Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Vermaak
Afrikaanse ‘Vagina Monologues’ na die planke
04/08/2009 07:25:21 PM - (SA)

Tien jaar nadat die opspraak­wekkende Vagina Monologues van Eve Ensler die eerste keer op die planke was, word dit die eerste keer in Afrikaans opgevoer.

Antoinette Louw, Lulu Botha en Jacqui du Toit gaan gehore op ’n reis neem oor hoe dit is en wat dit beteken om ’n vrou te wees. ­Nanine Wessels is die regisseur.

“Die tema ‘hart’ kom baie voor. Dis ’n ou simbool van wysheid en vroulikheid. Die volgende in die ­toneelstuk stel dit baie mooi: Die hart kan opoffer. Dit kan van vorm verander. Dit kan vergewe en ­heelmaak. Vir ons groei in hierdie moeilike, wonderlike wêreld. So ook die vagina,” lig Louw een van die aspekte van die stuk uit.

Sy was ook die vertaler van die stuk en het van meet af aan besef dat die titel en die inhoud, indien dit nie op die regte manier aan­gebied word nie, kan vervreem.

“Dit gaan nie oor seks nie. Daar is nie kras woorde in nie, dis nie anti-man of feministies nie. Dis ’n manier om vroue aan te moedig om hulself te bemagtig.

“Die hele projek is ’n viering, selfs ’n omhelsing, van vrouwees. Daar is so baie vroue wat so ont­settend alleen is omdat hulle ­vergeet hul geluk hang nie van ander mense af nie.

“Ek het die vertaling met groot deernis gedoen, maar die boodskap gaan nie verlore nie.”

Dit is dan heel gepas dat dit op 8 Augustus, op die vooraand van Vrouedag, opgevoer word. Saam met die vertoning hou die Huis­genoot-fotograaf Martin de Kock ’n uitstalling met die titel Vrou.

Volgens Louw het hulle besluit om die stuk eers op klein skaal te hou en mense mekaar daarvan kan vertel. Ná hierdie opvoering gaan dit ook na die Gariep- en Aardklop-fees.

Tien monoloë word in die loop van ’n uur gevoer. Elkeen van die drie aktrises bring ’n ander ­dimensie na die stuk.

Louw was tot sowat twee jaar ­gelede die karakter Inge in 7de Laan . Meer onlangs was sy Anna in die ontstellende stuk Dis ek, ­Anna op die KKNK te sien.Op ­dieselfde fees was Botha in Indien Moeg Stop Rus. Die dramaturg Saartjie Botha het die teks spesiaal vir haar geskryf.

Op haar beurt was Du Toit in ­televisieproduksies soos Home ­Affairs en Shooting Stars te sien. In die Kaap was sy op die verhoog in The Merchant of Venice, Bacchus in die Boland en Ubani. Sy is tans swanger en volgens Louw bring dit nog ’n dimensie na die stuk.

“Ek was tot onlangs nog nie reg om hierdie stuk te vertaal of ­daarin op te tree nie. Nou dink ek anders oor die voorreg van ’n vrou te wees.

“Daar is die gesegde dat ’n mens nie ’n vrou gebore word nie, jy ­ontwikkel in een. Ons kan so in ons stilligheid so sterk wees. Ons moet ons vroulikheid vier en altyd weet vagina is nie ’n vloekwoord nie.”

Daar kan met Louw geskakel word by antoinette99@ gmail.com.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |