Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 12º / 20º | Worcester 9º / 23º | George 11º / 18º | Port Elizabeth 14º / 19º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Dany Boon in Welcome to the Sticks.
Dany Boon in Welcome to the Sticks.
Vermaak
ROLPRENT: Welcome to the Sticks
28/06/2009 06:38:34 PM - (SA)

Rolprent

Welcome to the Sticks

Met Kad Merad.

Jy huil as jy in Bergues aankom en jy huil nóg harder as jy daar weggaan. So sê die inwoners van Bergues – hulle weet, want hulle het al baie mense sien kom en gaan.

In dié Franse dorpie in die koue noorde is daar net ’n arm man se Notre Dame waar inwoners in die klokkespeler se spel die nuwe hoofstuk in sy liefdeslewe kan lees, met een sosiale vergaderpunt – die worsrolletjie kraampie op die plein en regtig nie veel meer nie. Dit is nou as jy blind is vir dit wat eintlik saak maak.

Dit is na die buitepos waar die posmeester Philippe Abrams (Kad Merad) gepos word. Sy slenter om vir homself ’n knus joppie aan die Franse Riviera te bewimpel het hom duur gekos. Julie, sy depressiewe vrou, verseg om hom te vergesel na Bergues, selfs die spietkop laat hom sy oortreding begaan toe hy hoor waarheen hy op pad is.

Die prent kan hier in Suid-Afrika nog meer aftrek kry as jy Frans en die Franse verstaan. Die komedie wentel veral om die mense van die suide (Salonde-Provence) se growwe vooroordele teenoor hul noordelike landgenote, naamlik dat hulle agteraf is, nie behoorlike Frans praat nie en nie gekultiveerd nie.

Plaaslik is dit seker soortgelyk aan Kaapstad wat Slaapstad genoem word en Kapenaars wat as kil afgemaak word deur Noordenaars, en Kapenaars wat Jozi as so ’n lelike plek beskryf. Party van die grappies is ook eg Frans en mis die Suid-Afrikaanse lagspiere. In Frankryk was die prent ’n wegholtreffer, tog is dit in wese die verhaal van ’n man wat leer om sy vooroordele te laat staan.

Philippe knoop in Bergues ’n besonderse vriendskap met die klokkespeler en ook hoofposman, Antoine (’n wonderlike Dany Boon), aan. Dit is hierdie vriendskap wat hom leer om met sy hart en nie sy oë te kyk nie.

Hier is vele kostelike oomblikke soos sy pogings om Antoine te help om sy drankprobleem en sy stukkende hart te oorkom.

Welcome to the Sticks klop met ’n warm hart. Jy gee om vir die inwoners van Bergues – hulle is robuus, boertig en werklik betrokke by mekaar se lewe. Jy verlaat die teater met ’n groot glimlag of jy nou Frans is of nie.

) Ouderdomsperk: 13TV. Tydsduur: 104 minute.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
90 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |