Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com

  TUIS  

  NUUS  

  MULTIMEDIA  

  SPORT  

  SAKE  

  VERMAAK  

  OPINIE  

  BLOGS  

  FEATURES  

  MOTORS  

  FEATURES  

  BUITE  

  LEEFSTYL  

  MOTORS  

  GESONDHEID  

  LANDBOU  

  BY  


VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
By
Die magteloosheid van die ‘Mighty Men’
25/05/2008 03:57:55 PM - (SA)

AANVANKLIK het ek met verbystering, maar langsamerhand met stygende verontwaardiging gelees van die byeenkoms van die 60 000 mans op die plaas van meneer Angus Buchan naby Greytown gedurende die naweek van 26 en 27 April.

Intussen word mense meegevoer op ’n golf van ekstase wat sy oorsprong by die byeenkoms gehad het, terwyl daar al reeds ’n soortgelyke byeenkoms op Vanderbijlpark plaasgevind het en nog sulke saamtrekke op Nuweland en Ellispark in die vooruitsig gestel word.

Is ons terug by die herlewings van die 1890’s van die 19de eeu wat gesentreer was rondom Andrew Murray? Dit het in Worcester begin en daarvandaan uitgedy. En in die koor wat sing oor herlewing en hoe God die land gaan verander, klink daar geen nugter stem op nie; diegene wat nie so geesdriftig is nie, fluister slegs dat ons in die saamtrek die behoefte by mense moet herken aan verandering in ’n land wat so onveilig en verskeurd geword het soos die Suid-Afrika van die hede.


’n Heilige vrees vir massahisterie

EK sou hierdie hele gebeurtenis met al sy uitwasse eerder by my wou laat verbygaan het en my liefs daarvan weerhou het om verder daaroor te lees of iets daaroor te sê.

Maar dit laat my nie koud nie; nie as ’n (Suid-) Afrikaner, ’n vrou – miskien veral ’n vrou – en nie as ’n liefhebber van die Bybel en ’n gelowige nie. Ek is Die Burger dankbaar dat hy nie die prominensie aan Buchan en sy aanhangers in sy beriggewing en briewekolom verleen wat die geval is in Beeld nie. Maar ek is eweneens dankbaar dat Dana Snyman in By (17.05) die moed gehad het om ’n kritiese stem te laat hoor.

Snyman is versigtig om te skerp oor te kom, en hy temper dus sy woorde. Hy erken dat dit vir hom moeilik is om te erken dat hy nooit ’n byeenkoms van Buchan sal bywoon nie, “veral in sekere manlike geselskap”, want: “Ek is bang ander mense dink ek glo nie aan God, en Jesus, en die man se taak om die hoof van die huishouding te wees as ek sê ek was nog nie by ’n diens van Angus Buchan nie.” Openbare blootstelling is inderdaad iets om voor bang te wees, as jy verskil met godsdienstige opvattings waaroor mense gaande is. Ek weet, want ek het al in dié verband verwerping ervaar en weet hoe pynlik dit is.

Soos Snyman het ek in die NG Kerk grootgeword, en soos hy sal ek my volkome ontuis voel op ’n massabyeenkoms waar mense hul hande in die lug steek en “Halleluja” of “Amen” skree. Om die waarheid te sê: ek sal doodsbenoud raak, want ek het ’n heilige vrees vir massahisterie.

Bybelteks is alreeds interpretasie

WAT het geword van die sobere gereformeerdheid van die Nederduitse Gereformeerde, die Nederduitsch Hervormde en die Gereformeerde Kerk? As uit een van dié kerke iemand na vore getree het en rasioneel en analities gekyk het na wat Buchan sê, was dit nie vir my nodig om hierdie artikel te skryf nie.

Maar dit het tot dusver nie gebeur nie, en nou kan ek my nie langer veroorloof om bang te wees nie, want die wetenskap – en implisiet die wil om te dink – is nie vir bang mense nie. Ek verlaat my op Hanlie Retief se onderhoud met Buchan (Rapport, 27.05) as die enigste bron wat my op die hoogte stel van sy oortuigings.

EK is nie ’n teoloog nie, maar ek het ’n passie vir die teologie en het die afgelope dekade baie gesaghebbende teologiese werke toegewyd bestudeer. As ’n literator is ek al ’n leeftyd lank besig om tekste te interpreteer.

Dit is deur die Bybel en die interpretasie van die Bybelse tekste dat ’n mens God en Jesus in eerste instansie leer ken. Die Bybelse teks is alreeds ’n interpretasie; die evangeliste en Paulus gee vir ons ’n interpretasie van hoe hulle God en Jesus verstaan. Geen mens kan lees sonder om terselfdertyd noodwendig te interpreteer nie. Volgens Buchan was daar mans by sy byeenkoms wat “nie met ’n paal aan ’n kerk sou raak nie”, en hy voeg daaraan toe: “En hulle soek nie teologie nie. Hulle soek Jesus.” Dit hang my die keel uit dat die teologie voortdurend verdag gemaak word.

Ek het as berymer van agt psalms in die Liedboek van die Kerk saam met Ou-Testamentici gewerk wat vir my die psalms op opwindende wyse laat oopgaan het. Elke goeie eksegeet maak die teks vir sy hoorder of leser oop. Om dit te kan doen, het hy/sy sewe jaar se studie, onder andere van die Bybelse grondtale, agter die rug.

Futiele en fatale geloof

MAAR “oom Angus” beweer dat daar vir mense “leuens vertel” is en dat hulle “die waarheid soek”. Dan kom hy met die finale uitspraak: “Die waarheid is die Woord van God.” Ek was nie daar om te hoor hoe hy dié Woord verkondig nie, maar ek kan my afleidings maak.

Hy sê van homself: “Ek is nie ’n baie slim man nie. Maar ek ken God. Ek loop al dertig jaar die pad met Hom saam. Al wat ek die naweek gedoen het, was om vir die mans te vertel wat God vir my gedoen het. En om hulle aan te moedig dat Jesus dit ook vir hulle kan doen.”

Inderdaad ’n toonbeeld van “beskeidenheid”! Die slim teoloë ken God nie; hy, die eenvoudige boer, ken Hom. Volgens ’n brief in Rapport (18.07) van ene Roelof Coertze het die “nederige boer met sy hart vir mense” op die Vanderbijlpark-saamtrek beweer dat “moord nie die grootste sonde is nie, maar ongeloof”. Hoe is dit moontlik dat duisendes na iemand stroom wat so ’n bewering maak?

Al wat hy die naweek gedoen het, sê Buchan, was “om vir mans te vertel wat God vir my gedoen het”. Dié uitspraak lei ’n mens noodwendig tot die gevolgtrekking dat Buchan Jesus as wonderwerker – as magiër – verkondig het.

Die geloof wat berus op die verwagting dat God wonders in jou lewe moet doen, is uiteindelik futiel en fataal. Ek weet van geen wonderwerk in ’n menselewe wat gebeur het deurdat die wette van die natuur opgehef is en ’n wonder buite die parameters van ’n mens se liggaamlike en psigologiese en geestelike potensiaal plaasgevind het nie. Wat God gee, gee Hy aan die mens binne die beperking van sy menswees. ’n Geloof wat gebou is op die hoop op wonderbaarlike ingrype van God as ’n Vaderfiguur êrens bo in die sfere, lei uiteindelik tot net twee moontlike keuses: jy word ’n ateïs weens te veel onverhoorde gebede of jy begin anders glo. Ek het lankal die laaste moontlikheid gekies.

‘Oom Angus’ vs Vrouwees
DIE skokkendste van die Angus Buchan-fenomeen is egter vir my dat hy sy beweging dié van die “Mighty Men” noem. Dit druis reëlreg teen my beeld van Jesus en my vrouwees in. Oor één ding laat die evangelies nie twyfel nie: In sy openbare optrede het Jesus die gemarginaliseerdes na Hom toe getrek; diegene wat gedurende sy tyd geen status gehad het nie: vrouens en kinders. Maria Magdalena was een van sy volgelinge. Onder sy beste vriende het die familie in Betanië getel. Hy het Maria toegelaat om aan sy voete te sit en na sy lering te luister, en ná hul broer Lasarus se dood het hy Martha waardig geag om met haar oor die dood en die opstanding te praat. Eweneens het hy met die Samaritaanse vrou ’n hoogs intellektuele gesprek gevoer. Vir Jesus was mans en vrouens ongetwyfeld gelyk. Die Romeine van Jesus se tyd was die “mighty men”, nie die Jode nie. Die Nederlandse filosoof Theo de Boer verwys na Karl Barth, wat gesê het dat sy teologie daarop neerkom dat die Bybelse God as heer ook kneg kan wees, in sy kleinheid groot en in sy nederigheid majesteitlik.

Waarheen is ons in hierdie land met sy tallose verkragte en verdrukte vroue op pad met die magtige manne wie se manlikheid herstel moet word sodat hulle “weer hul regmatige plek in die huis kan inneem”?

Binne Buchan se Godsbeskouing is daar net plek vir ’n almagtige, manlike God. Nie net die huidige herlewingsmanie nie, maar ook die toejuiging van ’n lekeprediker se verouderde stereotipering van die vrou – wat niks anders is as ’n inperking van haar menswees nie – laat my glo ons is terug in die 19de eeu.

John Shelby Spong skryf: “The Christian Church at times has gone so far as to debate whether women actually had souls and whether girl babies ought to be baptized. That Church universally relegated women to clearly secondary roles until the latter years of the twentieth century, when that sexist prejudice began to dissipate.” Waar is die teoloog wat onomwonde kan verklaar dat hy hom nie met Buchan kan vereenselwig nie en saam met Spong kan sê: “I do not care to worship a God defined by masculinity”?

Die perke van emosionaliteit

DIE “Mighty Men”-beweging sal geen steentjie bydra tot ’n etiese Suid-Afrika nie, want nêrens kom in Buchan se uitsprake objektiewe etiese waardes ter sprake nie. Sedert sy twee saamtrekke het xenofobiese geweld in die land onrusbarende afmetings aangeneem. Buchan se hele betoog en inset is emosioneel, en emosionaliteit is nie ’n objektiewe etiese waarde nie.

Wat ontbreek, is die erkenning van kennis as so ’n objektiewe etiese waarde. “A fully human person will use reason to enhance human well-being”, sê Spong. Die inperking van die individu is in stryd met dít wat nodig is om aan hom/haar die moontlikhede tot volle selfverwesenliking te bied. Alleen vol en heel mense oorskry die grense tussen ras en geslag en verseker ’n etiese samelewing. Dit is die koninkryk vir hier en nou wat Jesus verkondig het.

Bronne: De Boer, Theo. 2005. De God van de Filosofen en de God van Pascal. Zoetermeer: Uitgeverij Meinema.

Spong, John Shelby. 1998. Why Christianity Must Change or Die. New York: HarperCollins.

Die skrywer is ’n bekroonde digter en akademikus.

Kommentaar


Oom Angus 5/25/2008 4:17:06 PM
baie interessante artikel, maar ek dink nie mens kan enersyds uitwys hoe jesus met die eenvoudiges en uitgeworpenes gepraat het, maar andersyds vergeet dat jesus byvoorbeeld ook nie 'n teoloog was nie - dws ook maar net 'n lekeprediker van soorte was nie...
-Loek


Loek, jy is reg... 5/25/2008 5:55:02 PM
Loek, jy is reg.....jy identifiseer presies die omstandighede waaronder Jesus vermoor is deur die georganiseerde godsdiens van daardie tyd.......en sou Jesus vandag geleef het en weer die misleiding uitwys waaraan "Die Kerke" hulle self vandag skuldig maak, dan SAL hy weer vermoor word.......want daar is net te veel geld en salarisse op die spel.
-my name is botha (as in earl)


Wat 'n jammerte... 5/25/2008 7:04:42 PM
Dit was vir my so jammer om Lina Spies se artikel te lees.

Ek sien in haar artikel 'n verbitterde vrou wat iewers seergemaak is deur 'n man, hetsy eggenoot of pa, en nou stry teen alles wat manlik is.

Die feit dat dit die man se taak is om hoof van sy huishouding te wees, is iets wat nie misgekyk kan word in die Bybel nie.

So ook die feit dat God nie die wyse en slim dinge van hierdie wereld gebruik nie. Sy wat so 'n kenner van die Woord is, behoort tog te weet wat Paulus in die eerste brief aan die Korintiers se:
1 Kor 1:18-21.
Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: "Die wysheid van die wyses sal ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal ek tot niet maak." Waar is die wysgeer van hierdie wereld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wereld tot onsin gemaak nie? Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wereld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wereld onsin is, die te red wat glo.

Sy mag dalk meer tuis voel in die sobere gereformeerdheid van die kerk waaraan sy nog altyd gewoond was. Dit is haar keuse. Maar sy maak 'n fout om te dink dat daar massahisterie heers op gebeure waar mense hulle hande in die lug steek om God te aanbid, of Hallelujah uitroep. Die mense het uitgeroep toe Jesus op 'n esel in Jerusalem ingery het. Hulle het nie geaarsel om die Seun van God te aanbid met lofkrete nie (Matt 21).

Dit is so jammer dat sy, wat soveel jare al die Skrif bestudeer, nie die God van wonderwerke ken nie. God het nie verander nie, Hy is dieselfde (Heb 13:8). Hy doen steeds wonderwerke. Die feit dat sy van geen wonderwerke weet wat deur God gedoen is nie, beteken nie dat God nie meer wonderwerke doen nie. Sy beweeg dalk net in kringe van mense wat God nie ken as 'n magtige God nie, net as 'n God wat deur hulle eie beperkinge beperk word. Jesus kon immers min wonderwerke doen in die dorpe waar die mense ongelowig was (Matt 13:58).

My gebed is dat God haar oe sal oopmaak, om Hom waarlik te kan sien.
Die belangrike saak is nie of Angus Buchan reg of verkeerd is nie, en of sy sametrekke aanvaarbaar vir haar is of dan nie. Geagte Lina Spies, die belangrikste kwessie is jou saak met Jesus, die Seun van God, en of jy werklik God ken en Hy vir jou. Dis die belangrikste. Dit is waaroor jy sal moet rekenskap gee, niks anders nie.
-Dehlia Kruger


Mighty Men 5/25/2008 11:47:27 PM
Dit is die mees oningeligte(as dit die regte benaming is) stuk verslaggewing wat ek in my lewe gesien het. Absolute belaglike gevolgtrekkings en inkorrekte afleidings wat gemaak word. Me. Spies moet vir haar Robert Lewis se dvd "The Quest for Authentic Manhood" in die hande kry as sy nie verstaan wat met Mighty Men bedoel word nie. Jesus is verseker die Mightiest Man wat nog op hierdie aarde geloop het. Mighty beteken nie jy slaan almal om jou plat, insluitende jou vrou nie-hoe dink die berigskrywer dan nou? 'n Klomp aanhalings word in die berig ingeprop om dit na iets kredietwaardig te laat lyk. Nee man! Net 'n woord van waarskuwing aan die skrywer: Moet nooit na 'n luidrugtige rock/metal groep se optrede gaan nie want daar steek mense ook hul hande in die lug en verloor dit heeltemal, hulle sal jou sommer 'n paar opstoppers ook gee as jy in hulle pad is.

-Steve


 

  Kommentaar is gesluit
    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |