Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  MULTIMEDIA  

  VIDEO  

  FOTOGALERYE  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Video
Ooggetuies vertel van ’Bos-chaos
09/03/2008 09:44:23 PM - (SA)   

STELLENBOSCH. – Vrydagaand was ons in Bohemia, ’n kuierplek in die middedorp. Ons eerste biere was nog in die nekkie van die bottel toe die polisie instorm, met wapens in die hand.

Ons is op die vloer neergegooi, soos die ander besoekers aan die kuierplek. Verskeie mense reg voor my het pepersproei in die gesig gekry, en die gas het lank daarna nog in die lug rondgedraal.

Twee vroue langs my het erg begin hoes van die gas, hoewel ons – gelukkig – darem so twee meter weg was van waar dit geskiet is. Ons het op ons hurke gaan sit en ’n ander polisiebeampte het gebulder: “Get the f–k down,” al was die vloer vol drank en gebreekte glas.

Op die grondverdieping het ’n chaos uitgebreek toe ’n polisiebeampte ’n meisie teen die reëling vasgestamp en sowat ’n halfdosyn glase op die vloer versplinter het. ’n Man so twee meter van ons af het boontoe geskree: “Jy kan nie so maak nie! Sy’s ’n vrou!” Die polisieman het by die trappe afgekom en pepersproei in die ou se gesig kom sproei.

Toe dit hom tref, het die oë van die man agter hom begin traan en hy het ge­vomeer. Hy het opgestaan om weg te beweeg toe nog ’n polisieman hom met ’n kroegstoel slaan en sê hy moet plat lê.

Deurgaans is mense deursoek en na buite gestuur. Ons is deursoek en het die pad oorgesteek, ’n kamera en notaboek uitgehaal en foto’s van die toneel begin neem. Verskeie mense het huilend uitgekom, en beweer die polisie het hulle mishandel. ’n Vrou, Adel, het betraand op die sypaadjie gesit nadat ’n polisielid haar na bewering met die vuis deur die gesig geslaan het, en haar geklap het.

’n Polisieman wou nie toelaat dat foto’s geneem word nie. “Wie de f–k het jou toestemming gegee om hier foto’s te neem? Ek het jou nie f–kken toestemming gegee nie!” het hy geskree.

Ons het hom ingelig dat aangesien dit ’n openbare plek is, kan ek kragtens wet foto’s van die toneel neem solank dit nie met die polisie se taak inmeng nie.

Dit het nie gehelp nie.

By Mystic Boer, langs Bohemia, het dinge byna tot geweld gelei toe die polisie ’n student se selfoon afgevat en hom aan die hemp rondgepluk en gedreig het toe hy hulle skel. Nadat die polisie Francois Nel se kamera gekonfiskeer het, het hulle hom weggestamp met die afskeidsgroet: “F–f, jou p–s, gaan slaap!”
. Jason Boswell en Stephan Matthee is nagraadse joernalistiekstudente aan die Universiteit Stellenbosch.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |