Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 17º / 24º | Worcester 15º / 28º | George 16º / 25º | Port Elizabeth 19º / 24º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Loftus MaraisFoto: michael hammond
Loftus Marais   Foto: michael hammond
Boeke
Gedigte vir die kykers
14/01/2009 05:57:22 PM - (SA)

Loftus Marais trek sy neus effens aanstellerig op, ken in die lug met ’n stemmetjie wat spot oor woorde soos “eie werklikheid”, “esoteries”, wat die digkuns hogere kuns wil maak wat net sommige beskore sou wees – “asof ’n mens vir poësie meer breinselle nodig het”. En oor die romantisering van dig het hy ook nie veel erg aan nie, want “jy skryf nie vir die ­dieperes nie; jy skryf eintlik maar vir jouself”. En, sê hy, hy sal ook nie iets diep soos: “Ek glo die gedig skryf vir jou” sê nie. Want dis te veel van ’n romantisering – “met ’n hoofletter R”.

Sy renons in ’n oordrewe ­romantisering van die digkuns klink soos die uitdagende ­hou­ding in die slotreëls van ­“Weder­koms”, wat in sy onlangs ver­skene debuutbundel, Staan in die algemeen nader aan vensters ­opgeneem is:

en wanneer ek voor Hom moet staan

sal ek verwyfd curtsy

en Hom netjies verduidelik

dat my catsuit

(opgevou in die groot tas langs die vanity case)

fire-resistant is

Daarmee saam skemer ’n ­tikkie rebelsheid deur wat meen poësie is kuns vir die on­opgesmukte massas, iets soos in “Die digter as rockstar”:

ek breek my versreëls oor julle koppe soos guitars

en:

ék het nie ’n beiteltjie nie

ek het ’n fokken lugdrukboor

Maar anders as die sondaar in sy “catsuit” en die rocker in sy “studded leather broek”, blyk die 26-jarige Loftus Marais in sy T-hemp hier oorkant die tafel ’n doodgewone kyker na die wêreld te wees, soos die bundeltitel ook suggereer – en wat veel sê oor waarvandaan sy gedigte kom.

In sy gedigte is vindingryke woorde en frases wat briljant die alledaagse klee in blink catsuits en leerbroeke. En soos die digter Zandra Bezuidenhout in haar ­resensie van die bundel skryf, is dit die “vars en bedrieglik naïewe kyk en die verbeeldingryke visie-met-ironiese-afstand wat jou bybly”.

Só beskryf Marais die vuur in hom om te dig: “Dis ’n tipe ­energie wat jou laat jeuk en krap totdat jy dit moet neerskryf. Ek haat dit om die woord te gebruik, maar dis organies.”

Gedigte is vir hom “ ’n stuk ­gekondenseerde taal” wat hom ook toelaat om ander gedaantes aan te neem (’n tuindwerg of ­tuinier) en hom in staat stel om “ventriloquist te speel”, maar dis iets “waarmee jy stoei” totdat dit reg voel.

Dit bundeltitel gaan vir hom oor meer as kyk, want die venster suggereer ook ’n kamer, waarvandaan gekyk word: “Dit gaan ook oor hoe jy die venster opdress, met hortjies of gordyne. Skryf gaan oor kyk, ook na die skrywer self; daar is net ’n graadverskil tussen kyk en skryf.”

Al vind jy ’n groot mate van vryheid in sy digkuns, sê hy hy gaan ook teoreties te werk, iets wat veral ingeskerp is tydens sy MA-studies in kreatiewe skryfkuns onder Marlene van Niekerk aan die Universiteit Stellenbosch.

Vorm en struktuur praat ook; dit moet funksioneel wees en die boodskap oordra. “En soms is die vorm iets wat sê ‘fok jou’ vir die sonnet”. Aan die vier dele (ruimtes) van die digbundel is ook fyn gedink: studentedorp, voorstad, stad en plaas. En om die volgorde te laat vloei, “was soos om ’n ­Winamp-playlist op te stel; dit vat tyd”.

Skryf, dink hy, was nog ­altyd in hom, want sy ma het ­onlangs ’n Sub B-skryfboek van hom gevind waarin hy moes neerpen wat hy eendag wou wees as hy groot is: “Ek’t geskryf ek gaan Wimbledon wen of ’n ­skrywer word, want hulle maak baie geld. Vele mistastings daar . . . Die skryf is nog daar, maar die tennis het getaan,” spot hy. Daar is natuurlik nog baie dig in hom – hy is obsessief oor ­Kaapstad en wil soos Stockenström en Krog dié stad in verse besing.

Boonop speel hy saam met ’n span energieke digters op die Afrikaanse poësieveld: “Ronelda Kamfer, Danie Marais en Carina Stander laat my voel of ek in ’n span speel. Ek’t laas in standerd vier so gevoel toe ek rugby ­gespeel het, maar toe vir my ­ouers gesê het ek wil eerder My Little Pony op TV kyk.”

Maar dan is daar die Ver­eniging Serebraal Verlamdes van die Wes-Kaap se kreupelmeisie-geldbussie wat ’n mens altyd by winkeldeure sien, wat hom woordeloos laat. “Ek wou nog altyd ’n gedig oor haar skryf, maar ek kan nie eens ’n naam vir haar opmaak nie. Sy is ’n kunswerk op haar eie. As ek eendag ’n miljardêr moet wees, sal ek ’n moerse standbeeld van haar oprig.”

En as ek hom vra wat hy anders doen as dig en werk by NB-Uit­gewers, tuur hy so en dink. Net toe ek ’n leerbroek-en-catsuit-antwoord verwag, sê hy: “Ek’s mal oor rolprente, en ek hang met vriende in Kaapstad se dodgy plekke. Maar dis nou nie asof ek gholf speel of so iets nie.” Die ­digter as kyker.

) Op 29 Januarie om 19:00 lees ­Marais gedigte uit sy bundel voor in die Breytenbach-sentrum in Wellington. Skakel 0 021 873 2786.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |