Webwerf Foto's
Argiewe Netads
WEER » Kaapstad 21º / 26º | Worcester 19º / 38º | George 20º / 38º | Port Elizabeth 23º / 33º Stuur enige kommentaar, stories, foto's of wenke aan web@dieburger.com
TUIS NUUS SPORT VIDEO FOTO'S SAKE24 OPINIE BRIEWE BLOGS
VERMAAK BOEKE SPOTPRENT PEILINGS NETNAWEEK MOTORS STYL REIS BY
LANDBOU LESERSFOTO'S WÊRELDBEKER 2010 VIND: MOTORS POSTE EIENDOM
VERSEKERING
Spaar by OUTsurance.  Kliek hier vir huisinhoud-, besigheids- en motorversekering.
Rupa van Rupa & The April Fishes.
Rupa van Rupa & The April Fishes.
Vermaak
Te min sigeuners soos Rupa en dié visse
07/08/2008 07:24:55 PM - (SA)

Daar is te min sigeuners wat popmusiek maak. Daarom dat ’n mens talle musiekskatte wat oor landsgrense spoel op die musiekwinkels se rakke vir world music vind.

Soms is die musiekmakers gelukkig en gebeur iets wat die musiekbase crossover noem. ’n World music-CD word ’n poptreffer, en dan weet niemand meer waar om dit te liasseer nie. Dink maar aan Gotan Project se tango-danse wat as lounge en triphop verkoop is en in byna ál die superkoel koffiekroeë en restaurante wêreldwyd gehoor is.

Rupa & The April Fishes gaan – as ek ’n voorspelling mag waag – op die lange duur selfs gewilder as Gotan Project word.

Dié groep musikante uit die San Francisco-baai-gebied in Kalifornië is soos ’n towertapyt van klanke, style, invloede en kulture.

Dit het begin met die groep se hoofsangeres, Rupa Marya, wie se ouers voor haar geboorte uit die noorde van Indië na die VSA verhuis het. As kind is Marya na haar grootouers in Indië, waar sy ’n laerskool bygewoon het, maar sy is later saam met haar ouers na die suide van Frankryk.

In Frankryk het mense geglo sy is ’n sigeuner of van Arabiese afkoms. Uiteindelik is sy met haar ouers terug na Kalifornië, waar sy tussen die lewe van ’n ballerina en die mediese wetenskap as loopbaan moes kies.

Musiek het haar hart verower, en sy het “mosaïek” – haar naam vir haar musikale verkenning – begin skep.

Die album eXtradOrdinary Rendition is Rupa & The April Fishes se debuut wat van ver inderdaad soos ’n muur vol musikale mosaïekteëltjies lyk. Hulle rits deur chansons, Indiese ragas (yaad), Argentynse tango’s, volbloed-sigeunermusiek en selfs folk en pop.

Die CD se bekoring lê in die verskeidenheid style wat met uitbundigheid en pure pret vermeng is om ’n heerlike konsertgevoel te behou. ’n Mens voel jy beleef die orkes in ’n klein, intieme kuierplek.

Party van die snitte, soos “C’est Pas de L’amour”, met sy trekklavier, trompette, tromme en fluitjie, gee ’n mens se verbeelding vrye teuels. Jy verbeel jou jy sit in ’n rokerige kroegie en skree luid saam met Rupa-hulle terwyl jy met ’n bierbeker die ritme op die tafel uitklop.

“Maintenent” is gegrond op ’n verouderde vorm van die tango – die Suid-Amerikaanse milonga. “La Peinture” gebruik die Mexikaanse huapango as inspirasie. Verbysterend.

Om die musiek van Rupa & The April Fishes te beskryf is eintlik onmoontlik. ’n Laaste leidraad sal dalk wees dat dit ’n samekoms van die klankbane van die rolprente Amelie en Frida is met ’n paar lande, orkeste en sangers tussenin.

    
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.
Inskrywingsvorm vir 2009 se LENTE Vakansieskole
Alle graad 10-, graad 11- en graad 12-Jippers kan uitsien na vanjaar se lenteskool. Skryf nou in vir Die Burger se Lenteskool in Port Elizabeth.
Kliek hier vir inskrywingsvorm
121 dae
tot afskop
2010
Wêreldbeker 2010
VIND
Mediese Fonds
Reis & Verblyf
Kom ons kliek
Motors
Kontantlenings
Beligting
Eiendomsbelegging
Wegbreeknaweek
Musiekinstrumente
Eiendomme te huur
Leerprodukte
Buitelewe
Werksgeleenthede
Gesondheidsprodukte
Eiendomme te koop
NETADS24
Soek ‘n advertensie

Algemeen
Loopbane
Motors
Eiendomme

VIND OU SKOOLVRIENDE
Kies jou skool se provinsie:
En klik op die eerste letter van jou skool:
ABCDEFGHIJKLMN
OPQRSTUVWXYZ
ONS BEVEEL AAN
netNaweek
Nie seker wat om die naweek te doen nie? Kry elke Vrydag netNaweek.com, propvol nuus oor die lekkerste wat die Kaap het om te bied en wen hope pryse. Die gratis e-pos sluit inligting oor flieks, teater, restaurante, uitstallings, wegbreek-naweke en sommer enige iets wat pret is om die naweek te doen in.

Gaan na netNaweek om te registreer.

       
 Kontak ons | Navrae | Teken in op ons nuusbrief | Vrae oor registrasie | Adverteer | gebruikersooreenkoms |