Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Die eetplek Pomegranate is bekend vir sy gewilde tamatietert.
Die eetplek Pomegranate is bekend vir sy gewilde tamatietert.
Vermaak
Naweekjoernaal: Pomegranate: Stadsrestaurant nou onder koeltebome
05/02/2009 06:43:55 PM - (SA)

Sowat drie jaar gelede het Johannesburg se hoë misdaadsyfer Michael Israel uit die Goudstad verdryf.

Wat Johannesburg se verlies was, was die Kaap se geluk. Want Michael het sy gewilde restaurant, Pomegranate (kompleet met die befaamde tamatietert), saamgetrek.

Dit was eens ’n bedrywige stadsrestaurant, maar nou staan die tafels onder die koeltebome op die wynlandgoed Vergenoegd (net ’n hanetree van Faure-stasie) se grasperk. Hier eet jy tussen historiese Kaaps-Hollandse geboue met ’n uitsig op die plaasdam en sy vrolike eend-bewoners. Op ’n helder dag wys Tafelberg haar gesig.

Bogenoemde tamatietert (sowat R48) is glo sinoniem met Pomegranate, maar te danke aan Eskom was dit my nie beskore nie.

Die flinke kelner bring tuisgebakte volkoring-rolletjies en botter om die aptyt aan te wakker – pure plaas.

Hy help ons ook om ’n wynkeuse te maak. Die wynlys het werklik iets vir enigeen se smaak (en sak).

Ek skat die afdeling “Bankbestuurder se keuse” (met wyne wat gemiddeld R55 tot R60 per bottel kos) is gewild in die taai ekonomiese omstandighede waarin ons ons tans bevind. Maar as jy wil uithang, kan jy tot sowat R400 vir ’n bottel Meerlust Rubicon opdok. Die meeste wyn is per glas ook beskikbaar.

Die spyskaarte is effe kripties (onder hoofgeregte sal jy net vier of vyf woorde aantref: wildsvleis, eend, vegetaries, vis en vleis met die pryse daarnaas), maar dit gee Michael hope geleentheid om met sy gaste te gesels en aanbevelings te doen. Al die geregte kos rondom R100.

Sy beskrywing van die vars geelbek met mosterd-kapokaartappels en groente laat ons albei se monde water, maar ons besluit om twee verskillende geregte te kies. Die eendborsie en -boudjie met Pomegranate se spesiale witwyn-jus, gebraaide aartappel en groente word dus ook bestel.

Die vis is inderdaad vars en die tikkie suurlemoen waarmee dit voorgesit word, komplementeer die smaak uitstekend. Ook die mosterd-kapokaartappels kry applous – dis romerig en geurig.

Met die eend kan ons ook nie fout vind nie. Die gebraaide aartappel is egter effe lig in die boud – nie bros genoeg om die woord boerekos gestand te doen nie.

Dit is uiteindelik die nagereg – crème brûlée teen ’n billike R32,50 – wat ons waarlik beïndruk. Ek het al genoem ek beskou myself as ’n ervare brûlée-eter en hierdie een hoort beslis op my onthou-lys.

Dit word voorgesit met ’n delikate suiker-koepel, wat met die agterkant van jou lepel stukkend gekap word. Danksy die plat bakkie bedek lekker baie krakerige karamel die syagtige gebakte vla. Langsaan is ’n handjie vol geroosterde amandels gestrooi – ’n wonderlike pasmaat vir die gebrande suiker.

Die vriendelike atmosfeer, goeie kos en uitgebreide wynlys maak Pomegranate die ideale plek vir ’n uitgerekte, luilekker middagete of spog-aandete.

Die gehalte van die geregte regverdig die prys, maar as jy ’n ligter of goedkoper maaltyd verlang, soek elders.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |