Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 20º / 26º | Worcester 20º / 31º | George 19º / 27º | Port Elizabeth 22º / 26º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Vermaak
Gheorghiu sing betowerende Butterfly
28/06/2009 06:39:40 PM - (SA)

Vlinderkoors loop al die afgelope twee maande hoog in die Kaap – in die fliekteater, die operahuis en nou op CD. En die een vladder so flikkerend soos die ander; ook in die geheue, lank nadat die gordyn gesak het.

Giacomo Puccini se Madama Butterfly is ter sprake – ’n fyn en tere liefdesverhaal wat emosies op vlug neem. Puccini het die inspirasie hiervoor gekry nadat hy ’n gedramatiseerde weer­gawe van John Luther Long se gelyknamige verhaal (1898) gesien het.

Die opera vertel van Cio-Cio-San, wat Madama Butterfly genoem word en op 15 as bruid verkoop word aan ’n Amerikaanse vlootoffisier, Benjamin Franklik Pinkerton – ’n naam wat haar die Amerikaanse Droom bied. Hy’s natuurlik op pad terug Amerika toe om ’n regte Yankee-bruid te vind. Uiteindelik kies Cio-Cio-San die dood toe Pinkterton met sy vrou in Nagasaki aankom om sy seun te eis.

In April is die Metropolitan Opera se produksie, met Patricia Racette en Marcello Giordani, in Cinema Nouveau-fliekteaters gewys. Tot begin vandeesmaand het Kaapstad Opera dit opgevoer met Amanda Echalaz en Stéfan Louw. En pas is ’n nuwe opname daarvan deur EMI uitgereik.

Die Roemeense sopraan Angela Gheorghiu is die Butterfly en die Duitser Jonas Kaufmann haar Pinkerton. En met Gheorghiu daar, gaan die bemarkers bos en noem dit “die eerste bepalende (definitive) opname in bykans ’n halfeeu”. Na watter ander opnames hulle verwys, is ek nie seker nie, maar Mirella Freni en Renata Scotto s’n, wat intussen opgeneem is, behoort seker darem te tel. Of dalk moet ons van daardie“grotes” eerder vergeet . . . .

Ewenwel, hierdie Gheorghiu-grote is wel groot. Verlede jaar, met die bekendstelling van haar Puccini-album – waarin sy bemark (en seker deur kritici gereken) word as die “grootste” Puccini-sopraan van haar tyd – het die sopraan gesê sy is lugtig vir Butterfly. Die gewilde “Un bel di” sing sy gereeld op die konsertverhoog, maar die rol op verhoog nie. Verstaanbaar, want Butterfly is “swaar”, dramatiese sang en die karakter is byna heeltyd op die verhoog om te sing. ’n Opname is makliker, want jy kan tussen bedrywe ’n nag of twee se rus inpas.

Kom ons sê dit maar, Gheorghiu is een van vandag se groot soprane én divas, en haar Butterfly is fantasties. Dalk klink sy aan die begin, waar Cio-Cio-San 15 jaar oud is, nie veel na ’n tienermeisie nie, maar later kry ’n mens ’n diepe waardering vir haar sang. “Un bel di” klink ­hemels, en sy snik in die slotaria, “Tu piccolo iddio”.

En gepraat van groot, so is Kaufmann se Pinkerton ook. Hy word al hoe gewilder in operahuise wêreldwyd en pak ook nou die liriese Wagner-rolle aan. Sy stem het by tye ’n baritonale donkerte wat sy Duitse opleiding verklap. Sy Pinkerton is ­romanties op die oor.

Antonio Pappano dirigeer met sensitiwiteit en hy laat Puccini se musiek fyn vloei.

Dis salig om weer ’n groot Butterfly-opname te hê, en dis beslis ’n groot aanwins tot my CD-rak. En ’n mens weet mos nooit hoe lank jy sal moet wag vir nog ’n groot Butterfly nie . . . .

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
606 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |