Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 12º / 20º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 18º | Port Elizabeth 14º / 19º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Vermaak
Darling hou Voorkamerfest vroeg in September
01/07/2009 06:18:40 PM - (SA)

Die Voorkamerfest in Darling word vanjaar oudergewoonte in blommetyd van 4 tot 6 September aangebied.

Die Voorkamerfest is uniek in dié opsig dat produksies in huise aangebied word. Plaaslike en ­internasionale kunstenaars neem deel. Besoekers koop ’n kaartjie vir een van sewe roetes en word met munisipale taxi’s na drie verskillende huise in Darling geneem. Hier word aanbiedings van ’n uiteenlopende aard aangebied.

Die artistieke komitee vir vanjaar, die sesde voorkamerfest, het ingesluit Nicolette Moses, Inge Bos en Wim Visser (artistieke ­direkteur van Koninklijke Carré in Amsterdam). Tasha St. John-Reid is die sameroeper in Darling. Hulle is almal sedert die begin van die fees daarby betrokke.

Die name van internasionale kunstenaars word binnekort bekend gemaak. Die plaaslike kunstenaars wat optree, sluit in die saxofoonspeler Dan Shout met The Onion Project en Tyrone Apollis se Geroeste Music.

Die veelbekroonde skrywer, sanger en kabaret-diva Amanda Strydom bring ’n intieme vertoning met die titel Naby uit haar musiekskatkis na die fees.

Sy het verlede jaar haar jongste album, Kerse teen die Donker, in die Koninklijke Carré bekendgestel en vertrek weer in November vanjaar op ’n maandlange toer na Nederland.

Rafiek Mammon en Gary Naidoo bied Let’s Mix It 2.8GLX aan, asook The Fiekie and Willie Show, met Riana Alfreds and Charles Tertiens in laasgenoemde.

Die span van TheatreSports is vanjaar met ’n Fleur du Cap vir hul werk bekroon en gehore sal kan sien hoe daar op die plek teater “gemaak” word.

Die La Rosa- Spaanse Dansteater bied Peter Agulhas in solo-optrede saam met musikante en die solis Lorean Swartz.

Die skrywer, digter en fotograaf Philip de Vos sal van sy bekroonde gedigte en liedere voordra met Tertia Visser-Downie as klavierbegeleier.

Kaartjies is reeds te koop en besprekings vir huisvesting kan ook nou gedoen word.

Inligting oor die kunstenaars is beskikbaar op www.voorkamerfest-darling.co.za. Verblyf kan bespreek word by bookings@voorkamerfest-darling.co.za.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |