te hanteer soos str@nt nie .en wat ek wil weet is hoekom teieken hulle die kuier plekke . dis nie as of die groot koppe van die dwelms in die wes kaap in die plekke kuier nie . ek wil ook vrae hoe moeilik is dit om die verskaffers op te spoor in die loekaasies. net om die draai van dai plekke in die parkeer aria kan jy kry net wat jy wil ma was hulle angerand nee ma die studente is die gemors .ons is sulke groot stukke gemors dat dit aanvaarbaar is vi n poot om n student in die oe met pepersry te spyt(vir geen rede of hy het gese ek vrae te veel vrae ). dan sy pelle te roep om saam met hom te lag in my gesig en vir my dan mooi te verduidelik hoe ek net mooi neks daar aan kan doen nie . nou wil ek weet waar voor het die anc bekly vir mense regte en nou gaan maak die pote net wat hulle wil net soos in apartheid
-groot seun


klaar 3/10/2008 3:43:40 PM
Ek is goed gekwalifiseer en kan nie wag om die land uit te gaan nie. Net hartseer dat my ouers nie kan uit.
-sss


Geluk SAPD!!! 3/10/2008 3:49:38 PM
Baie geluk aan die SAPD. Weereens het julle daarin geslaag om vir ons te wys dat van die grootste misadigers in hierdie land uniform dra. Hoe verwag julle die burgers van hierdie land moet enige vertroue of respek vir julle he? Julle probeer 'n skrikbewind voer. Julle glo mos julle het die mag, so hoekom nie dit misbruik nie? Aan julle wat voel julle behoort nie onder hierdie kam geskeer te word nie, miskien is dit tyd dat julle iets doen om van hierdie skuim in julle geledere ontslae te raak. Dit is hulle wat die SAPD 'n slegte naam gee en vir ons die rede om te veralgemeen. Dis een ding om teen dwelm misbruik op te tree, maar menseregte skending is heeltemal 'n ander saak.
-Gatvol


SAPD Stellenbosch 3/10/2008 3:54:29 PM
Ek het genoeg kordon en soektog operasies gedoen om te weet dit is NIE hoe dit gedoen moet word nie!

Mans deursoek mans, vrouens deursoek vrouens. Dit is Standaard Operasionele Prosedure (SOP).

Beginsels van minimum geweld moes ook gevolg word, wat hulle nie gedoen het nie.

En soos soveel keer in die verlede.....byna niks dwelms gekry nie....laat mens wonder....
-Dirk


Dis n grap mense... 3/10/2008 4:00:13 PM
150g,so min shame!
polisiemans wat dames se geslagsdele gryp en druk...
Dame student se:so dis hoe "ligte"verkragting,in die publiek,deur mense wat jou moet beskerm,voel?
Fokus op ape wat verkrag en aanrand,moenie die ape wees nie sapd...
-Proudly SA? in japan ja!


F*k*ff polisieman 3/10/2008 4:17:07 PM
Dis belaglik! Ek kan nie glo daar is mense wat saam stem met wat gebeur het vrydagaand nie. Julle is seker familie van die verskonings vir polisiemanne. Een van my vriende is in die hospitaal na hy met 'n geweer deur die gesig geslaan is en 'n vriendin is betas deur 'n vark van 'n polisieman. Ons kan dit nie meer vat nie!!! Ek kan nie wag om weer uit te gaan en f*k*fpolisiekar te luister nie! dit gaan 'n hit in die dorp raak.
F*k voort
-Stellenbosch Student


SA STORT IN DUIE!!! 3/10/2008 4:25:41 PM
Dit is hartseer om te sien en hoor hoe onmenslik en onopgewasse die SAPD, asook ander instansies van die Suid Afrikaanse regering is. Die klopjagte is meer as welkom in ons maties kuierplekke, maar dan moet dit op die korekte wyse uitgevoer word!! Die SAPD het die afgelope ruk vir hulself 'n naam opgebou wat laer is as grond- en dan wil die regering nog die Skerpioene by die gemene departement inlyf...spaar SA dit tog net asb, sodat daar steeds 'n mate van geregtigheid geskied. Die Universiteit van Stellenbosch is 'n baie lekker plek en daar is 'n goeie gevoel op kampus- almal is almal se pel(wit,swart,bruin of pienk) en almal respekteer mekaar- watter voorbeeld word deur die SAPD weergegee??? Ek hoop die media pas verdere druk toe op hierdie gebeurtenis, want genoeg is nou genoeg en die land stuur op 'n ramp af as dinge nie drasties begin verander nie. Ek is ongelooflik lief vir hierdie land, ek dink dit is waarlik die land van melk en heuning en sal graag hier wil bly vir die res van my lewe, maar ongelukkig begin dit na 'n onmoontlike droom lyk...Die buiteland raak al hoe meer aantreklik, wat 'n jamerte...
-STUDENT


Onaanvaarbaar 3/10/2008 4:26:30 PM
As nagraadse Matie in die buiteland, is ek baie ontsteld oor hierdie nuus. Ek ondersteun enige klopjag enige dag. Maar die MANIER waarop die SAPD dit toegepas het, was onprofessioneel en selfvernederend! Ek kan verstaan dat die polisie swak opleiding ontvang en oorwerk en min betaal word, maar hierdie gedrag is onaanvaarbaar EN oneffektief. Hulle het glo 'n bietjie dwelms gevind, maar niemand ge-arresteer nie! Good job! Verder het hulle ons naam deur die moddergesleep deur die hardhandigheid met die internasionale woordfees gaste!

Die feit dat studente drink, dronkbestuur en/of kaal in die straat afhardloop het niks te doen met die klopjag nie. Hulle het gesoek vir dwelms en het skaars niks in DRIE klubs gekry nie. Buiten die tyd en die uitrusting, wat het die polisie beplan?! Wat was hulle PVA? Dit was swak diens met ons belastingsgelf!
-sprakeloos


Wie het orde gehandhaaf 3/10/2008 4:26:54 PM
Wie het orde gehandhaaf voor die polisie in so onbekwame mag vernader het? Die goeie polisie lede wat nie n mags probleem gehad het nie, hierdie is alles n probleem van polisie lede wat nie reg gehad het as jong mense nie en nou deur hulle werk dit probeer afforseer op onskuldige studente. Ek hoop julle verbeter, leer by die Australiers, en doen iets aan julle optrede, dit stink!!!!!!!!!!
-Bosbewoner


SAPD is belaglik 3/10/2008 4:30:26 PM
Eerstens, waar kom potplante in die storie??? Die manier waarop meisies deur die polisieMANS behandel is is walglik. Ek hoop hulle kry wat hulle verdien! Ek is nie meer bang vir die drugdealers nie... Ek gaan eerder weghol as ek die polisie sien! Woordfees? Meer soos moordfees! Waar is die dwelms? Klaar gebruik deur die polisie! Hulle was duidelik desperaat om dit in die hande te kry!
-geskokte damestudent


sal nie die eerste keer wees nie 3/10/2008 4:38:22 PM
dit het al gebeur met my buite "die Akker" waar ek glo dronk op straat was. ek is met pepperspray gespuit en in die vangwa gegooi. Hulle het my vertel wat gebeur met outjies soos ek in die selle. hulle het met my vir so halfuur gery en my toe laat gaan. julle weet wie julle is julle lafhartige d---e!!!
-oud student


Anti - Polisie 3/10/2008 4:41:12 PM
Dis belaglik!! Hulle het seker n tip gekry dat daar dagga in Stellenbosch gebruik word....
Dis weereens n perfekte demostrasie van die swak uitvoor van mag en leierskap in die S.A.P. Hulle is aleewig besig met hierdie doellose snert, plaas doen hulle n "drug bust" in Parklands, almal weet mos dit is waar die Nigerieers dwels verspry! Maar nee die mos boetie -boetie hand om die blaas met kriminele vandag.Lyk my dit is net wit studente wat getyken word??? Wat is volgende: konfiskeering van kronies mediekasie in ouetehuise?
-anti -polisie


Gee die man meer Konyn 3/10/2008 4:43:54 PM
'Hierdie tipe ding gebeur elke tweede aand in Kayamandi! Daar word ook klopjagte op shebeens en klubs gemaak en mense word ook hardhandig rondgeruk as hulle nie gehoor gee aan bevele nie. Maar o nee, dit mag tog net nie op heilige Stellenbosch gebeur nie... -baasspeurder faber' -- klink asof die knaap bietjie undersexed is dat hy Stellenbosch so haat. Dinge nie vir jou uitgewerk met daai nooientjie in die laan? Moet ons nou jammer sê omdat ons intelligent en ambisieus is of omdat ons ouers back in the day die mense was wat deel was van Voëlvry en die bewegings en idees wat bygedra het dat idiote soos jy 'verlig' is.


-oversexed


what were they thinking? 3/10/2008 4:44:12 PM
im seriously concerned about the way the police behaved...i dont feel safe thinking that the police feel they have the right to behave like that. they are meant to protect the public, but man-handling and shooting bullets into the air like "cowboys" is not exaclty part of the job description, is it? what ever happened to innocent until proven guilty? throwing a bunch of innocent stundent-patrons around is not the way to stomp out crime...maybe they should focus on all the house break-ins stellenbosch has...thats also a big problem and a bigger threat to the safety of the residents of the stellenbosch community than a few bankies lying in peoples pockets!
-concerned_student


Vuilgatte 3/10/2008 4:45:35 PM
Geen wonder hierdie dinge gebeur nie. Om polisieman te wees is deesdae 'n job en nie 'n loopbaan nie. Lei die SAPD behoorlik op soos in die ou dae en leer hulle hoe om met mense te werk. Jammer om te sê maar ek is skaam oor wat in my land aangaan. Voorspoed aan die onskuldige studente wat hierdie dinge moes deurmaak deur mense wat veronderstel was om hulle juis daarteen te beskerm.
-Ouer


 

  Kommentaar is gesluit
    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |