Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
Motorklankstelsel en -sekuriteit
Soundmatch – Vir meer as 24 jaar reeds die laagste pryse op tophandelsmerke.  Kliek hier vir huidige spesiale aanbiedings. Soundmatch – Kaapstad se leierdeskundige op die gebied van Binnemotor-vermaak.
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Toyota was toe wel heel slim met sy klein iQ. Die stadsbuksie – omtrent die grootte van ’n Smart – is pas as die Japanse Motor van die Jaar vir 2009 aangewys.
Toyota was toe wel heel slim met sy klein iQ. Die stadsbuksie – omtrent die grootte van ’n Smart – is pas as die Japanse Motor van die Jaar vir 2009 aangewys.    
Motors
Toyota se klein iQ heel intelligent
10/12/2008 03:49:21 PM - (SA)

Toyota se nuwe iQ, die wêreld se kleinste viersitplekmotor, het met sy innoverende ontwerp verskeie groter motors uitgestof in die Japanse Motor van die Jaar-kompetisie.

Dié kompakte luikrug van net 2,9 m het volpunte gekry van 39 van die 65 jurielede. Hy het sy naaste mededinger, die Citroën C5, met 303 stemme geklop en 526 punte aangeteken.

Verbasend genoeg het die indrukwekkende Nissan GT-R, met sy verbysterende versnelling en aantreklike prys, derde geëindig. Hy het ook die toekenning vir die mees gevorderde tegnologie ontvang.

Die Honda Freed en die Subaru Exiga is onderskeidelik as die beste waarde vir geld en die meeste pret aangewys.

Toyota se oorwinning verteenwoordig die algemene neiging onder vervaardigers om weg te beweeg van groot, luukse verrigtingsmotors na klein, ekonomiese en omgewingsvriendelike motors.

Die iQ word volgende jaar in Europa bekend gestel waar Toyota verwag om jaarliks sowat 80 000 modelle te verkoop.

Wat die iQ onderskei van ander mikromotors soos die Smart For­Two, is dat hy sitplek het vir drie volwassenes en ’n kind. Dit is danksy ’n relatief lang asafstand van 2 m en verskeie nuwighede op die gebied van verpakking.

Een hiervan is die ewenaar wat voor die enjin gemonteer is. Dit skep ’n baie kort oorhang voor en laat terselfdertyd meer ruimte in die kajuit.

Die petroltenk, wat net 120 mm dik is, sit onder die voorste sitplekke soos in die Honda Jazz. Die sitplekke het baie dun rugleunings en is van saamgeperste pypstof gemaak om gewig te bespaar.

Nog ’n interessante kenmerk is die instrumentepaneel se asimmetriese ontwerp. Die ontwerpers het die nie-bestuurderskant diep ingekeep sodat die passasier heelwat meer vorentoe sit as die bestuurder. Sodoende is daar meer ruimte agter die sitplek geskep sodat nog ’n volwassene agter die voorste mens kan inpas. Agter die bestuurder se sitplek is daar net plek vir ’n klein kind.

’n Lae swaartepunt en wiele wat op die hoeke gemonteer is sorg vir ratsheid en goeie hoëspoed-stabiliteit. Die veerstelsel bestaan uit McPherson-stutte voor en ’n kompakte wringstaaf agter.

Die iQ sal aanvanklik met ’n 1.0 liter-VVT-i petrolenjin beskikbaar wees wat 51 kW en 91 Nm teen 4 800 r/min. lewer. Gekoppel aan ’n vyfgang-handratkas behaal hy ’n gemiddelde brandstofverbruik van net 4,3F/100 km en ’n CO2-syfer van 99 g/km. ’n Nuwe Multidrive-palwisselende ratkas is opsioneel by die enjin beskikbaar.

Die reeks bevat ook ’n 1.4 liter- D-4D-turbodieselenjin met ’n tussenverkoeler wat 67 kW en wringkrag van 190 Nm teen 1 800 r/min. lewer. Dit is gekoppel aan ’n sesgang-handratkas en lewer ’n gemiddelde verbruik van 4,0F/100 km en ’n CO2-syfer van 103 g/km.

Die iQ se aktiewe veiligheidskenmerke sluit in ABS-remme en elektroniese remkragverspreiding.

Daar is ook stabiliteits- en vastrapbeheer wat die bestuurder help om in ’n noodsituasie beheer oor die voertuig te behou.

Die iQ beskik oor nege lugsakke, waaronder die wêreld se eerste agterruit-gordynlugsak.

Vir ’n motor in dié klas spog die iQ met ’n lang lys standaardtoerusting.

Daar is 15-duim-allooiwiele, elektriese ruite en kantspieëls, lugversorging en ’n CD-speler met ’n sok vir ’n iPod- of MP3-speler. Satellietnavigasie, verhitte halfleersitplekke, sleutellose toegang en outomatiese hoofligte en ruitveërs is in die hoër-spesifikasie-modelle beskikbaar.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Orbit Motors
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |