|
|||||||||||
|
| VIND: |
![]() ’n Toneel uit Waltz with Bashir.
Vermaak
Waltz with Bashir
02/07/2009 08:07:04 PM - (SA)
Soos ’n argeoloog grawe en bewyse van vergete beskawings opdiep, so het die Israelse rolprentmaker Ari Folman sy verdronge herinneringe gaan soek – herinneringe van die jaar 1982 toe hy as 19-jarige soldaat Lebanon binnegeval het.
Sy geheue rakende daardie tyd was soos ’n blanko vel. Gesprekke met vriende wat saam met hom in dieselfde regiment was, ander soldate betrokke by slagtings en sielkundiges help hom.
Letterlik dop hier verskrikking uit wat die mens se verstand en emosie laat duisel. Dit is ’n animasieprent en trek op ’n grafiese roman wat lewendig geword het. Groot dele daarvan is in die onheilspellende geel gloed wat van die ligbomme afkomstig was, gedompel.
Tog is dit werkliker as enigiets op CNN. Stelselmatig stap jy saam met Folman terug die verlede in en beleef jy die slagtings van Sabra en Chatila waar 3 000 bejaardes, vroue en kinders vermoor is kort ná die sluipmoord op Bashir Germayel.
Waltz with Bashir is ’n psigologiese studie oor die ware invloed van traumatiese gebeure op die mens. Dit is een van die dekade se filmiese bakens oor oorlog.
) Tydsduur: 90 minute. Vertoontye: Sondag om 14:30, 12 Julie om 20:30, 14 Julie om 20:30 en 19 Julie om 20:00.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |