Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 14º / 22º | Worcester 10º / 26º | George 10º / 20º | Port Elizabeth 13º / 20º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Een soort magiese kerriepoeier wat ’n mens op ’n geurige, sensoriese reis neem.
Een soort magiese kerriepoeier wat ’n mens op ’n geurige, sensoriese reis neem.
Leefstyl
FYNPROE met NETTIE PIKEUR: ’n Kerrie-gekuier
23/06/2009 03:25:26 PM - (SA)

Die opdrag by die restaurant Prestons was ’n groentekerrie – ’n geluk, want ons tuin staan geil onder massas spinasie, kool, wortels en beet. In die Kaap is die varsste en lekkerste speserye ingekoop.

By die liewe André se kafee moet ons slegs aartappels koop, want dié plasie kan nie aartappels kweek nie; ons grond is nie daarvoor geskik nie. En waarom sal ons wanneer André die mooiste BP-soort met die dun, knobbelrige skil inkry?

Ons hou van Indiese kerrie en ander speserye. Kaaps-Maleise kerrie is ook betowerend lekker, maar die dromerige maal en stamp van die speserye, die Indiese geur wat die huis vul en tot in die straat intrek is, soos Leipoldt sou sê, met een woord heerlik!

Jou basis is natuurlik uie, knoffel en rissies. Jy verhit jou mosterdsaad, kardemom, komyn, peper, koljanna en kaneel een vir een in ’n droë pannetjie totdat hulle effens verkleur – nie brand nie! – en plaas dit eenkant. Jou kerrieblaar-masala, die egte weergawe van kerriepoeier, hou jy eenkant.

’n Blikkie tamatiepasta is ook nuttig vir die pot, en as jy die kerrie stewig wil maak, ’n pakkie rooi lensies of ’n blikkie of twee botterbone. Onthou om die sous te dreineer en die bone af te spoel, want alle, maar alle geblikte produkte bevat suiker.

Dis ’n euwel wat ’n wortel-en-tak-benadering verg. Hoe kry Italianers dit reg om heerlike groente soos bone en tamaties sonder suiker in te maak? Want hulle word nie deur die suikermonopolieë geregeer nie. Daai suiker in blikke is sleg vir jou tande, en jare lange inname kan lei tot suiker in jou lyf, oftewel diabetes; en dis ’n nare aandoening.

Soos al dikwels hier vertel: kommersiële kerriepoeier in blikkies en sousies in bottels gee nie die gewenste geur nie. Hulle het hul plek in piekels en brandsouse by ’n braai, maar hoort nie in ’n ernstige kerriepot nie.

Nou die stewigheid van die pot. Ag, spaar vir ’n groot swart platpot, of een van yster en emalje. Hy moet ’n swaar boom hê. As jy koper kan bekostig, koop of bedel dit.

Kerrie kook in ’n aluminiumpot gaan alles laat aanbrand; en suster, as jou groentekerrie eers aangebrand het, gaan al die aartappels in die wêreld dit nie red nie.

Gelukkig maak buurman Solinus deesdae maklik vuur onder die bome, en kerrie kook buite oor ’n oop vuur gee ekstra geur. Moenie jaag nie, dit duur lank. Bring die radio buitentoe en sit dit op die muurtjie sodat julle kan rugby luister; en doen jou ding verder met die speserye en groente.

Die gebraaide speserye maal jy in die stamper en vysel. Wat, jy het nie een nie? Dis ’n moet in ’n kombuis, broer; gaan koop een in ’n hardewarewinkel, kyk by huisveilings, of bedel een by jou ouma en laat haar beloof om die kosbare kopervysel aan jou in haar testament na te laat.

Die ekstra rissies, vars of droog, verkies ek heel in ’n kerriepot, want dit kan weer uitgehaal word voordat jy opdien.

Jy braai gekerfde uie en knoffel (sommer baie, die skerp smaak verdwyn en laat slegs ’n heerlike geur) in jou groot ysterpot. Voeg dan al die speserye by, roerbraai met ’n lepel of twee ongegeurde jogurt, en tiep dan al jou gekerfde en opgekapte groente, asook bone of lensies, in die pot.

Roer die tamatiepasta in ’n halfkoppie louwarm water en voeg ook by. Dis ál vloeistof by die kerrie, want dis eintlik ’n bredie en bredie trek vanself water. Roer alles goed deur en laat die pot prut, maar nie hard kook nie.

Eers nou proe jy vir sout. ’n Skeutjie suurlemoensap by? Proe weer en weer.

Jy het intussen ’n kind gestuur om ’n paar kerrieblare van die kosbare boom daar onder naby die woonwapark te gaan bedel.

Wanneer jou kerriepot reg begin lyk, skep jy ’n lepelvol egte rooi groente-masala by, roer deur en laat nog vyf minute prut en strooi dan jou fyngekapte kerrieblare oor.

Skep op die suiwerste wit basmati-rys. Dis nie nou die tyd om te dink aan jou GI-vlakke en ru-voedsel soos bruinrys nie. ’n Bril pas nie by ’n bo’jaan nie, en bruinrys pas nie by kerrie nie.

Onthou die atjar en blatjang!

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Beligting
W. HEUER
incanda
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |