|
|||||||||||
|
| VIND: |
Vermaak
Kunstetrust help al hoe meer kultuurverenigings
30/06/2009 06:32:12 PM - (SA)
Johannesburg. - Die Arts & Culture Trust (ACT), ’n onafhanklike kuns-en-kultuuragentskap wat hierdie sektor geldelik steun en help ontwikkel, het pas die ontvangers van sy ACT-ontwikkelingsteun aangekondig.
Die ontwikkelingsteun word deur Nedbank se program Arts Affinity moontlik gemaak.
Volgens Ashraf Johaardien, hoofbestuurder van ACT, is die ontwikkelingsteun daarop gemik om alle vorme van die kunste te bevorder en om kuns en kultuurtoegankliker te maak vir alle Suid-Afrikaners.
Nedbank se Arts Affinity is in 1994 begin en bestaan uit ’n reeks produkte wat kredietkaarte, spaarrekeninge, tjekrekeninge en beleggingsrekeninge insluit.
Wanneer ’n kliënt enige van hierdie produkte gebruik, gee Nedbank ’n skenking aan die ACT namens die kliënt – sonder enige bykomende koste vir die kliënt.
Sedert 1994 het Nedbank reeds sowat R9 miljoen tot die Arts Affinity-program bygedra.
Die kunsorganisasies wat vanjaar voordeel trek uit Act se ontwikkelingsteun, is:
) die Black Tie Ensemble – ’n Pretoriase groep wat begaafde sangers uit alle agtergronde aan kunsmusiek blootstel;
) Imagine – ’n webgegronde kunstydskrif wat daarop gemik is om die gemeenskap op die hoogte te hou van gebeure aan die kunsfront;
) Junkets Playscript Series – ’n groep wat nuwe Suid-Afrikaanse verhoogstukke bevorder deur onder meer die verhoogteks te publiseer teen ’n bekostigbare prys;
) Nedbank se junior-koperblaasensemble – ’n groep van 30 leerlinge van die Kaapstad-omgewing wat onderrig ontvang aan die Beau Soleil-musieksentrum;
) Soul Dancer – ’n dansfees wat daarop gemik is om choreograwe uit voorheen benadeelde gemeenskappe die geleentheid te bied om werksessies saam met gesoute choreograwe by te woon;
) SA Latyns-Amerikaanse danskampioene – Gary Golding en Jeanné Swart, huidige SA Latyns-Amerikaanse danskampioene, kan met dié steun hul 2009-toer deur die land voortsit; en
) Vuyani-dansgeselskap (VDT) – dié geselskap met Greg Maqoma as stigter vier vanjaar sy tiende verjaardag. VDT het onder meer ’n opleidingsprojek vir tien jong dansers en uitreikprojekte by ses skole in en om Johannesburg.
Vir meer inligting oor Nedbank se Arts Affinity-program, besoek www.nedbankarts.co.za.
Die ACT se webwerf is by www.act.org.za.
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Kontak
ons | Navrae
| Teken in
op ons nuusbrief | Vrae
oor registrasie | Adverteer
| gebruikersooreenkoms
| |