Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 13º / 22º | Worcester 10º / 26º | George 9º / 21º | Port Elizabeth 13º / 20º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Boeke
Liefdeswerk lewer waardevolle bydrae oor verwaarloosde stuk oorlogsgeskiedenis
28/06/2009 06:40:15 PM - (SA)

Die verwoesting wat met die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 gepaard gegaan het, en die skaal waarop burgerlikes betrek is, was die naaste wat Suid-Afrikaners aan totale oorlogvoering gekom het. Gesien die omvang en bittere nalatenskap van die oorlog is dit nie verbasend dat ’n oorvloedige aantal publikasies gegeneer is nie.

Tog is daar tot op datum nie ’n omvattende geskiedenis wat die mediese aspekte aanspreek nie. J.C. (Kay) de Villiers se werk is derhalwe die eerste van sy soort.

Die boek neem ’n byna ensiklopediese karakter aan. In twee volumes, byna 1 000 bladsye en 59 hoofstukke, word, met die uitsluiting van die konsentrasiekampe, die organisasie van mediese dienste van die strydende partye tydens verskillende fases van die oorlog, asook die rol van buitelandse organisasies, onder die loep geneem. Hierbenewens laat die skrywer geen skeet, kwaal of wond onbeskryf nie.

As ’n befaamde en bekroonde neurochirurg bring hy gespesialiseerde mediese insigte na die historiese gegewens. Die waarde van die boek is veral gesetel in die insiggewende beskrywing van oorlogtydse mediese gebeure aan die hand van ’n deurwinterde en gesaghebbende hedendaagse medikus. Die groot aantal besonderse foto’s dra baie tot die opheldering van die teks by.

Vir die skrywer was dit feitlik ’n lewenstaak waarmee hy in 1965 begin het, hoewel sy belangstelling in die oorlog verder terugstrek. Die boek is op wye navorsing, plaaslik en in die buiteland, gegrond, maar die argivale navorsing lyk minder omvattend as wat mens met die eerste oogoplag sou vermoed. Waarskynlik het De Villiers geredeneer dat die materiaal uit die talryke sekondêre geskrifte voldoende vir sy doeleindes was.

Hierdie volumes bring mens sterk onder die besef van die moeilike omstandighede waaronder medici, dikwels met elementêre toerusting, moes werk. Terselfdertyd moes hulle met omgewingskomplikasies worstel. Saam met die Britse Weermag se tog na die Vrystaat en Transvaal het swerms vlieë gevolg wat noodsaaklike mediese higiëne soms onmoontlik gemaak het.

Terwyl die skrywer vanuit ’n mediese raamwerk baanbrekerswerk gedoen het, doem daar soms vir akademiese historici ’n ander stel vrae op: wat byvoorbeeld was die uitwerking van die mediese realiteite op die verloop van die oorlog en was dit enigsins vir die bevelvoerders ’n faktor in hulle onderskeie strategiese planne?

In sy geheel is dit ’n indrukwekkende publikasie – ’n liefdestaak wat met professionaliteit voltooi is. Dit lewer ’n welkome en besonder stewige bydrae tot ’n aspek van die oorlog wat tot dusver grootliks verwaarloos is.

) Protea BoEKHUIS, Pretoria. HARDEBAND (TWEE BANDE, ISBN 9 781 86919 183 2.)

) ALBERT GRUNDLINGH IS PROFESSOR IN GESKIEDENIS AAN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH.

Fiksie

HEALERS, HELPERS AND HOSPITALS X A HISTORY OF MILITARY MEDICINE IN THE ANGLO-BOER WAR

J.C. de Villiers

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
88 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |